1.
Ek sien hoe tiger begin groei. Hy hardloop op my af, met 'n spoed en hy tel my
op. Ek skrik so my hart pomp op en af. Ewe skielik word ek
wakker en val amper van die bed af, toe hoor ek 'n stem wat sê: "Dewald
jy moet skool toe gaan." My ma sê sy het nie geslaap nie. Pa sê
hy ook nie. Dit lyk my niemand het die aand geslaap nie. My
ma is gaaf en baie vriendelik. My pa is 'n snaakse man, hy glo nie in rekenaars
nie. Die aand droom ek weer, ek hardloop vir tiger weg, en
hardloop voor 'n taxi in. As die taxi nie gestop het nie, was my lewe nog dieselfde
2.
Toe skrik ek weer wakker soos die vorige aand, en ek hoor my ma sê: "Dewald
jy moet opstaan, jy's laat vir skool." Tttrrriiinnnggg
! Dis tyd vir pouse. Kom ons gaan speel krieket, sê Kobus. Almal lag hulle
self morsdood vir my wat nie 'n bal kan raak slaan nie. Ek kan mos nie krieket
speel nie. Die klok lui, dis tyd vir huis toe gaan. .Kobus
haal my vinnig in, en sê: "Moenie worry nie; dit gebeur met almal.
Kyk wat het ek by my ouers gekry; monsterbloed." "Waar kry jy dit?"
vra ek. "My ouers het dit vir my gestuur van Kanada af." "Wat
soek jou ouers in Kanada?" "Hulle is op 'n kursus," sê
Kobus. Op die bakkie staan niks nie, absoluut niks. Net die naam. 3.
Watse snaakse goed is hierdie? Dit het nie eers bestandele op nie, of hoeveel
gram dit is nie. Later gaan sit ek op die dak en bestudeer die blikkie wat ek
by Kobus gekry het. My ma roep my. Ek spring blitsvinnig van die dak af en hardloop
kombuis toe. Ek vergeet dit skoon op die dak met spoed wat ek af spring. "Dit
is tyd om te eet," sê my ma. "Ma ek het
" "Wat?"
sê my ma. "Niks, ek het vergeet." Ek wou eerder nie met
hulle daaroor praat nie. Noudat ek daaraan dink, hardloop ek kamer toe. Na 'n
rukkie se gesoek gee ek moed op. Ek moes dit op die dak vergeet het. Ag, ek sal
dit sommer more-oggend gaan haal. 4.
Die oggend was
'n sonnige Saterdag. Ek loer oor my kombers en sien 'n wurm of iets. Dis eers
toe ek naby kom dat ek sien dit is 'n tou. Daar is 'n briefie op, en dit sê:
'Pasop, ek is oppad.' Tttrrriiinnnggg!!! Lui die klokkie. Dis Kobus. Ons twee
hardloop leer toe, en klim op die dak. Ons staan en staar die blikkie met groot
oë aan. Ewe skielik ontplof die blikkie en ons altwee is vol groen slym.
"Die slym kruip na mekaar toe," fluister Kobus vir my. 5.
Die groen blob slym skiet na ons twee se kant toe. Ons duik uit die pad uit. Kobus
val amper van die dak af soos hy skrik. Die groen slym skiet met 'n spoed na my
kant toe. Ek probeer uit die pad uit spring, maar dit is te laat. Dit val reg
bo-op my en dis besig om my te versmoor. Kobus tel vinnig die blikkie op, en sien
iets is geskryf op die onderkant. Dit sê dat die datum vandag verval. Ewe
skielik kruip die groen slym terug in die blikkie in. Ek en
Kobus loop terug huis toe vanaf die skool. Kobus sê vir my: "Totsiens
Dewald." "Totsiens Kobus, en belowe jy sal vir niemand sê
nie." "Belowe." Die Einde |