Eendag
lank gelede was daar 'n klein dorpie met die naam "Kraans Karoo". In
die middel van hierdie dorpie was daar 'n groot skool. Daar het ook drie dogtertjies
in hierdie dorpie gewoon met die name Alein, Leanie en Lenei. Hulle was al drie
saam in een klas in die groot skool in die middel van die dorp. Hulle klasjuffrou,
Mevrou Lehyt, was 'n nare vrou en wou hulle altyd straf.
Een
Vrydag toe hulle die laaste periode by juffrou Lehyt was, gaan sy uit die klas
uit om vir hulle 'n klastoets af te rol. Die klas begin vreeslik te raas en ewe
skielik en onverwags spring juffrou Lehyt by die deur in en sê: "Omdat
julle julself nie kan gedra nie, sal julle elkeen vir my vyf spookstories skryf
oor die naweek, waarvan elkeen uit 300 woorde moet bestaan." Daardie middag
toe die skoolbus die kinders gaan aflaai, breek 'n vreeslike storm uit en net
toe die busdrywer om die draai gaan op Kraans Karoo om vir Alein, Leanie en Lenei
af te laai, gebeur iets vreesliks. Die bus gly, dit rol teen die krans af en almal
wat nog in die bus was is DOOD.
Daardie aand toe juffrou Lehyt
net so bietjie aan die slaap raak hoor sy vreeslike aaklige geluide in haar badkamer.
Sy besluit toe om te gaan kyk wat dit is. Sy klim uit haar bed, trek haar kamerjas
aan en loop stadig in die gang af. Krrrrk, krrrrk, krrrrk, maak die hout onder
haar voete. Sy vat die deurhandvatsel, sy draai dit versigtig oop, maar toe sy
binne kom was daar niemand daar nie. Juffrou Lehyt loop toe terug na haar slaapkamer.
Toe sy by haar deur instap sien sy die spoke van die drie dogters wat sy die meeste
gehaat het: Alein, Leanie en Lenei. Een van die spoke vra toe: "Hoekom lyk
juffrou so bleek? 'n Mens sou dink juffrou het 'n spook of drie gesien."
Juffrou
Lehyt klim versigtig in haar bed en toe begin die spook van Leanie skielik een
van haar spookstories vertel. Elke aand het Leanie vir haar ou juffrou 'n storie
vertel, en toe haar stories klaar was, was dit Lenei se beurt en later aan Alein
s'n. Die juffrou kon dit nie meer uithou nie en die volgende aand ry sy met haar
kar tot op die punt van Kraans Karoo... en spring af.
En dit
was die EINDE van Juffrou Lehyt se narigheid.