"Een
laat nag," begin Ben met sy storie. Hy glo natuurlik in alles wat hy hoor
of sien. "Ben, hoekom kry jy net nie goed soos spoke uit jou kop uit
nie?" vra ons hom. "Jy sal sien, as jy net luister." So
ek en my vriende sit op die grond en begin luister. "Niemand kon slaap,
almal was bang vir hom, DIE GROEN BOSTROL!" "Hoekom?" vra ek
deur my slaap.(Ek was so moeg, dat ek sy antwoord nie eers gehoor het nie.) Later
daardie nag skrik ek wakker, iets was besig om ons aan te val! "Tom, Ben,
Anton waar's julle?" fluister ek skrikkerig. "Ek dink ons is vas,"
begin iemand wat baie soos Anton klink, fluister. Ek duik uit my slaapsak na Anton
s'n toe. "Eina!" hoor ek net soos ek land. "Weet jy dalk wat
hier aangaan?" fluister hy vir my. "Nee, en ek wil ook nie."
Net toe val 'n groot skaduwee oor ons tent. "Help!" hoor ons toe
Ben en Tom vol slym omrol by die tent in. "Ons was oppad toilet toe,
" Hulle kon nie klaar maak nie want 'n boom het doef, op 'n klein stuk
van ons tent geland, wat die hele tent laat inval het. Gelukkig was ek die een
naaste aan die uitgang. Buite hoor ek 'n groot brul agter my rug, toe ek omkyk
sien ek net hoe 'n groot reus my vriende benader. "Nee, moenie!"
skreeu ek hardop. Die reus loer om en skielik moet ek so vinnig as moontlik wegkom.
"Kyk, ons moet vir Zander help!" gil die ander. Skielik
terwyl ek hardloop, kom ek agter dat ek nie meer in my agterplaas is nie, maar
in 'n vreemde land vol monsters en baie goed wat net in storieboeke bestaan. Toe
ek terugkyk om te sien of die reus nog agter my is, struikel ek en val, binne
in 'n groot diep gat! Ek's so moeg dat ek nie eers opstaan toe ek 'n brul agter
my hoor nie. "Moenie bekommerd wees nie!" skreeu die ander, "dis
net 'n brullende muis." "Kry my hier uit!" gil ek terug van
die gat af. "AAAAAAAAAAAHHHHHHHH!" hoor ek toe hulle almal
in een slag binne in die gat val. "Ha! Ha! Ha!" lag
die reus terwyl sy honde ons begin aanval. Toe kry ek die beste idee ooit.
"Kom ouens, vat 'n klip en val aan!" bulder ek na die ander. Ons spring
op en begin die reus aanval. Maar hy is te sterk, hy spring in die gat in
en fluit vir sy honde. "Jy sal nie so maklik weg kom nie," kraak
'n snaakse stem naby ons. Ons kyk om en sien 'n groot groen en slymerige heks
met 'n klein swart-en-wit kat, wat met haar geel lelike oë in joune in staar.
"Jy dink hulle is joune?" glimlag die heks vir haar vyand, die reus.
Na 'n lang bakleiery neem die heks ons in een BOEM na haar grot toe. "Maak
skoon! Maak skoon!" kraak haar stem weer na ons toe. Haar grot het omtrent
soos die volgende gelyk: In die een hoek was daar 'n klein stoeltjie met 'n tafel
langs hom, 'n rak vol buisies en botteltjies, 'n yslike pot en lepel wat langs
die deur gestaan het en laastens was daar nog 'n kamer wat ons nie in mag gaan
nie. Die nag het niemand geslaap nie. Terwyl ons skoon maak (glo my dit was sleg)
het ons in paddas in verander
Skielik
"Zander!, Zander! Word
wakker!" DIT WAS NET 'N DROOM. |