Oondvars WEDSTRYD
Wen opwindende jeugboeke

1000 Nuttige Woorde
Vertaler: An-Mari Fouché -

Kleurvolle woordeboek vol pret!
Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is daar ook allerlei opwindende onderwerpe: van wilde diere, beroepe en storietyd tot plaaslewe en kleure, vorms en getalle. Daar is volop dinge om te sien op elke bladsy en vyf eenvoudige, maklik leesbare stories stel nog meer woorde aan die kind bekend en help om vroeg reeds skryfvaardighede te ontwikkel.
Hierdie boek is geskep in samewerking met `n vooraanstaande opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, en is geskik vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer.
Die boek bevat ook heelwat besprekingspunte om taalontwikkeling aan te moedig, en die duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede.

ISBN: 9780799391817
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 1

Vraag: Watter onderwerpe word gevind in hierdie boek?

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Goggas en ander gediertes
Mia Oosthuizen -

Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor ’n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit.
Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! Goggas Hierdie boek stel kinders aan inseklewe bekend deur middel van prettige, opvoedkundige aktiwiteite. Ontmoet besige bye, wriemelende wurms, oulike skilpadbesies en al hul goggavriende in hierdie aktiwiteitsboek propvol wonderlike feite. Maak jou eie pragtige skoenlappers, versier koekies, en tel insekte se pote, terwyl jy fantastiese feite oor goggas leer.

Goggas en ander gediertes en Plaasdiere is deel van die prys

ISBN: 000
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 2

Vraag: Wat wil jy leer doen uit hierdie boek?

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Wonders van die woud
Vertaal: LAPA -

Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters!

Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor `n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer!

Daar is vyf hoogs versamelbare titels in die reeks:

Plaasdiere

Kuier `n dag lank op die plaas! Loer in by die perde en voer die hoenders. Kinders leer meer oor die lewe van plaasdiere en ontdek interessante feite oor die plaaslewe terwyl hulle verskillende handwerk-aktiwiteite, raaisels en leerspeletjies voltooi. Elke bladsy bevat helder foto`s met maklik verstaanbare teks en eenvoudige stap vir stap instruksies wat jong lesers kan volg om die projekte te voltooi. Die boek kombineer feite vir kinders met prettige aktiwiteite die perfekte manier om lang somersdae deur te bring!

Haaie en ander seediere

Hierdie titel stel kinders aan die wonderwêreld onder die branders bekend deur middel van prettige, opvoedkundige aktiwiteite. Ontmoet oulike harlekynvisse, spelerige dolfyne, honger haaie en al hul ander seelewende maats in hierdie aktiwiteitsboek propvol wonderlike feite. Vind uit hoe om jou eie jellievisse te maak en ontwerp pragtige papierbord-harlekynvisse, terwyl jy die kleurvolste karakters in die see leer ken.

Goggas

Hierdie boek stel kinders aan inseklewe bekend deur middel van prettige, opvoedkundige aktiwiteite. Ontmoet besige bye, wriemelende wurms, oulike skilpadbesies en al hul goggavriende in hierdie aktiwiteitsboek propvol wonderlike feite. Maak jou eie pragtige skoenlappers, versier koekies, en tel insekte se pote, terwyl jy fantastiese feite oor goggas leer.

Wonders van die woud

Maak kennis met al die oulike diere en ongelooflike dinge in `n woud van hasies tot bere en goggas in hierdie opvoedkundige projekboek. Elke bladsy bevat asemrowende foto`s met maklik verstaanbare teks en eenvoudige stap vir stap instruksies wat jong lesers kan volg om elke projek te voltooi. Maak `n oulike dennebol-uil, `n beermasker, heerlike bessie-ysies, en vele meer. Perfek vir kinders wat versot is op die buitelewe!

Van my kop tot my tone

Nuuskierige kinders kan ontdek waarom hulle `n sekere haar- of oogkleur het en waarom hulle `n naeltjie het. Dan kan hulle `n oulike familiestamboom ontwerp, `n stel papierlonge maak en kyk hoe dit werk, en kreatief raak met vingerafdrukke.

Hierdie boek is vol fantastiese feite en aktiwiteite wat by mekaar aansluit, ideaal vir jong slimkoppe wat meer oor die menslike liggaam wil leer. Jy kan selfs ontdek hoe jou liggaam inmekaarpas deur `n lewens-grootte buitelyn van jouself op papier na te trek!

Wonder van die woud en haaie en ander seediere is deel van die prys

ISBN: 000
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 3

Vraag: Wat kan jy in die wonder van die woud leer maak?

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Wo(o)rdslim
Jaco Jacobs -

Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!
Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:
- Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom temas soos diere, my land, idiome en sport.
- Woordsoekblokke
- Spelspeletjies
- Letterblokke
- Kriptogramme en ander briljante breinboelies
Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult - hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.
Volledige oplossings agter in die boek.


ISBN: 0000
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 4

Vraag: Wat is jou gunsteling tipe woordspeletjie?

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

My eerste boek oor honde
Dorling Kindersley -

Alles wat kinders oor honde wil weet! Ontdek alles wat jy nog altyd oor honde wou weet, van verskillende rasse, eienskappe en versorging, tot fassinerende inligting oor hoe honde met ons en met ander honde kommunikeer. Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van honde hou, of jy nou reeds `n honde-eienaar is of daarvan droom om jou eie hond te kry. Leer wat honde met hul liggaamstaal wys, waarvan hulle droom wanneer hulle slaap, en wat hulle vir ons probeer sê. Kom beleef die wonderlike wêreld van honde met hierdie nuttige gids propvol fantastiese foto`s en skattige feite oor honde. Vind uit hoe verskillende rasse se unieke eienskappe van mekaar verskil, leer hoe om jou beste vriend te versorg sodat hy stertswaai-gelukkig en gesond bly, en verstom jou aan hierdie wonderlike diere se supersintuie en ratse toertjies.

ISBN: 9780799390506
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 5

Vraag: Wat wil jy van honde leer uit hierdie boek?

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Kieme: Boosaardige bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse
Steve Mould -

Hulle is piepklein, grillerig en fantasties! Ontmoet die bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes wat oral om ons is, maar te klein is om te sien. Ontdek hoe hulle ons en ons wêreld aan die gang hou. Wat het `n gloeiende seekat, `n groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van die wêreld van mikrobiologie! Hierdie fantastiese boek stel kinders aan bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes bekend. Dit verduidelik waarom ons bakterieë nodig het, en stel jong slimkoppe ook aan ander piepklein organismes bekend: virusse, fungusse, alge en protosoë. Bakterieë is die belangrikste lewende organismes op aarde, en 99 persent van hulle is nuttig, nie skadelik nie. Sonder bakterieë sou ons nie brood of kaas gehad het nie, en ons liggame sou nie kon werk soos dit moet nie. Mikrobes hou ons en ons wêreld op verrassende maniere aan die gang. Hierdie boek wys jou hoe dit gebeur met fantastiese voorbeelde van mikrobiologie in aksie! Hierdie boek is `n prettige, leersame inleiding tot `n onderwerp wat kinders van aangesig tot aangesig met die wonderwêreld van piepklein wetenskap bring. Met verstommende foto`s, lawwe karakterïllustrasies en hope prettige feite wat jou lekker sal laat gril, sal jong wetenskaplikes hierdie boek oor mikrobiologie eenvoudig nie kan neersit nie.

ISBN: 9780799388848
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 6

Vraag: Watter belangrike doel het broodmuf?

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Vind Uit! Wetenskap
Linda Roos, Lydia du Plessis -

Wat wil jy graag uitvind?
Hierdie ongelooflike reeks boeke help kinders om kenners op die gebied van hul gunsteling-niefiksietemas te word, van wetenskap en haaie tot robotte, kodering en die heel nuutste tegnologie. Elke boek bevat asemrowende foto`s, fantastiese vasvrae en hope prettige, relevante inligting. Leer was nog nooit soveel pret nie!

Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:

Wetenskap, Aarde, Haaie, Robotte, Kodering en Ingenieurswese.

Wetenskap

Leer wat die verskil tussen atome, molekules, mengsels en verbindings is; vind uit hoe plante werk; en sien die watersiklus in aksie. Hierdie boek gaan beslis jou volgende skoolprojek vir Natuurwetenskap inspireer, en dit ver-duidelik presies wat wetenskap is en hoe dit werk. Vind uit waaruit materie bestaan, hoe die voedselketting inmekaarsteek, en hoe die weer werk. Ontdek hoe elektrisiteit en magnetisme ons alledaagse lewe beïnvloed. En doen jou eie eksperimente om die inligting te laat lewe kry!

Wetenskap en aarde is deel van die prys

ISBN: 9780799389708
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 7

Vraag: Uit watter 3 dele bestaan `n atoom?

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Vind Uit! Robotte
Linda Roos, Lydia du Plessis - -

Wat wil jy graag uitvind?
Hierdie ongelooflike reeks boeke help kinders om kenners op die gebied van hul gunsteling-niefiksietemas te word, van wetenskap en haaie tot robotte, kodering en die heel nuutste tegnologie. Elke boek bevat asemrowende foto`s, fantastiese vasvrae en hope prettige, relevante inligting. Leer was nog nooit soveel pret nie!
Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:
Wetenskap, Aarde, Haaie, Robotte, Kodering en Ingenieurswese.
Robotte
Ontdek die mees fantastiese supercool tegnologie. Hierdie boek is propvol asemrowende feite oor kinder-uitvinders, robotte met gevoelens, robot-speelgoed en -speletjies, mensagtige robotte en veel meer. Vind uit hoe en waarom robotte gemaak word, hoe hulle mense tans help, en hoe hulle ons in die toekoms gaan help. Ontdek hoe rekenaars robotte ontwikkel en bou, en hoe ingenieurs robotte met spesifieke vermoëns ontwerp, byvoorbeeld om te loop, spring, Mars te verken of ploftoestelle skadeloos te stel.

Robotte en ingenieurswese is te wen in die prys


ISBN: 9780799389708
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 8

Vraag: Watter planeet het die robotte al verken?

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Hoezit17: Die wonderwêreld van natuurrampe
Jaco Jacobs - Fanie Viljoen

Van tornado`s tot tsunami`s ontdek Moeder Natuur se verwoestende kant! Wat veroorsaak `n tsunami? Hoe vinnig waai die wind binne-in `n tornado? Wat gebeur binne-in `n vulkaan? Waar kom die meeste aardbewings op aarde voor? Ontdek die verwoestende krag van die natuur met hierdie boek propvol asemrowende feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto`s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die indrukwekkende verskynsel van natuurrampe kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate ure lank besig te hou! Ontdek hoe tornado`s, orkane, vulkane en aardbewings ontstaan, vind uit hoe wetenskaplikes hierdie natuurverskynsels bestudeer, en ontmoet die dapper reddingswerkers wat mense tydens natuurrampe bystaan. Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.

Die wonderwêreld van die ruimte is ook deel van die prys.

ISBN: 9780799389333
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 9

Vraag: Noem 4 natuurrampe

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Briljant!
Robert Winston -

Opwindende eksperimente wat jy buite kan doen!
Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak `n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak `n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou `n vlieër en ontdek die sleutel tot aërodinamika.
Met fantastiese foto`s, duidelike stap vir stap ïllustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat `n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien.
Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wêreld beter kan leer verstaan. Dit is `n moet-hê-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wêreld.

ISBN: 9780799390650
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 10

Vraag: Met watter huishoudelike produkte sal jy `n vlieër bou?

Sluitingsdatum: 2019-07-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000