Oondvars WEDSTRYD
Wen vrolike prenteboeke.

Hoe om `n haas te vang
Claire Freedman - Monika Filipina

`n Lekkerlag-avontuur geskryf deur niemand anders nie as die beroemde Nare Ou Wolf!

Vir honger wolwe is die boek `n wenner,
en dit is boonop geskryf deur `n kenner!
Hou jy van haasbredie en haaspastei?
Kom leer hoe om `n haas in die hande te kry!

Hierdie boek, geskryf deur niemand anders nie as die beroemde (of is dit berugte?) Nare Ou Wolf, is `n fantastiese gids propvol wen-wenke vir enige iemand wat van plan is om `n haas te vang. Ja, lek gerus solank jou lippe af vir `n sappige hasie! Maar maak seker jy hou jou oë oop vir bere, bonsende vere met `n bietjie te veel veerkrag, en natuurlik jou eie strikke

`n Lekkerlagboek deur die internasionale topverkoperskrywer Claire Freedman, geïllustreer deur die briljante Monika Filipina.

ISBN: 9780799389548
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 1

Vraag: Waarvoor moet jy pasop as jy `n haas probeer vang?

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Sizwe spring
Gaia Cornwall -

Sizwe is (amper) absoluut gereed vir `n dapper duikslag!

Dis nie maklik om genoeg moed bymekaar te skraap vir jou eerste groot duikslag nie, maar Sizwe is amper absoluut gereed vir die groot sprong.

Sizwe is beslis gereed om van die duikplank af te spring. Sy swemlesse is agter die rug, hy het sy swemtoets met vlieënde vaandels geslaag, en hy kan spring soos min, so hy is glad nie bang nie. Dit lyk maklik, sê Sizwe terwyl hy kyk hoe die ander kinders beurte maak op die duikplank. Maar toe Pappa sy hand `n drukkie gee, druk hy terug. Hy moet buitendien eers besluit watter spesiale soort sprong hy gaan gee, en hy moet darem seker eers `n paar strekoefeninge doen voordat hy op die duikplank klim.

In hierdie wonderlike storie oor hoe om jou vrese te bowe te kom, vang Gaia Cornwall `n roerende oomblik vas tussen `n geduldige en aanmoedigende pa en `n vasberade seuntjie wat sommer dadelik jou hart sal steel.

ISBN: 9780799389487
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 2

Vraag: Wat maak dat Sizwe gereed is vir die sprong?

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Bang beer
Steve Smallman -

Ontmoet `n dapper klein hasie en `n groot, bang beer!

In die diep, donker woud woon die HARIGE OU GROTE!
Met skerp tande in sy bek en skerp kloue aan sy pote.
Sy kwaai oë sal jou laat ril en laat gril
en dit klink net soos donderweer wanneer hy brul!

Klein Ben is `n dapper hasie. Hy hou BAIE van pret en avontuur, maar hy hou GLAD nie van bed toe gaan nie. Toe sy ma hom een aand voor slaaptyd vertel van die Harige Ou Grote met sy skerp tande en skerp kloue wat in die woud woon, besluit Klein Ben om in die donker buitentoe te sluip en hom te gaan soek!

Maar in plaas van `n groot, harige monster ontdek Klein Ben `n beer in die woud. `n Baie bang beer.

Sommer gou word klein Ben en die beer groot maats. Maar sal die beer dapper genoeg wees om na die monster te help soek?

`n Oulike, avontuurbelaaide storie oor vriendskap en hoe om jou vrese te oorkom.

ISBN: 9780799388725
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 3

Vraag: Wanneer ontmoet Ben vir die beer?

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Meisies kan enige iets doen
Caryl Hart - Ali Pye

Meisies is oral. Net waar jy kyk,
is meisies wat almal verskillend lyk.
Hulle verstom en verras ons.
Hulle maak `n verskil.
En meisies kan enige iets
doen wat hul wil!

Meisies kan lang hare of kort hare hê. Hulle kan aan enige soort sport deelneem. Hulle kan wiskunde en wetenskap doen, of hou van musiek en verf. Hulle kan lorries bestuur, by die polisie of die brandweer werk, slim dinge ontdek, en selfs die ruimte verken!

So, kom ons roep saam,
net so hard as ons wil:
"Ek`s `n MEISIE!
Ek`s FANTASTIES!
Ek maak `n verskil!"

Hierdie prettige, rymende prenteboek is die ideale manier om `n spesiale meisie in jou lewe van kleins af te leer dat sy enige iets kan doen en die wêreld kan verander!

ISBN: 9780799388718
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 4

Vraag: Watter rympie moet meisies vir hulself leer?

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Bianca se briljante biblioteekdag
Joseph Coelho - Fiona Lumbers

Ontdek betowering tussen die rakke van die biblioteek. Elke week sien Bianca uit na daardie een spesiale dag. Die dag wanneer sy wonderlike dinge tussen die biblioteek se rakke ontdek. Die dag wat sy tyd saam met Pappa kan deurbring. Saam verken hulle die rakke op soek na betowering, geheime en `n manier om dinge tussen hulle twee reg te maak. `n Inspirerende storie oor die betowering van boeke en die krag van stories om moeilike persoonlike situasies te bowe te kom. Daar is ook `n oulike `boek-binne-`n-boek` sodat jy die storie kan lees wat Bianca en haar pa saam geniet!

ISBN: 9780799391077
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 5

Vraag: Hoekom sien Bianca uit na biblioteekdag?

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Groot Beer
Wendy Hartmann -

Ek is lief vir jou, Groot Beer! Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op `n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie, net baie, baie groter. Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. "Moenie hartseer wees nie," sê sy sag vir hom. "Ek is hier." Sy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy sê vir hom hy hoef nie bekommerd te wees nie en sy vertel vir hom geheime waarvan niemand anders weet nie. Maar toe Lara daardie middag by die huis kom, staan daar `n tas en bokse in die gang. Sy hoor harde stemme en kort daarna ry Pappa weg. "Moenie bekommerd wees nie, my skat," sê Mamma vir haar. "Ek en jy gaan piekfyn wees." Maar daardie aand kan Lara nie slaap nie. En kort voor lank klim iemand deur haar venster. "Moenie hartseer wees nie" sê `n sagte stem. "Ek is hier." En daar is Groot Beer! Kort voor lank beleef hulle hope avonture saam. `n Sensitiewe, roerende storie oor `n kind se hantering van egskeiding, en die wonderlike genesende krag van verbeelding en stories.

ISBN: 9780799389197
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 6

Vraag: Wanneer kom klim Groot Beer deur Lara se venster?

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Wie`s jy, mnr Slym?
Zanri Kritzinger - Stephen Wallace

Morne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam `n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar!

ISBN: 9780624085461
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 7

Vraag: Watter plan dink jy beraam meneer Slym?

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

Tafelberg

Daars nie n krokodil in hierdie boek nie
Jaco Jacobs -

Maak nie saak hoe hard jy soek nie daars nie `n krokodil in hierdie boek nie. Daar is wel `n mooi prinses, `n dapper prins, `n boontjierank, `n reus, `n ouma, `n wolf, drie bere en `n Goeie Fee. Maar `n krokodil? Nooit!


ISBN: 9780799383836
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 8

Vraag: Noem drie kinderverhale wat klink of dit in die boek kan wees.

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Dis MY boek
Fabie Santiago -

Wat is die beste manier om `n boek te lees as jy `n kameelperd is?

Kerneels die kameelperd is baie opgewonde toe hy `n boek in die veld optel. "Ek is MAL oor boeke!" roep hy uit.
Maar elke keer as hy die boek probeer lees, word hy deur sy dieremaats in die rede geval. Hulle wil almal vir hom voorsê hoe jy eintlik veronderstel is om `n boek te lees.
Moet jy plat op jou maag lê soos `n krokodil, op een been staan soos `n flamink, of selfs onderstebo hang en heen en weer swaai soos `n apie?
Kerneels het genoeg gehad en stap vies weg ... maar kort voor lank ontdek hy die heel beste manier om `n boek te lees is saam met al sy dieremaats!

`n Bekoorlike prenteboek oor die vreugde van lees en hoe om boeke op jou eie manier te geniet!

ISBN: 978079938870
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 9

Vraag: Wat is die beste manier om `n boek te lees?

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Bak en brou
Ellie Snowdan -

Bak en brou
6 Konyn-kokke
1 Wolf in konynklere
1 Moeilikheidmaker
1 Goue Eier-trofee
... en hope smullekker SJOKOLADEKOEK!
Meng dit saam en jy kry die GROOTSTE HASIE-BAK-EN-BROU-KOMPETSIE van die JAAR!

Jan-Daniel is mal oor bak. Hy bak graag kaneelrolletjies, krummelrige brosbeskuit, karringmelk-koekies en sy gunsteling sjokoladekoek. Daarom is Jan-Daniel baie opgewonde toe hy op `n dag `n uitnodiging kry om aan die Groot Hasie-bak-en-brou-kompetisie deel te neem. Daar is net een probleem: Jan-Daniel is nie `n hasie nie hy is n wolf. Daarom besluit hy om hom te vermom en aan die kompetisie deel te neem. Eers lyk dit of Jan-Daniel die ander deelnemers `n ding of twee gaan wys, maar dinge loop lelik skeef toe een van die deelnemers probeer kul. Dan kry Jan-Daniel egter hulp uit `n onverwagse oord en hy ontmoet boonop iemand wat net soveel soos hy van sjokoladekoek hou!

Kleuters sal hulle lippe aflek vir hierdie heerlike bak-en-brou-storie vol aksie, avontuur en smullekker sjokoladekoek!

ISBN: 9780799384420
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 10

Vraag: Wat bak Jan-Daniël graag?

Sluitingsdatum: 2018-11-29

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000