Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

Vampiere in Londen
François Bloemhof -

Die agtste boek in die reeks lekkerlees-rillerstories. Wat vir ’n familie ’n opwindende vakansie in Londen moet wees, ontaard in ’n verskrikking toe die kinders agterkom dat ou Mister Radcliffe se hoofbediende Parker nie werklik is wat hy voorgee nie. Ken, die oudste van drie kinders, volg ’n bloedspoor tot in ’n ou pakhuis ... en wat hy daar vind sou hy nooit in sy wildste drome kon raai nie.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Nagvlerke
Jaco Jacobs -

Dewald sien niks uit na die vakansie saam met sy ouers op `n vervelige gesondheidsplaas nie. Maar sommer gou is daar hope aksie as hy `n swerm grillerige monstervlermuise ontdek... Waar kom die vlermuise vandaan en hoekom is hulle so groot. Wie is die geheimsinnige meneer Helberger? En sal Dewald betyds die grillerige vlermuise kan keer?.

Nagvlerke is die vierde boek in Jaco Jacobs se Grille & Goeters-reeks.

ISBN: 0798145404
Kategorie:  avontuur

LAPA

Net aliens eet spinasie
Jaco Jacobs -

Wat maak jy as daar ’n alien in julle swembad land? Jy steek hom weg, natuurlik! Want die bure gaan klik en dan gaan die weermag hom kom haal en hom oopsny om te kyk hoe hy werk. En dit kan jy nie toelaat nie, want hy’s tog so oulik... En wat maak jy as jou ouma jou vra om haar te help om ’n vampier in die graadeentjies se klas te gaan vang? Jy gaan saam, natuurlik! Want dis nie elke dag dat jy sal sien hoe jou ouma ’n knoffel-bazooka gebruik nie... Maar wat maak jy as jy wil uitvind wat in die res van die stories aangaan? Jy lees die boek, natuurlik! Want jy wil nie uitmis nie... ’n Versameling tonekrul-lekker stories deur die gewilde jong skrywer van Pretpark, ’n grilstorie vir jong lesers.

ISBN: 0798144890
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die towerpotlood
Janie Oosthuysen en Johan Stapelberg -

Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan ’n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur ’n vreemde ding op pad skool toe – Ronnie kry ’n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?

ISBN: 0799334200
Kategorie:  avontuur

LAPA

Die verlore eiland
Janie Oosthuysen en Johan Stapelberg -

Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die Ogopogo?

ISBN: 0799334219
Kategorie:  avontuur

LAPA

Fritz Deelman en die Woestynrowers
Leon Rousseau -

Fritz Deelman en die Woestynrowers moet luitenant Deelman van die Internasionale Veiligheidspolisie die gevreesde Rooi Sjeik aankeer. Die Rooi Sjeik is ’n booswig wat in die Arrakbrosse, ’n ongetemde streek in die Sahara-woesyn, verwoesting en dood saai in sy fanatiese soeke na een van die grootste skatte ooit. Dit kos al Fritz Deelman se moed en speurvernuf om vas te stel waar die Rooi Sjeik skuil en om hom uiteindelik te ontmasker.

ISBN: 0798144254
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die verhale van Narnia: Prins Kaspian
CS Lewis - Vertaal deur Janie Oosthuysen

Hiermee die publikasie van vier van die sewe baie gewilde verhale van Narnia deur C S Lewis.

In Prins Kaspian word Peter, Edmund, Susan en Lucy weer ingetrek by die gebeure in Narnia. Hierdie keer help hulle die troom opvolger, Prins Kaspian, om Narnia van die bose koning Miraz te red.

ISBN: 9780798142427
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Fritz Deelman en die Skepe van Mars
Leon Rousseau -

Duisende kilometer bokant die aarde skiet twee ruimteskepe die onbekende in. In een van die skepe sit drie manne strak en gespanne. Hulle bestemming is angswekkend: Mars, die geheimsinnige rooi planeet.

En van hulle hang die voortbestaan van alle volke van die aarde af. Want daar is intelligente lewe op Mars, lewende wesens wat reeds honderde jare die aardbewoners dophou, en wat algehele uitwissing van die aardbol beplan. Hierdie titaniese stryd tussen kosmiese liggame sou wêreldoorloë na burgeroorloë laat lyk. Die bekende luitenant Fritz Deelman moet hierdie keer die stryd voer teen waansinnige magte van die ruimte.

Hierdie toekomsverhaal is geskryf lank voor die lansering van die eerste mensgemaakte satelliete in 1957 en nog langer voor Joeri Gagarin se geskiedkundige baanvlug om die aarde in April 1961. Nog later, in Julie 1966, het Neil Armstrong en Edwin Aldrin op die maan geland, en kort voor die verskyning van die vorige uitgawe in 1974 het onbemande Amerikaanse ruimtetuie ’n reeks foto’s van die planeet Mars na die aarde teruggesein waarop reusagtige vore – moontlik millennia oue rivierlope – baie duidelik sigbaar was. Betroubare inligting oor die moontlike aanwesigheid van lewensvorme op die sogenaamde `rooi planeet` was daar selfs in dié stadium egter nie. En steeds in 2004 gaan die soektog voort.

ISBN: 0798143940
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Fritz Deelman en die Swart Eiland
Leon Rousseau -

Geruisloos verdwyn die twee manne onder die oppervlak van die swart water. Stadig, soos in ’n droom, sak hulle deur die pers duisternis: dertig, sestig, negentig meter. Die donkerte onder hulle begin lewe. Op die bodem brand die verblindende skynwerpers van ’n televisiekamera. Die swart vorm van die wrak word sigbaar... In die ingewande van die skip vind luitenant Fritz Deelman en sy Franse makker geen teken van die uraan waarna hulle soek nie. Maar wat hulle wel daar ontdek, bring die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie in rep en roer. En Fritz Deelman moet kragte meet met die geheimsinnige inwoners van die Swart Eiland.

ISBN: 0798143959
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Artemis Fowl
Eoin Colfer -

Die twaaljarige Artemis Fowl is ’n meesterlike kriminele denker. Maar selfs Artemis weet nie wat hy aanpak wanneer hy die fee, kaptein Holly Short van die AARDrecon-eenheid, ontvoer nie. Hierdie feë is nie van die feë wat in vaakstories voorkom nie. Hulle is gewapen en gevaarlik. Artemis reken hy het hulle net waar hy hulle wil hê, maar dan hou hulle op om volgens die reëls te speel . . . Artemis Fowl is ’n boek vir mense wat hou van fantasie-avontuur. Dit is ’n meesleurende en ietwat subversiewe feeverhaal vir alle ouderdomme. So, raak nou verslaaf, indien jy nie reeds is nie! Briljant vertaal deur Janie Oosthuysen, bekroonde skrywer in eie reg en vertaler van die Harry Potter-boeke.

ISBN: 0798142227
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Fritz Deelman en die Suidpoolbende
Leon Rousseau -

Wanneer luitenant Fritz Deelman verplaas word van die sonnige Bultvlei na die vreemde, duistere binnekring van die sewentigste breedtegraad, volg die een verbysterende insident op die ander. Die een dag het niemand nog daarvan gehoor nie, en ’n maand later is duisende mense dwars oor die wêreld verslaaf aan die dodelike dwelmmiddel – Satania. Tien dae lank is Fritz en Loeki de Klerk op die spoor van die onwettige jagters van spermwalvisse – die enigste bron van ambergrys, wat vir die vervaardiging van satania noodsaaklik is. In die fabelagtige, glansende wit wêreld van Antartika waar geen skaduwees, bergpieke of gesigseinder bestaan nie, kom Fritz en Loeki teen ’n oormag te staan. Wie is die leier van die magtige bende wat vanuit ’n basis honderde meter onder die sneeu en ys van die Palmer-skiereiland sy bose werk verrig?

ISBN: 0798144033
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Fritz Deelman en die groen dood
Leon Rousseau -

Geheimsinnige gebeure in die uitgestrekte Amasonegebied van Suid-Amerika bring luitenant Fritz Deelman van die Internasionale veiligheidspolisie op die toneel, en daarna begin die poppe dans. Wat is die antwoord op die raaisel van die verlore ras wat volgens gerugte na hul antieke tempel teruggekeer het; van die reusagtige spoor, soos die van `n prehistoriese monster; van die onbekende pylgif wat die lewe van `n hele ekspedisie gekos het? Om die antwoorde te vind, vertrek Fritz Deelman op `n waaghalsige tog na streke waarheen min mense nog te voet gereis het. Deur `n barbaarse stam oorweldig, word hy aan `n grusame proef onderwerp, maar dit is gou duidelik dat dit nie hierdie Indiane was wat die vrede in die gebied verstoor het nie. Om die werklike vyand te vind, dring Fritz Deelman die berugte "groen hel" van die Amasone dieper binne. Dit is `n gebied waar giftige moerasse in die hitte le en broei, en waar `n duisend gevare le en wag. Maar wat Fritz Deelman uiteindelik in die dieptes van die oerwoud ondervind, laat al dié ontberings na kinderspeletjies lyk.

ISBN: 0798144114
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Fritz Deelman en die Gori Lama
Leon Rousseau -

Luitenant Fritz Deelman van die internasionale veiligheidspolisie ontvang ’n boodskap van sy vriendin, Loeki de Klerk, wat op besoek aan die Ooste is. In die skynbaar doodgewone boodskap vind Fritz leidrade wat hom oortuig dat Loeki hulp nodig het en dat ’n vooraanstaande Suid-Afrikaanse geleerde in gevaar verkeer. Sy vermoede word versterk deur ’n geheimsinnige ontploffing - vermoedelik ’n aanslag op sy lewe - en hy vertrek na die Ooste om die raaisels te probeer oplos. Uit die republiek Sikkim, noord van Indie, lei die spoor nou na die Himalajas, en daarvandaan na die geheimsinnige bergland van Tibet, sedert 1959 onder kommunistiese bewind, wat ’n Westerling slegs met lewensgevaar kan binnedring. Hier ontvou eeueoue geheime wat selfs die ervare Fritz Deelman verstom.

ISBN: 0798144106
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Fritz Deelman en die Diepsee-Duikbol
Leon Rousseau -

In die vierde titel, Fritz Deelman en die Diepsee-Duikbol, word luitenant Fritz Deelman na Madagaskar gestuur om uit te vind wat van Professor Niemeyer, `n argeoloog, geword het terwyl hy die verlore stad Lemuria, wat duisende jare gelede onder die oseaan verdwyn het, gesoek het. Fritz word egter gevange geneem deur die bose Archimedes Levitopek...

ISBN: 0798144041
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Fritz Deelman en die ondersese myn
Leon Rousseau -

’n Onverwagte telefoonoproep lei luitenant Fritz Deelman na ’n stegie in die hawebuurt van Kaapstad waar hy ’n geheimsinnige skraal man in ’n vinnige motor sien wegjaag. ’n Wilde nagtelike jaagtog volg en eindig eers toe die skraal man se motor met skreeuende bande oor een van die kaaie stort. Fritz duik agterna om die man te probeer red, maar in die donker water vind hy geen teken van die “drenkeling” nie. Die daaropvolgende gebeure dwing Fritz om die antwoord op die raaisel in ’n ander werelddeel te gaan soek: die Stille Oseaan. Hier le die ondersese myn wat die middelpunt vorm van nog ’n avontuur in die opwindende lewe van Fritz Deelman.

ISBN: 0798144246
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000