Oondvars haasbekkies
Boeke vir haasbekkies

Moomin se somer en son prenteboek
Tove Jansson - Tove Jansson

Joe-hoe! Het jy al Moemin se familie en sy wonderlike maats ontmoet? Daar is soveel om te doen in die Moevallei - van swem in die see tot piekniek hou op die strand. Plak die regte plakkers op die lee vorms op elke bladsy en geniet al die somerpret!


ISBN: 9780798152280
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Kleinste klein karnallies
Sarah Hayes - Sarah Garson

Tiemie, Lelie, die tweeling Klits en Rits, Baba Rosa en natuurlik Worsie, is die Hulle is die kleinste klein mensies wat in die kleinste klein huisie onder in die tuin bly. Hulle ontdek allerhande wonderlike dinge en beleef heerlike avonture. Lees van die wollerige snorrige gas wat een aand onverwags kom kuier, en van die onderstebo monster wat Klits en Rits in die solder ontdek! Jy kan ook uitvind hoe Lelie uiteindelik haar vlerke gekry het. Stories vir slaaptyd en lekker saamlees, ideaal vir kleuters van 2 tot 4 jaar.


ISBN: 9780798152365
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Dierestories vir slaaptyd
Georgie Adams - Atsuko Morozumi

Hierdie boek, met pragtige illustrasies deur Atsuko Morozumi, bevat eenvooudige, maar interessante dierestories, perfek vir voorlees en saamlees voor slaaptyd. Sebra se huis val uitmekaar. Hy probeer `n nuwe een bou, maar iets loop elke keer verkeerd. Dan kry hy die perfekte oplossing...

Hierdie boek bevat vier oorspronklike stories, spesiaal geskryf vir baie jong kinders. Daar is ook vier prentestories, waar kinders hul eie stories kan opmaak. Dit bevat ook `n handige merker aan die kant van ekle bladsy, om jou te help om by jou gunstelingstorie uit te kom.


ISBN: 9780798152372
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Streelsagte stories: Doringrosie
Brenda Apsley - Jo-Anne Shilliam

Lees die storie van Doringrosie en die bose fee se towerspreuk, en kies sagte prentplakkers van vilt om die prentjies vol te maak.

ISBN: 9780798151993
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Streelsagte stories: Rooikappie
Brenda Apsley - Jo-Anne Shilliam

Lees die storie van Rooikappie en die wrede, woeste wolf, en kies sagte prentplakkers van vilt om die prentjies vol te maak.

ISBN: 9780798151986
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die trol
Julia Donaldson - David Roberts

Al wat die Trol graag wil doen, is om `n boerbok te vang. Maar wanneer `n string ander gediertes eerder oor sy brug kom trippel-trappel, moet hy maar tevrede wees met `n vervelige ou stukkie vis vir aandete. Hoe goor! Die seerowerkaptein en sy manskappe is egter mal oor vis - maar nie een van hulle ken `n resep om dit lekker gaar te maak nie... Daarom is hulle aandete aaklig en slymerig sleg! As hulle maar net die versteekte skatkis kon vind - dan sou hulle kon bekostig om `n kok aan boord te he ... maar dit lyk asof hulle al weer na die verkeerde eiland toe gevaar het!


ISBN: 9780798152112
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Daar`s iets onder my bed!
Steve Smallman -

Klein Beer is baie opgewonde! Hy gaan die eerste keer ooit in sy eie kamer slaap. Maar sonder sy ouboet voel Klein Beer ’n bietjie bang. Oral is snaakse skaduwees en geluide, en hy is seker daar’s ’n monster wat hom wil VANG!


ISBN: 9780799346121
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Wolfgang Amadeus Muis
Philip de Vos - Cora Coetzee

In Philip de Vos se aweregse humoristiese styl word die verhaal vertel van die haarlose klein babamuisie wat een aand heel toevallig die naam Wolfgang Amadeus gekry het. Maar dit was dieselfde aand dat die Wonderwerk (Oupa se stel valstande, maar dit weet die muise natuurlik nie!) tussen die muise opgedaag het, en Wolfgang Amadeus sy talent in die lewe ontdek het.


ISBN: 9780624024071
Kategorie:  haasbekkies

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Karla Krullebol
Theresa van Baalen - Chris Venter

Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks – ’n vreemde, klein pienk mannetjie besluit Karla se vuil, deurmekaar hare is die perfekte plek om ’n heerlike partytjie te hou ... ’n Lekker lawwe, uitbundige rymverhaal wat kleuters se tone sal laat omkrul van lekkerkry!

ISBN: 978 0 7993 4677 0
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

My sussie is `n alien
Rachel Bright - Rachel Bright

Abrie se gunstelingdinge is: 1. Aliens 2. Vuurpyle 3. Die Maan Presies in daardie volgorde. Hy dink nie juis aan enigiets anders nie, tot sy gesin eendag `n vreemde lid bykry. Sy lyk snaaks. Sy klink snaaks. En sy ruik definitief snaaks. Maar kan Abrie se sussie regtig `n alien van die maan af wees?


ISBN: 9780798152129
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Slaaptyd sonder Teddie
Jessica Meserve - Jessica Meserve

Bella het `n baie spesiale teddiebeer. Hy beskerm haar teen monsters. Een nag raak Teddie weg. Almal soek die wêreld vol, maar daar is geen teken van hom nie. Sal Bella hom ooit weer kry?


ISBN: 9780799346596
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Vergeet my nie: Vriende is soos bloeisels
Michael Broad - Michael Broad

Vergeet-my-nie, die olifantjie, wil vreeslik graag maats maak, maar niemand stel in hom belang nie. Sy mamma se `n vriendskap neem tyd om te blom, net soos wat bloeisels tyd neem om aan die bome te begin bot. Wanneer Vergeet-my-nie vir Kersie, die kameelperdjie, ontmoet, besluit hy om te wag en te sien wat gebeur...


ISBN: 9780798151788
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Wat is jy, Kartoffel?
Marga Jonker - Alzette Prins

“Wat is jy, Kartoffel?” wil al die diere op die strand weet. Arme Kartoffel kan nie mooi onthou watter soort dier hy is nie! Is hy dalk ’n ... wollie ... of ’n woffel ... of ’n waffel? Gelukkig is die diere vriendelik. Maar toe daar ’n rooijakkals aan hom begin ruik, wens Kartoffel sy ma wil kom help met al die vrae ...



ISBN: 978 0 7993 4613 8
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Vang die monster
Norbert Landa - Tim Warnes

“Eend!” roep Varkie. “Daar’s `n monster onder jou bed. Hy maak so psjjj-psjjj, grrr, doef-doef, pam-pam, njarrr”, “En hoeeeeeeeeeee!” voeg Uil by. Hoe lyk die monster onder Eend se bed? Die dapper diere gaan uitvind ...



ISBN: 978 0 7993 4526 1
Kategorie:  haasbekkies

Kompetisie nr: 1

Vraag:

Sluitingsdatum: 2010-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Wat doen Pappa?
Rachel Bright - Rachel Bright

Diaan se pa is `n brandweerman. Jodie se pa is `n dokter. Ben se pa is `n onderwyser. Maar wat doen Mia se pa? Sy weet hy het berge papierwerk, hy moet partykeer na vergaderings to vlieg en sy baas is `n regte draak! Maar is hy ook `n VERKENNERSUPERRIDDER? Die perfekte boek om met `n ongelooflike pa te deel!

ISBN: 978 0 7993 4525 4
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000