Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

Kry vir jou, ou Langklou
Francois Bloemhof -

Wat vir Victor as net nog `n vervelige wintervakansie in die kinderhuis begin, ontaard in `n nagmerrie toe hy van aangesig tot aangesig kom met die goedige ou tannie wat in die straat af woon. Juffrou Ia de Goede is bekend in die dorp daarvoor dat haar hande vir niks verkeerd staan nie en vir die meeste inwoners beteken dit haar lekker melkterte en ander gebak. Maar Victor vind gou uit wat daardie hande nòg kan doen en hy en sy twee vriende Jenny en Fluitjie sal moet keer voor dit te laat is . . . Die sesde in `n reeks lekkerlees-rillerstories vir jong lesers. Francois Bloemhof se Rillers is al twee keer aangewys as wenners en een keer as naaswenner in die jaarlikse ATKV-kompetisie, waar lesers self hulle gunsteling boeke aanwys. Die slag het die spanning `n paar tikkies humor by - die soort wat jou onkant betrap . . .

ISBN: xxxxxxx
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Thomas@moord.net
Carina Diedericks-Hugo -

Dit spook in Thomas-hulle se nuwe huis! Hy hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Met die hulp van sy vriende, Hannes en Alex, en `n paar soektogte op die Internet, slaag Thomas daarin om die raaisel rondom `n moord wat `n eeu vantevore in hulle huis plaasgevind het, op te los. `n Spanningsverhaal wat jong lesers behoorlik sal laat naels kou!

ISBN: 0799329460
Kategorie:  avontuur

Lapa

Die geheim van die toringkamer
Marianna Brandt -

Die verhaal speel af in Namibië teen die eksotiese agtergrond van Swakopmund en omgewing. Bart en Martin is twee maats wat hard gewerk het op die plaas gedurende hul vakansies om hierdie één vakansie te kan bekostig - see toe met die luukse Dessert Express. Maar gou kom hulle agter dat iets op die roete nie pluis is nie, veral nie met die stasie op Bokkoppies nie, "waar die vrou in die toring hang . . ." volgens een van hul medepassasiers. Toe hulle noodgedwonge op Bokkoppies moet stop, raak dinge gou warm, en die twee seuns en `n medereisigertjie se avontuur om die geheim van die toringkamer op te los word heerlike leesstof vir seuns en meisies. Die tweede boek in Human & Rousseau se avontuur-reeks vir jong lesers.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Carmen Toetoeka en die vloek van Isis Huis
Helen Brain -

Hannah is in gevaar. Haar gunstelingonderwyser het spoorloos verdwyn en die nuwe biblioteekonderwyser probeer haar vermoor. Maar hoekom? Hoe nader Hannah daaraan kom om die duistere geheim te ontrafel, hoe gevaarliker word dit. Wanneer daar nie meer omdraaikans is nie, leer Hannah egter meer van haarself, haar familie en die vloek van Isis Huis.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Skaduwee van die dood
Janie Oosthuysen -

Die eerste in `n nuwe reeks avontuurverhale vir seuns en meisies van ouderdom 9 - 12 jaar. Francois en sy twee maats gaan stel ondersoek in by die ou huis aan die rand van die dorp. Die oggend toe Francois daar koerante afgelewer het, het iets hom onrustig gemaak oor die deur wat oopgestaan het. Daar woon `n ou tannie en dinge lyk nie reg nie. Soos wat die drie seuns nader aan die antwoord kom, so raak dinge vir hulle warm ... `n dreigbrief, `n spookstem oor die telefoon en `n geskietery op hulle. Lees ook die volgende titel in die reeks: Die geheim van die toringkamer deur Mariana Brandt.

ISBN: 0798141018
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000