Oondvars luister
Luisterstories

Doefdaf die donkie
Anna Emm - Verteller: Lorraine du Toit

Luisterstories:
Doefdaf die donkie is gebore met een pootjie korter as die ander, en nou stap hy doef-daf, doef-daf... in plaas van doef-doef. Almal weet dat donkies veronderstel is om doef-doef te stap. En toe die boer hom aan die slagter wou verkoop omdat hy nie harde werk kon doen nie, waarsku die sterretjie vir Doefdaf om te vlug.... So begin sy storie, en soos met almal van ons, is Doefdaf se storie deel van `n baie groter storie. Soos die helder sterretjie die nag in Nasaret voorspel het, is hy `n baie spesiale donkie, en gaan hy een dag `n baie belangrike werkie doen....

Snitte:
1. Hoe Doefdaf sy naam gekry het
2. Hoe Doefdaf by die see gaan woon het
3. Hoe Doefdaf in die woestyn beland het
4. Hoe Doefdaf ‘n belangrike werk gekry het

ISBN: 0
Kategorie:  luister

Anna Emm Productions

Flaafeloffie
Vertel deur Andre Walters -

Flaafeloffie; lekker natuurstories. Vertel deur André Walters. Cd of kasset.

OOK BESKIKBAARl
Storietyd: Oorspronklike stories en liedjies vir kleuters.

DIE CD WORD VERSPREI DEUR:
Luisterbiblioteek Pretoria,
Elsa Smit, (012) 348-2480.

ISBN: xxxx
Kategorie:  luister

xxxx

Bestel by 

Die dag toe Liewe Heksie se kop gedraai het
Verna Vels -

Drie Liewe Heksie stories: Die dag toe Liewe Heksie se kop gedraai het, Waar is Kleinkwaaitjie Kabouter? en Liewe Heksie en die Adspersus.

DIE CD WORD VERSPREI DEUR:

Luisterbiblioteek Pretoria,
Elsa Smit, (012) 348-2480.

ISBN: xxxx
Kategorie:  luister

xxxx

Bestel by 

Liewe Heksie en die rekenaar CD
Verna Vels -

Liewe Heksie is nou ook op CD! Liewe Heksie en die rekenaar bevat drie van Verna Vels se nuutste Liewe Heksie stories: Liewe Heksie en die rekenaar, Liewe Heksie en die rotbende en Liewe Heksie en Botterblom. Die stories word self deur Verna Vels gelees en die 3 stories beloop sowat 74min. DIE CD WORD VERSPREI DEUR: Luisterbiblioteek Pretoria,
Elsa Smit, (012) 348-2480.

ISBN: xxx
Kategorie:  luister

xxx

Bestel by 

Eendag was daar ‘n storie CD 1
Anna Emm - Verteller: Deon Lotz

Versameling ou bekende stories – afgestof en oorvertel in kindervriendelike Anna Emm-styl, en voorgelees deur Deon Lotz.

Snitte:
1. Die drie varkies
2. Die gemmerbroodmannetjie
3. Die goue gans
4. Die drie rammetjies rof
5. Rooikappie
6. Die paddaprins


ISBN: 0
Kategorie:  luister

Anna Emm Productions

Eendag was daar ‘n storie CD 2
Anna Emm - Verteller: Deon Lotz

‘n versameling ou bekende stories – afgestof en oorvertel in kindervriendelike Anna Emm-styl, en voorgelees deur Deon Lotz.

Snitte:
1. Gouelokkies en die drie bere
2. Die musikante van Bremen
3. Die koning se nuwe klere
4. Die prinses en die ertjie
5. Die ses diensknegte
6. Die gestewelde kat


ISBN: 0
Kategorie:  luister

Anna Emm Productions

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000