Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

`n Goeie dag vir boomklim
Jaco Jacobs -

Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Maar toe `n meisie genaamd Leila hom een oggend vra om `n petisie teken, is dit die begin van `n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in `n boom in `n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. En uiteindelik kry Marnus `n kans om raakgesien te word.

ISBN: 9780799377392-029
Kategorie:  avontuur

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Trompie: Omnibus 4
Topsy Smith -

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Trompie samel geld in vir `n bedlêende seun, Trompie word verkies as junior leerderraadslid en die rugbyseisoen begin - wat beteken dat Trompie en sy maats se lewe net om een ding draai.

ISBN: 9780798171687
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.takealot.com

Wat `n ramp! Doktor De Goede en die hipno-zirts
R. McGeddon -

`n Mal wetenskaplike werk aan `n nare plan om die w?reld oor te neem met sy tuisgemaakte breinspoel-toestel! Is Sam, Arty en Emmie dapper genoeg om weer die dorp te red?

ISBN: 9780799366600
Kategorie:  avontuur

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Wat `n ramp: Nag van die vlieende piering
R. McGeddon -

Henk, Devon en Emmie het nog skaars herstel van hul vorige avontuur en nou word hul slaperige dorpie deur ruimtewesens oorgeneem! Kan Henk, Devon en Emmie `n plan maak om die dorp te red. Jip, al weer.

ISBN: 9780799366594
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Saartjie: Omnibus 4
Bettie Naude -

In hierdie omnibus, wat nog drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, gaan Saartjie en Galpil `n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke, Saartjie besluit dat die Drie Muskiete `n kliek moet vorm, die groepie vriendinne re�l `n hipnose-konsert en Saartjie kry `n k�rel. Saartjie het `n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

ISBN: 9780798170376
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.takealot.com

Saartjie Omnibus 3
Bettie Naude -

In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg. Saartjie het �n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

ISBN: 9780798166799
Kategorie:  avontuur

NB uitgewers

Bestel by 
http

Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek krimp
Elizabeth Wasserman -

Die derde avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deeurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op `n ontdekkingstog gaan.
In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp....
Toe is hulle met Oupa se duikboot diep onder die Suid-Atlantiese oseaan in, om `n reuse-eier terug te neem na waar dit gevind is. In hierdie boek wys Oupa Dinges hulle sy nuutste uitvinding: `n laserstraal wat `n enkele koringkorrel eensklaps so groot kan laat groei dat `n mens `n hele brood daarvan kan bak. Maar dinge loop skeef en twee van hulle begin krimp...

ISBN: 9780624068365
Kategorie:  avontuur

NB uitgewers

Bestel by 
www.nb.co.za

Nina en die funky eksperiment
Elizbe van der Colf - Chris Venter

Dis die laaste kwartaal en Nina en haar beste vriendin Jessie kan nie wag vir Laerskool Tierkop se kleure-atletiek-byeenkoms nie. Nina is vasbeslote om beter te doen in hoogspring as die vorige jaar. Maar daar is `n nuwe meisie in hulle graad - Mirkia Zitscky. Sy is beter in hoogspring as wat Nina ooit sal wees! Toe Nina se pa hulle neem om die nuwe koeldrankfabriek op die dorp te gaan besoek, besef die uitgeslape twee vriendinne iets is nie pluis met W&Z Beperk se sogenaamde ?energiedrankie? nie. Waarom wil die maatskappy so graag he dat die drankie by die skool se atletiekbyeenkoms bekendgestel moet word? Is dit dieselfde koeldrank wat Mirkia heeltyd drink? Dis tyd om die pet op Nina-hulle se solder te gebruik om hulle met hul speurwerk te help . . .

ISBN: 9780624068846
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bestel by 
www.takealot.com

Trompie Omnibus 3
Topsy Smith -

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

ISBN: 9780798166829
Kategorie:  avontuur

NB uitgewers

Bestel by 
http

Trompie Omnibus 2
Topsy Smith -

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit!

In Trompie die hoërskoolseun maak die Boksombende ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop.

In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom.

In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader?

Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!


ISBN: 9780798163965
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Ratels
Leon van Nierop -

Ratels is `n somerskool op `n wildsplaas waar `n groep jongmense, uit alle lae van die samelewing, bymekaarkom om oor hulself, die lewe en die natuur te leer. Dit raak aan alledaagse dinge soos korrupsie, dwelms, dobbelary, verhoudings, stropery en die algemene agteruitgang van die natuur.

Lekker lewendige relevante jongmens-denke en -taal. Dit is gebaseer op die super-gewilde reeks op RSG met die dieselfde naam, met baie humor, drama en interessante verwikkelinge.

ISBN: 9780798159944
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Bastian Blom en die gillende geraamte
Jaco Jacobs -

Bastian is al gewoond aan vreemde besoekers in sy pa se antiekwinkel. Maar dis die eerste keer dat `n geraamte by die winkel kom inloer. Wie is die geheimsinnige Max Beekman wat laatnag in die winkel opdaag? En waarom speel hy sulke treurige liedjies op sy saksofoon? In sy nuutste avontuur moet Bastian `n beenafgeraamte help om die meisie van sy drome, die pragtige Patella du Preez, se hart te wen!

ISBN: 9780799355093
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Bastian Blom en die pratende portret
Jaco Jacobs -

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank `n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

· valstande

· ou brille

· posseëls met vlermuise op (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)

· skilderye van katte (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)

· porselein-uile

· en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!



ISBN: 9780799355086
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Anna Atoom en die digitale draak
Elizabeth Wasserman -

10-12 jaar. In dié derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magna van die aarde (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter? Niemand anders as Uranus Draak nie! Hierdie reeks is ’n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ’n sterk “groen” boodskap. Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met ’n heerlike sin vir humor.


ISBN: 9780624054900
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Anna Atoom en die magnetiese meermin
Elizabeth Wasserman -

In hierdie tweede titel in die reeks probeer Admiraal Atoom se agterbakse kollega, Uranus Draak, die Aarde se magnetiese pole skuif in `n poging om die yskappe van smelting te red. Maar is dit regtig wat hy beplan, of probeer hy steeds om die probleem van oorbevolking met die grootskaalse uitwissing van mense op te los? erdie verhaal is `n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en `n sterk "groen" boodskap. Anna Atoom se ouers is wereldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wereld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met `n heerlike sin vir humor. Hierdie is die tyweede in `n reeks van drie boeke.


ISBN: 9780624054887
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000