Oondvars baba
Boeke vir die heel kleintjies

Baba se ratelboekie: Muis
Konsep: Jeremy Child -

Kom vind uit waarvoor Muis haar stert alles kan gebruik in hierdie raserige ratelboekie! Skud vir Hondjie om te hoor hoe die klokkie rammel en ratel. Net die regte grootte vir klein handjies.
Daar is vier boeke in die reeks.

ISBN: 9780798162982
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My eerste telboek
Stephen Barker -

Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om jong kinders te stimuleer en te help ontwikkel. Die kleurvolle illustrasies en eenvoudige woorde sal sorg dat peuters en kleuters hierdie eerste kennismaking met syfers geniet!

ISBN: 9780798159890
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Koekeloer: Wilde diere
Vertaler: Jaco Jacobs -

Lig die flappies en kyk hoe die diere verander! Met ’n glinsterende einde!

Ook in reeks: Koekeloer: Onder die see

ISBN: 9780799358179
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Dis lekker op die plaas
Igloo Books -

Sing "Oom Klasie het `n plaas" saam met die diere op die plaas! Kom kuier by oom Klasie op die plaas en druk raserige klankknoppies om by die dieregeluide te pas.

ISBN: 9780799358698
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Eerste diere
Vertaler: Jaco Jacobs -

Danie is `n seuntjie met hope dierevriende wat regoor die wêreld bly. Kuier saam met Danie by hulle! Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan diere bekend te stel. Kyk na die diere wat op die linkerbladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om die diere op die groot prentjie aan die regterkant te soek. Hope glinsterende pret!

ISBN: 9780799358605
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Eerste syfers
Vertaler: Jaco Jacobs -

Vertrek saam met Fanie Vark op `n fantastiese reis, van hoog in die lug tot diep onder die see! Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan syfers bekend te stel. Kyk na die voorwerpe wat op die linkerkantste bladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om te tel hoeveel keer dit op die groot prentjie aan die regterkant verskyn. Hope glinsterende pret!

ISBN: 9780799358629
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Eerste woorde
Vertaler: Jaco Jacobs -

Bennie Beer het `n besige dag. Gaan loer saam met hom in by die winkel, die swembad en die skool. Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan woorde bekend te stel. Kyk na die voorwerpe wat op die linkerbladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om die voorwerpe op die regterkantste bladsy te soek. Hope glinsterende pret!

ISBN: 9780799358612
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Koekeloer: Onder die see
Vertaler: Jaco Jacobs -

Lig die flappies en kyk hoe die seediere groei! Met ’n glinsterende einde!

Ook in reeks: Koekeloer: Wilde diere

ISBN: 9780799358186
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Waar is Baba?
Brenda Apsley -

Geniet die prettige, leersame aktiwiteite en trek die prentebladsye uit om te sien waar die babadiere wegkruip.

Watter diere woon in die see? Watter diere het kolle? Hoeveel hondjies tel jy? Kom kyk hoe oulik is al die mamma- en baba-diere!

ISBN: 9780798159494
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Waar is Mamma?
Brenda Apsley -

Geniet die prettige, leersame aktiwiteite en trek die prentebladsye uit om te sien waar die babadiere wegkruip.

Watter diere woon in die see? Watter diere het kolle? Hoeveel hondjies tel jy? Kom kyk hoe oulik is al die mamma- en baba-diere!

ISBN: 9780798159487
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Babadiere
Marie Greenwood -

"Maak kennis met jou gunsteling-dierebabas. Het jy al ooit met ’n leeuwelpie gespeel? Of ’n babakrokodil van naby gesien? In hierdie fantastiese boek kan jy jou gunsteling-babadiere ontmoet – lewensgroot!

Van oulike katjies tot spelerige hondjies tot baba-sjimpansees en grootoog-uiltjies – watter in jou gunstelinge? ’n Fassinerende bekendstelling aan babadiere – groot en klein.Treffende foto’s wys hoe groot babadiere werklik is. Uitvou bladsye wys groter diere se ware grootte.

ISBN: 9780799358636
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Eerste 100 diere
Geen -

Help jou kind om die eerste tree te gee om taal aan te leer met hierdie 100 eerste woorde en prente van diere.

ISBN: 9780799359015
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Eerste 100 woorde
Geen -

Help jou kind om die eerste tree te gee om taal aan te leer met hierdie 100 belangrike eerste woorde en prente.

ISBN: 9780799359022
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Trek en ontdek: In die woud
Vertaal: Jaco Jacobs -

Loer deur die venstertjies en soek al die strepe en kolle in die woud! Ontdek verskillende patrone op elke bladsy – en trek die skuiwer vir ’n versteekte verrassing!

ISBN: 9780799359046
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Trek en ontdek: Op die plaas
Vertaal: Jaco Jacobs -

Loer deur die venstertjies en ontdek ’n plaaswerf vol helder kleure. Leer ken verskillende kleure op elke bladsy – en trek die skuiwer vir ’n versteekte verrassing!

ISBN: 9780799359053
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000