Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

Speurhond Willem in die ruimte
Elizabeth Wasserman -

Na hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle dié keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie!



ISBN: 9780624053583
Kategorie:  avontuur

Kompetisie nr: 5

Vraag: Waarheen gaan Willem en Adriaan?

Sluitingsdatum: 2012-03-01

Beantwoord vraag: Klik Hier

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Anna Atoom en die seerower se dolk
Elizabeth Wasserman -

Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes, wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Die twaalfjarige Anna ontdek tydens haar middagswem ’n seerowerdolk en is vasberade om die gesonke seerowerskip die Chivonne, met al haar skatte, op te spoor. Hierdie verhaal is ’n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, die ou gunstelingtema van seerowers, wetenskap, die uitgestorwe dodo, die seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en les bes ’n baie sterk "groen" boodskap. Vir ouderdomme 8-12 jaar.

ISBN: 9780624053323
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Woestyngevangene
Andrea Abbott -

Vir ouderdomme 13-16 jaar. Wat sal jy doen as jy alleen in die woestyn gelos word? Sal jy op een plek bly in die hoop dat `n soekgeselskap jou uiteindelik sal vind? Of sal jy op jou eie die pad uit probeer kry? Dis die twaalfjarige Leo Knight se dilemma toe hy per ongeluk in die Namib Woestyn agtergelaat word deur die studente wat saam met hom op `n sterrekyk-ekspedisie is. Maar geen hulp daag op nie, net `n rondloperhond, wat asof uit die niet verskyn. So begin `n tog wat Leo se deursettingsvermoe tot die uiterste sal toets en waarvoor hy elke laaste greintjie fisiese en geestelike krag sal moet gebruik. Op hulle pad is daar meer gevaar as wat hy ooit kon droom, en hulle kanse op oorlewing lyk al hoe skraler ...

ISBN: 9780624052913
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Spookskip
Antoinette Diedericks - Astrid Castle

Tweelingbroers Christo en Andre ontdek `n glasbotteltjie in `n winkeltjie vol seevaartaandenkings in Houtbaai. Die eienaardige rooi gloed en die vreemde klomp syfers wat een nag uit die botteltjie stroom verander hulle ietwat vervelige vakansie by ouma en oupa eensklaps in `n opwindende avontuur!

ISBN: 9780624052845
Kategorie:  avontuur

Tafelberg Publishers Ltd

Bestel by 
www.kalahari.com

Projek Boontjierank
Maritha Snyman - Elsabe Milandri

Daar is ’n diefstal in Ninapark! Iemand steel ’n baie kosbare armband uit die antiekwinkel. ’n Groot beloning word uitgeloof vir enige iemand wat kan help om die dief op te spoor en die armband terug te kry. Angelette, Soekie en Toni besluit om die raaisel te probeer oplos en die dief vas te trek. Maar dis glad nie so maklik nie ... en in die proses vind hulle meer geheime uit as waarop hulle gereken het ... Die tweede boek in `n reeks humoristiese stories oor drie maats se avonture in `n winkelsentrum.

ISBN: 978 0 7993 4750 0
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die skat van Carlos da Costa
Rudi Venter -

Dit is vakansie en Lucas pas die bure se huise en troeteldiere op vir sakgeld. Hy moet met sy motorfiets ry om by al die plekke uit te kom, en so kom hy eendag op die bure se vermoorde kat af, en ’n vreemde foto in die verkeerde posbus. Hy kom dan agter iemand agtervolg hom en wil hom op sy motorfiets omry. So begin sy en sy vriende, Barries en Ben, se speurtog wanneer hulle stadig maar seker leidrade kry, wat uiteidelik reguit lei na die ou huis van oorlede Carlos da Costa. ’n Lekker vinnigbewegende spanningsverhaal vir jong lesers

ISBN: 9780798151313
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die raaisel van die SS Waratah
Marilyn Honikman - Brice Reignier

Gebaseer op die ware misterieuse verdwyning van ‘n 500-voet passasierskip aan die kus van Afrika in 1909. Die skrywer het ‘n aksiebelaaide verhaal rondom dié werklike gebeure geskryf, waarin hedendaagse kinders hul eie speurwerk oor die Waratah doen.


ISBN: 9780624048183
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Oorleef
Martie Kruger -

’n Oorlewingskamp in die berge is nie juis jou idee van pret nie. Maar jy is gekies om jou skool te verteenwoordig, en wie weet … dalk wen jy nog die groot prys waaroor die kampleier so geheimsinnig is. Jy sal egter nie net al die avontuurbelaaide uitdagings moet oorleef nie – jy sal ook jou vriende (en jou vyande) baie versigtig moet kies. Sien jy kans vir al die aksie? Hierdie boek is anders as ander boeke, want jy is die hoofkarakter in die storie en jy kan kies wat jy wil doen. Maar wees versigtig! Want as jy keuses maak, moet jy ook die gevolge van jou keuses hanteer …

ISBN: 978 0 7993 4658 9
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Dieter en Madame Zenobia
Nelia Engelbrecht -

Dieter en Krynauw, twee graadsewes, beland in die kloue van Madame Zenobia, toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool – hulle is veral bekommerd oor die rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanile en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp. Uiteindelik slaag hulle tog daarin om die probleem op te los, maar nie voordat hulle angswekkende oomblikke beleef en amper vir Sydney, Dieter se babaskilpadjie, moet opoffer nie. Lekker skerp dialoog, humor en spanning.

ISBN: 9780798151016
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Sonja Serfontein en die Groot Kaas
Saskia Kuscke -

Sonja Serfontein is dertien. Maar sy is nie ’n gewone dertienjarige nie. Sonja het spesiale kragte. Sy kan ’n honderd keer haar eie gewig optel, haar ore is so skerp dat sy ’n naald kan hoor val ... o ja, en sy kan vlieg. Maar ongelukkig is Sonja (alias X) nie die enigste superheld in die stad nie ... Die irriterende superheld Wolf steel aanmekaar haar kollig. Die Groot Kaas, `n boosaardige booswig, smee nare planne om die president, te ontvoer. Kan Sonja en Wolf lank genoeg ophou stry om die wêreld (en die president) te red?

ISBN: 978 0 7993 4505 6
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bessie Hemelbesem en die ekspedisie na Daërdoer
Janie Oosthuysen -

’n Gewurgde kreet. Dit is waarmee Bessie se nuutste avontuur afskop. Het iemand dalk probeer om tant Potjierol te verwurg? En wie op aarde het al Pietersielie die seekoei se seldery gesteel? Bessie kan nie wag om haar speurvernuf te toets en ondersoek in te stel nie. Dit lyk sowaar of iemand probeer keer dat tant Potjierol en Pietersielie aan die Ek-en-my-troeteldier-kompetisie in Daërdoer deelneem ...

ISBN: 978 0 7993 4454 7
Kategorie:  avontuur

LAPA

Kaptein Hamerkophaai
Fanie Viljoen - Fanie Viljoen

Al ooit gewonder wat sal gebeur as jy die domste vraag waaraan jy kan dink in die klas vra? Zelda, die boelie in Devon se klas, het hom uitgedaag om dit te doen en die volgende oomblik het Kaptein Hamerkophaai – seerower, sakkeroller, stranddief, vrybuiter, bedrieër en plunderaar van formaat – sy verskyning gemaak! Hy is saam met Devon huis toe, en het die volgende dag by die skool vir groot chaos gesorg, veral toe sy aartsvyand, Kwartiermeester Tierhaai, en sy trawante ook opdaag.
Hierdie verhaal het as vervolgverhaal op Die Burger se kinderblad, KleinB, verskyn. Tydens die 10-week lange tydperk het kinders en hul onderwysers entoesiasties saamgelees. Dit is ook ondersteun deur klasaktiwiteite en selfs klankgrepe op die koerant se webblad.


ISBN: 9780624045441
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Len en Ben en die groot seerowerredding
Helen Brain - Vian Oelofsen

Die skreeusnaakse avonture van twee seerower-knape, Len en Ben, wat ontsnap van `n vreeslike lot, nl. dood deur verdrinking. Hulle word deur die bose Kaptein Bumshott van die seerowerskip Die Squirty Squid afgegooi, maar gered deur die wonderbaarlikste kreature – wat hulle ook uiteindelik uit die kake van die Vieslike vet gespikkelde aartappelvis en die kloue van die tiranieke mevrou Tira Niekel red. Dit is ’n storie waarvan seuns en meisies sal hou, jonger of ouer. Dit is propvol krakerige goed waarvan lesers van hierdie ouderdom hou. Vian Oelofsen se illustrasies is humoristies en vul die teks uitstekend aan.

ISBN: 9780798150262
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Spore in die Arep
Marie Reyneke -

Sommer van die begin af gebeur snaakse dinge op die plaas Arep, in die Klein Karasberge, war es jongmense vir die vakansie kamp.Uschi von Kritsner, `n Duitse meisie, gaan met behulp van haar e-posvriend, Wessel de Lange, na Namibië om na die graf van haar oupagrootjie, wat in die Duits-Nama oorlog op Arep gesneuwel het, te soek. Jurgen die plaaseienaar se seun, het sy hande vol om almal tevrede te hou, en Lukas, Namakleinseun van oorlede Frik Visioen wat vir jare op die plaas gewerk het, is besig om almal vir die gek te hou- of dra hy `n lastige geheim met hom saam? Toe die Arep uiteindelik sy geheime prysgee, is dit veel anders as waarop hulle gereken het.

ISBN: 9780798150675
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Spore in die Arep
Marie Reyneke -

Sommer van die begin af gebeur snaakse dinge op die plaas Arep, in die Klein Karasberge, war es jongmense vir die vakansie kamp.Uschi von Kritsner, `n Duitse meisie, gaan met behulp van haar e-posvriend, Wessel de Lange, na Namibië om na die graf van haar oupagrootjie, wat in die Duits-Nama oorlog op Arep gesneuwel het, te soek. Jurgen die plaaseienaar se seun, het sy hande vol om almal tevrede te hou, en Lukas, Namakleinseun van oorlede Frik Visioen wat vir jare op die plaas gewerk het, is besig om almal vir die gek te hou- of dra hy `n lastige geheim met hom saam? Toe die Arep uiteindelik sy geheime prysgee, is dit veel anders as waarop hulle gereken het.

ISBN: 9780798150675
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000