Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

Trompie die hanswors
Topsy Smith -

Trompie kan goed stemme naboots en hy besluit om die Boksombende ’n poets te bak deur hulle te bel en te maak asof hy hulle kwaai wetenskaponderwyser is. Trompie-hulle besluit om hulle toneeltalente uit te leef as die “Vier Mal Hansworse” en as daar ’n wêreldberoemde sirkus na die dorp kom, doen hulle hul bes om die sirkusbaas te beïndruk.

ISBN: 9780798147743
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se sirkus
Bettie Naude -

Saartjie is op haar stukke: sy kry dit reg dat haar klas die dag in die son kan sit toe sy hulle juffrou oortuig dat die klaskamer stink en sy trek arme Anna `n lelike streep. Die wereldberoemde Bert Lancer-sirkus is in Lynnekom en hulle soek `n jong klavierspeler – Saartjie.

ISBN: 9780798147897
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Seesand, sonbrille en smokkelaars
Nerine Ahlers & Alet Steenkamp -

Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie – iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ...


ISBN: 978 0 7993 4353 3
Kategorie:  avontuur

LAPA

Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals
Fanie Viljoen -

Klits Kronkel, Blitz, juffrou Splinter, Horrelpyp en Pekel is terug! Die ou gryse, Horrelpyp, verdwyn, en Klits moet hom opspoor. Klits Kronkel, Blitz, juffrou Splinter, Horrelpyp en Pekel is terug! Die ou gryse, Horrelpyp, verdwyn, en Klits moet hom opspoor. `n Geheimsinnige teken verskyn telkemale, en dit lei uiteindelik na die Swart Jakkals, volgens oorlewering `n legende wat ontstaan het op die dorpie Floetervoet – maar is dit werklik net `n legende? Toe dertig kinders uiteindelik uit Floetervoet verdwyn, raak sake ernstig. In sy finale geveg teen die Swart Jakkals moet Klits sy eie vrese konfronteer voordat die vrede herstel kan word.

ISBN: 9780624046547
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se verjaarsdag
Bettie Naudé -

`n Dogtertjie met polio, Clara, kuier op Lynnekom. Sy het soveel karakter en gees dat sy almal betower en gou kruip sy diep in Saartjie-hulle se harte. Wat gebeur op die vooraand van Saartjie se sestiende verjaarsdag?

ISBN: 9780798147743
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Saartjie se dagboek
Bettie Naude -

Saartjie het ekstra geld nodig en besluit sy en haar vriendinne moet hul eie tydskrif begin. Sy beplan om sommer self die meeste van die skryfwerk doen, want sy kry mos gewoonlik omtrent volpunte vir haar opstelle. Die rabbedoe se boetie skop ’n rugbybal by ’n kwaai oom se erf in en sy moet dit gaan haal voor die oubaas die bal in repies opsny. Sy ontmoet twee oumense wat met ’n hartseer geheim saamlewe en besluit op die daad sy gaan iets doen om hulle te help. Intussen moet sy egter ook nog kophou wanneer twee seuns gelyktydig beenaf op haar raak! Saans voordat sy gaan slaap, skryf ons heldin in haar nuwe dagboek oor wat alles gedurende die dag met haar gebeur het. Hierdie gewoonte help haar uiteindelik om groot geluk in ander se lewens te bring.

ISBN: 9780798147842
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Thomas@aksie.net
Carina Diedericks-Hugo -

Almal is opgewonde oor Thomas se kans om `n sepiester te wees. Hy het immers `n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy medester is die aantreklike Fleur Vermaak. Maar Thomas wonder hoe op aarde hy sy plek in die rugbyspan gaan behou, met Billy Fourie wat na hulle skool toe kom. En hy en Alex kry deesdae skaars tyd om te gesels. Boonop begin allerlei vreemde dinge gebeur ... Iemand gooi `n baksteen deur Thomas-hulle se glas-skuifdeur. Die boodskap wat om die baksteen gedraai is, voorspel niks goed nie: BLY WEG VAN MALANS VAN MARTHAHEIM. JY`T NIKS DAAR VERLOOR NIE. En Thomas is seker hy het iemand by die grillerige TV-ateljee sien rondsluip ... `n donker figuur met `n jas ...

ISBN: 9780799340921
Kategorie:  avontuur

LAPA

Voelers
Jaco Jacobs -

My hart klop in my keel. Dit voel of ek in ’n nagmerrie beland het. Ek kan amper nie kyk na die twee goed wat by my baadjie se moue uitsteek nie. Ek lig my twee goggapote op. Hulle klik-klik voor my oë. Marnus is mal oor goggas. Krieke, spinnekoppe, slakke – hoe grilleriger, hoe beter. Elke Vrydagmiddag werk hy en Denzil in Dok Brummer se laboratorium vir ekstra sakgeld. Maar een middag gebeur daar ’n ongeluk, en kort voor lank begin vreemde dinge met Marnus gebeur. Is hy regtig besig om in ’n gogga te verander …?

ISBN: 9780799340969
Kategorie:  avontuur

LAPA Uitgewers

Balletklas: Dansmaats
Licia Erasmus -

Ballet is deesdae aaklig! Dit voel vir Jana of sy nooit gaan maats maak in haar nuwe balletklas nie. Veral nie as dit van kliekerige, katterige Katja afhang nie. Dan ontmoet Jana `n nuwe dansmaat. Sal hy sy man kan staan teen Katja? En sal enige iemand Jana glo as sy vertel van die sluiper wat sy onder die verhoog gesien het?

ISBN: ISBN: 978 0 7993 4135 5
Kategorie:  avontuur

LAPA Uitgewers

Balletklas: Towerskoene
Licia Erasmus -

Jana kan nie meer wag vir die beroemde prima ballerina wat hulle balletskool gaan besoek nie. Sy kom soek jong dansers om saam met `n Russiese balletgeselskap in Die Neutekraker te dans. Sal Jana die rol van Clara kan losdans? Maar dan verdwyn haar spesiale gelukbringer-piontes spoorloos. Het katterige Katja wéér iets daarmee te doen? Dan ontdek Jana die skelmstreke is baie groter as wat sy gedink het.

ISBN: ISBN: 978 0 7993 4136 2
Kategorie:  avontuur

LAPA Uitgewers

Jock van die Bosveld
Sir Percy FitzPatric -

Die verhaal van Sir Percy Fitzpatrick se ondervindinge as jong prospekteerder en transportryer in die Oos-Transvaalse Laeveld van die tagtigerjare. Die hoofkarakter is egter nie die skrywer self nie, maar wel sy getroue hond, Jock.

Jock van die Bosveld is een van die min Suid-Afrikaanse boeke wat as werklik klassiek bestempel kan word. Dit is die verhaal van Sir Percy Fitzpatrick se ondervindinge as jong prospekteerder en transportryer in die Oos-Transvaalse Laeveld van die tagtigerjare. Die hoofkarakter is egter nie die skrywer self nie, maar wel sy getroue hond, Jock, saam met wie hy spannende jag- en ander avonture beleef. Die meeste van die gebeurtenisse het die skrywer oorspronklik aan sy kinders vertel – hulle het egter net geluister “as dit waar was”. Dit is juis vanweë hierdie egtheid en die lewendige styl dat Jock van die Bosveld vandag nog deur oud en jonk in Suid-Afrika as een van hul geliefkoosde boeke beskou word.

ISBN: 9780798147521
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se gevaar
Bettie Naudé -

Saartjie lees ’n liefdesroman oor twee mense wat op skool al verlief geraak het en jare later getroud is nadat die meisie ’n beroemde filmster geword het. Lynnekom se rabbedoe begin droom oor so ’n groot liefde en wonder wat Galpil sal doen as sy sê sy het gevoelens vir hom. Sal hy hom soos ’n ware heer begin gedra en ophou om almal “ou perd” en “pêrre” te noem? Sal hy vir mense sê hulle moet hom op sy regte naam noem? Intussen wil Saartjie graag vir haar ma ’n spesiale verjaardagpresent koop. Sy het egter nie genoeg geld nie en leen ’n hele paar rand by haar boetie Apie. Hy is nie van plan om haar van hierdie groot guns te laat vergeet nie en sy wonder later wat haar besiel het om met hom besigheid te doen. Laat een aand sien ons heldin uit haar slaapkamer se venster hoe ’n vreemde motor stadig al om en om Lynnekom se bank ry. Sy besluit om te gaan ondersoek instel en kort voor lank is sy betrokke in ’n avontuur wat lewensgevaarlik kan wees. Is daar iewers ’n ware held wat haar sal kom red of moet sy op eie houtjie met die skurke probeer afreken?

ISBN: 9780798147859
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Trompie die waaghals
Topsy Smith -

Die Boksombende is nie lus om die kort vakansie op Kwaggaberg deur te bring nie. Hulle wil vir `n verandering see toe gaan of op `n plaas gaan kuier, maar die kanse vir so `n wegkomkans is skraal. Of is dit?

ISBN: 9780798147712
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die spinnekopspeletjie
Christie Nortjé -

Die speletjie se naam is Rebel. Die man by die speletjiewinkel sê dis die speletjie van alle speletjies. Daar is ’n vampier-spinnekop, aaklige monsters en hope aksie. Hanno en Ian kan nie wag dit te speel nie! Maar iets is fout ... Vreemde dinge begin skielik by die skool gebeur. Presies dieselfde dinge wat in die speletjie gebeur ... ’n Lekker grillerige avontuurverhaal propvol aksie wat lesers tussen 9 en 12 jaar sal laat naels kou! Spinnekopspeletjie is aangewys as die wenverhaal in die ATKV/Antwerpen-kinderverhaalwedstryd vir 2007. Dit is Christie Nortjé se debuut.

ISBN: 978 0 7993 4253 6
Kategorie:  avontuur

LAPA

Formule Drie, Twee, Een!
Franci Greyling - Vian Oelofsen

Dis skoolvakansie en die kinders is vreeslik verveeld. Daar is geen TV, radio of rekenaars nie. Dan kry iemand `n blink idee: wat van `n resies? `n Wedren op wiele!

ISBN: 9780624042457
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000