Oondvars baba
Boeke vir die heel kleintjies

Waar is my mamma? Wilde diere
Simone Hough -

Perfek vir die ouderdomsgroep 2 tot 4 jaar.

Kinders sal dit geniet om hierdie oulike boekie se prentewiele te draai om uit te vind watter mamma-dier by die baba-leeutjie, die baba-beertjie, die robwelpie en ’n klomp ander oulike dierebabas pas.

Hierdie boek is propvol mooi prente wat kinders op ’n prettige manier meer van diere leer.



ISBN: 9780798155014
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Waar is my mamma? Plaasdiere
Simone Hough -

Perfek vir die ouderdomsgroep 2 tot 4 jaar.

Kinders sal dit geniet om hierdie oulike boekie se prentewiele te draai om uit te vind watter mamma-dier by die kalfie, die lammetjie, die kuiken en ’n klomp ander oulike baba-plaasdiere pas.

Hierdie boek is propvol mooi prente wat kinders op ’n prettige manier meer van diere leer.



ISBN: 9780798155021
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Babageluide: Soen
Jaco Jacobs - Jane Massey

Babas soen graag die dinge waarvan hulle hou – van Hasie se lang, slap ore tot Lorrie se ronde wiele. Druk op elke bladsy die knoppie en luister hoe die baba soen. Help jou baba om die knoppie te druk. Deel in die vreugde van eerste geluide maak. Laat jou baba die stewige bladsye blaai.



ISBN: 978 0 7993 4967 2
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Babageluide: Giggel
Jaco Jacobs - Jane Massey

Wat laat babas giggel? Morsige etenstye, blokkies wat rondgegooi word, en nog meer. Druk op elke bladsy die knoppie en luister hoe die baba giggel. Help jou baba om die knoppie te druk. Deel in die vreugde van eerste geluide maak. Laat jou baba die stewige bladsye blaai.



ISBN: 978 0 7993 4968 9
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Wat eet jy?
Melanie Mitchell -

Vind meer uit oor diere en hul blyplekke in hierdie prettige, sterk kartonboek. Perfek vir klein handjies.

Twee boeke in die reeks:
- Wat eet jy?
-Waar bly jy?

ISBN: 978 0 7993 4753 1
Kategorie:  baba

Kompetisie nr: 2

Vraag:

Sluitingsdatum: 2011-04-02

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Proppie prentjies: Rits rond
Brenda Apsley - Craig Cameron

Kartonboek met 5 drukknopieprentjies. Kom speel en rits rond saam met allerhande voertuie! Wie bestuur die trok? Wie vlieg die vliegtuig? Jy kan besluit! Prop die drukknopie-prentjies van die karaktertjies in by al die tonele, prop hulle dan uit en speel


ISBN: 9780798152884
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Kleure
Brenda Apsley -

Rooi, geel, blou, groen, oranje, pienk, bruin en pers! Vou die flappies in hierdie titel oop en leer alles van kleure. Wat is alles rooi? Kan jy soos `n groot bruin beer grom? Het jy geweet `n blou ruspe word . . . `n pragtige blou skoenlapper? Watter kleur is `n herfsblaar? Dis groot pret om die kleurvolle flappies oop te vou en al die antwoorde te vind!


ISBN: 9780798151962
Kategorie:  baba

Kompetisie nr: 1

Vraag:

Sluitingsdatum: 2011-03-05

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My Bybel-badboekies: Die verlore skapie
Jan Ivens - Fiona Hayes

`n Geliefde Bybelverhaal om saam te neem bad toe! Lees die storie van die goeie herder en die verlore skapie, terwyl daar heerlik in die water baljaar word. Elke boekie is verpak in ‘n plastieksakkie met ‘n gevoude karton-bostuk.


ISBN: 9780798151948
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Lees en Leer: woorde
Afrikaans: Simone Hough -

Hierdie title bevat mooi, duidelike prente en eenvoudige woorde oor objekte en dinge wat ons in die alledaagse lewe teekom en gebruik. Hierdie title sal kinders van 1 jaar en ouer help om hul woordeskat uit te brei en die uitspraak van woorde te oefen.


ISBN: 9780798151771
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Plaasdiere
Afrikaans: Simone Hough -

Op die plaas is daar baie om te sien: `n koei met `n swart kolle, lammetjies wat speel en `n haan wat op een poot kan staan! In hierdie kartonboekie met illustrasies en foto`s word plaasdiere herkenbaar voorgestel. Hierdie is `n titel vir kinders van 18 m


ISBN: 9780798151924
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Lees en Leer: diere
Afrikaans: Simone Hough -

Hierdie title oor diere bevat mooi, duidelike prente en eenvoudige woorde wat kinders van 1 jaar en ouer help om hul woordeskat uit te brei en die uitspraak van woorde te oefen.


ISBN: 9780798151764
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Snoesige diere
Afrikaans: Simone Hough -

Die diere in hierdie boekie is sag en snoesig: `n katjie met `n bolletjie wol, `n klein eendjie in die tuin en `n baie oulike hondjie! In hierdie kartonboekie met illustrasies en foto`s word sagte en oulike diere herkenbaar voorgestel. Hierdie is `n titel


ISBN: 9780798151917
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My Bybel-badboekies: Noag se ark
Jan Ivens - Fiona Hayes

`n Geliefde Bybelverhaal om saam te neem bad toe! Lees die storie van Noag en die ark, terwyl daar heerlik in die water baljaar word. Elke boekie is verpak in `n plastieksakkie met gevoude karton-bostuk.


ISBN: 9780798151955
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Koekeloer! Slaaptyd, Baba
Eleanor Taylor -

Loer agter die flappies en kyk hoe al die diere gereed maak om bed toe te gaan … en kry `n heerlike slaaptyd-verrassing! `n Prettige, stewige titel, perfek vir nuuskierige peuters. Met prettige flappies en `n koekeloerspieel.

TWEE BOEKE KAN GEWEN WORD.


ISBN: 9780799346114
Kategorie:  baba

LAPA

Leer van vorms saam met Wikus
Jan Ivens -

Kom leer van vorms saam met Wikus! Jonger kinders kan heerlik saam leer en speel deur die wiel aan die kant van die boek te draai om elke keer die regte vorms te soek en te vertoon in die driehoekige loergaatjie op die bladsye.

ISBN: 9780798150750
Kategorie:  baba

Kompetisie nr: 2

Vraag: Wat se dier dink jy is Wikus?

Sluitingsdatum: 2010-06-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000