Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

Trompie die waaghals
Topsy Smith -

Die Boksombende is nie lus om die kort vakansie op Kwaggaberg deur te bring nie. Hulle wil vir `n verandering see toe gaan of op `n plaas gaan kuier, maar die kanse vir so `n wegkomkans is skraal. Of is dit?

ISBN: 9780798147712
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die spinnekopspeletjie
Christie Nortjé -

Die speletjie se naam is Rebel. Die man by die speletjiewinkel sê dis die speletjie van alle speletjies. Daar is ’n vampier-spinnekop, aaklige monsters en hope aksie. Hanno en Ian kan nie wag dit te speel nie! Maar iets is fout ... Vreemde dinge begin skielik by die skool gebeur. Presies dieselfde dinge wat in die speletjie gebeur ... ’n Lekker grillerige avontuurverhaal propvol aksie wat lesers tussen 9 en 12 jaar sal laat naels kou! Spinnekopspeletjie is aangewys as die wenverhaal in die ATKV/Antwerpen-kinderverhaalwedstryd vir 2007. Dit is Christie Nortjé se debuut.

ISBN: 978 0 7993 4253 6
Kategorie:  avontuur

LAPA

Formule Drie, Twee, Een!
Franci Greyling - Vian Oelofsen

Dis skoolvakansie en die kinders is vreeslik verveeld. Daar is geen TV, radio of rekenaars nie. Dan kry iemand `n blink idee: wat van `n resies? `n Wedren op wiele!

ISBN: 9780624042457
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

SMSe, skurke en spinnekoppe
Nerine Alhlers & Alet Steenkamp -

Vier dae in `n bos... Dit is wat vir Lindie en die res van die graadneges voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin, is daar eers `n nare onderwyseres wat `n les geleer moet word. En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie gaan praat nie. `n Verskriklike ding gebeur egter op die kamp wat hulle gou van al hierdie probleme laat vergeet...

ISBN: 0 7993 3770 6
Kategorie:  avontuur

LAPA

Miserella
Fanie Viljoen -

Miserella en haar broer, Juvenis, bly in `n Gotiese kasteel by hul eksentrieke, dog ellendige tantes, Violenta en Laniolet. Én, natuurlik die dooie Mortallus. Of altans, hy is nie régtig dood nie, daarom hou hulle sy as in `n spesiale urn terwyl hy probeer om weer lewend te word. Hy het in as verander toe een van sy partytjie-toertjies lelik skeef geloop het. Maar hoekom word Miserella en Juvenis teen hulle sin in die kasteel aangehou en moet hulle so hard werk? En hoekom slaap hulle in die dag en is in die nag wakker? Watter geheime lê opgesluit in die Dier wat om die kasteel sluip en die snaakse misrook in die kasteel se gange? En wat gaan gebeur as hulle nare oom Mortallus eendag uit die as opstaan? Wie is Carlo, die jong man wat Miserella se hart vinniger laat klop?

Lees hierdie lekker tonekrul-Gotiese roman vol humor, spanning en romanse, en vind al die geheime uit.

ISBN: 9780798148955
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Duskant die doodlyn
Jaco Jacobs -

Duskant die doodlyn verskyn nou met ’n splinternuwe baadjie! Jong rugby-entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Werner en sy avonture. Werner en sy vriende lééf vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hulle aartsvyande ‘n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En hoekom lyk dit of iemand sy mes inhet vir Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner-hulle beland in groot gevaar…

ISBN: 978 0 7993 4000 6
Kategorie:  avontuur

LAPA Uitgewers

Gevaarlike lopies
Jaco Jacobs -

Krieketpret en Gevaarlike lopies het as een boek verskyn .. Gevaarlike lopies verskyn nou op sy eie met `n splinternuwe baadjie! Jong krieket entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Henk en sy avonture. Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie `n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in `n nagmerrie gaan ontaard?.

ISBN: 978 0 7993 4163 8
Kategorie:  avontuur

LAPA Uitgewers

Bestel by 

Trompie die rebel
Topsy Smit -

Trompie bring ’n brulpadda skool toe en sake ruk hand-uit wanneer ’n nuwe onderwyseres skoon flou val van skok. Gelukkig vir die sproetgesig is die skoolhoof nie op die oomblik in Kwaggaberg nie. Die Boksombende se Grootkaptein is jaloers wanneer Katrien, die meisie wat langs hom bly, ’n brief van ’n geheime bewonderaar in hul klas kry. Dit is nie lank voor Trompie uitvind wie so beenaf op haar is nie en dan gaan hy uit sy pad om die lewe vir dié kêrel moeilik te maak. Ons held besluit hy moet ’n nuwe blaadjie omslaan en ’n beter mens word. Sy bendelede is nie juis beïndruk met hierdie nuwe gier nie, maar Trompie doen sy bes om sy medemens te help. Hy hoor by ’n vriend wat in die koshuis is dat die kinders nie naastenby genoeg kos daar kry nie en ontferm hom dadelik oor hulle. Die daaropvolgende eetstaking wat Trompie reël, het verreikende gevolge!

ISBN: 9780798147729
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Oloff die Seerower 10: Aasvoëls van die See
Radloff, Gerrie - Van Heerden, Douw

“Oloff!” bulder hy, asof hierdie verskynings nou een keer te veel gebeur. “Oloff, hóé ...”

ISBN: 9781919765266
Kategorie:  avontuur

Fantasi

Oloff die Seerower 2: Die Seewraak
Radloff, Gerrie - Van Heerden, Douw

Skielik buk Oloff laag en storm onder Haak in.

ISBN: 9781919765044
Kategorie:  avontuur

Fantasi

Oloff die Seerower 3: Die Skuim van die See
Radloff, Gerrie - Van Heerden, Douw

Hy tref hom vol met sy swaard en dan skeur ’n pyn deur Oloff se skouer. Dit vererger toe hy probeer terugdeins en hy besef dat die seerower hom met die skerp staalhaak agter die skouer getref het ...

ISBN: 9781919765105
Kategorie:  avontuur

Fantasi

Oloff die Seerower 4: Kaptein Oloff
Radloff, Gerrie - Van Heerden, Douw

Skielik, sonder enige waarskuwing, skuif hy sy voet vorentoe en flits sy swaardpunt na Oloff se bors. Oloff beweeg nie. Net die spiere van sy regterarm trek styf. Dan kap hy met alle geweld van onder af teen die bewegende wapen ...

ISBN: 9781919765198
Kategorie:  avontuur

Fantasi

Oloff die Seerower 5: Die Verraaier
Radloff, Gerrie - Van Heerden, Douw

Onverwags ruk die swaardpunt op, maar Oloff swaai sy wapen onder die ander in sodat hy dit met ’n slag van onder af tref en die staallem rakelings oor sy skouer verbyglip ...

ISBN: 9781919765204
Kategorie:  avontuur

Fantasie

Oloff die Seerower 9: Die Spioen
Radloff, Gerrie - Van Heerden, Douw

Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees – Oloff die Seerower.

ISBN: 9781919765259
Kategorie:  avontuur

Fantasi

Geheime wapen
Joe Craig -

Wie is die geheimsinnige mans wat Henk agtervolg? Hoekom soek hulle hom? Wat steek sy ouers vir hom weg en wie kan hy vertrou? En hoekom kan hy skielik sulke ongelooflike cool goed doen? Henk Meyer is ’n seun met ’n geheim en selfs hy weet nie wat dit is nie. Maar wat dit ook al is, dit is ’n saak van lewe en dood.

ISBN: 9780799340013
Kategorie:  avontuur

LAPA Uitgewers

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000