Oondvars baba
Boeke vir die heel kleintjies

Otto se verjaardagballon
Eric Hill -

Otto neem vir sy ouma `n baie spesiale ballon vir haar verjaardag. Maar sal Otto die pragtige, pienk verjaardagballon kan terugvind wanneer die wind dit wegwaai? Vou hierdie opwindende titel se uitvoubladsye oop om uit die vind watter verrassings daaragter skuil!


ISBN: 9780798151757
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Syfers
Brenda Apsley -

Vou die flappies oop en leer alles van syfers! Leer om van 1 tot 10 te tel, hoe om die syfers te herken en hul name te se. Dit is groot pret om die flappies oop te vou en te sien watter kleurvolle verrassings daaragter wegkruip! Om te leer tel is so maklik soos 1, 2, 3!


ISBN: 9780798151979
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Voel en vat: Ek`s lief vir hondjies
a -

Met oulike prentjies en prettige rympies om hardop te lees, sal hierdie eerste voel-en-vat boek oor hondjies, kinders ure se plesier verskaf.


ISBN: 9780798151740
Kategorie:  baba

Human & Rouseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Voel en vat: Ek`s lief vir katjies
a -

Met oulike prentjies en prettige rympies om hardop te lees, sal hierdie eerste voel-en-vat boek oor hondjies, kinders ure se plesier verskaf.


ISBN: 9780798151733
Kategorie:  baba

Humand & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Koekeloer. Waar is jy, Baba?
Eleanor Taylor -

Loer agter die flappies en kyk hoe al die diere gereed maak om bed toe te gaan … en kry `n heerlike slaaptyd-verrassing! `n Prettige, stewige titel, perfek vir nuuskierige peuters. Met prettige flappies en `n koekeloerspieel.


ISBN: 9780799346107
Kategorie:  baba

LAPA

Otto se spesiale dag
Eric Hill - Eric Hill

Hierdie titel bevat twee klassieke Otto-verhale in een. In Otto slaap oor kan jy saam met Otto by Japie oorslaap en lekker saam speel. Jy kan ook Otto se partytjie bywoon in Otto se verjaardagpartyjie en saam met hom en sy maats wegkruipertjie speel!


ISBN: 9780798150590
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Otto se pretjaar
Eric Hill - Eric Hill

Hierdie titel bevat twee klassieke Otto-verhale in een. In Otto gaan skool toe kan jy saam met Otto en sy maats sing, op die speelgrond speel, leer om te spel, na ’n storie luister en ’n prentjie verf.


ISBN: 9780798150606
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Otto se uitstappie
Eric Hill -

Hierdie titel bevat twee klassieke Otto-verhale in een. In Otto se eerste uitstappie kan jy saam met Otto op `n avontuur gaan en kyk wat hy alles op sy uitstappie ontdek. Jy kan ook park toe gaan in Otto gaan park toe en saam met hom en sy maats pret hê.

ISBN: 9780798150583
Kategorie:  baba

Human en Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Ek’s lief vir die plaas
Emma Surry/ Hermoine Edwards -

In hierdie titel met sy prettige, rymende teks en pragtige foto`s maak kinders kennis met plaasdiere, masjinerie, kos en vele meer.

ISBN: 9780798149563
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Pret op die plaas
onbekend -

Twee boeke in een! Laat die tonele ooreenstem terwyl mamma hen en kuikentjie die dag saam deurbring in hierdie pragtige dubbelboek.



ISBN: 978 0 7993 4002 0
Kategorie:  baba

LAPA

Spat in die see
onbekend -

Twee boeke in een! Laat die tonele ooreenstem terwyl mamma hen en kuikentjie die dag saam deurbring in hierdie pragtige dubbelboek.



ISBN: 978 0 7993 4003 7
Kategorie:  baba

LAPA

Otto se kleure, vorms en getalle
Eric Hill -

Otto is al meer as 25 jaar lank `n gunsteling van beide kinders en volwassenes. Hierdie titel bied waardevolle vermaak vir beginnerlesers. Vind alles uit omtrent kleure, vorms en getalle saam met Otto en sy maats in hierdie lekker, vrolike titel.


ISBN: 9780798149679
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Otto se lawaaierige trekker
Eric Hill -

Hierdie titel bied waardevolle vermaak vir beginnerlesers. Otto se pa neem hom op `n rit op sy trok om die plaas te verken. Otto-liefhebbers kan die storie volg en die klankknoppie druk. Daar is baie diere om voor uit te kyk en trokgeluide om te maak.


ISBN: 9780798149471
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Vat en voel: Plaasdiere
onbekend -

Helder foto`s, rymende teks en vat-en-voel-gedeeltes maak hierdie boek perfek vir besige baba`s.


ISBN: 9780799338973
Kategorie:  baba

LAPA

Eerste kleure, vorms, woorde
Geen -

Help jou kind om syfers, vorms, kleure en meer te leer. Die boek stimuleer praatvaardighede, leesvaardighede en eerste woorde


ISBN: 9780799342253
Kategorie:  baba

LAPA

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000