Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

Dr. Jekyll en mr. Hyde
Robert Louis Stevenson -

In 1886 lewer Stevenson sy opsienbarende en aangrypende boek oor die Londense medikus, Jekyll wat daarin slaag om sy eie gesplete persoonlikheid te skei en in twee aparte gestaltes te projekteer. Hy skep sy eie dubbelganger, wat hy Edward Hyde noem, en voer aldus ’n dubbele bestaan. Van Hyde beleef hy egter geen vreugde nie; op sy ongeëwenaarde wetenskaplike prestasie volg slegs onheil en ondergang . . .

ISBN: 9780798148016
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se moleste
Bettie Naude -

Twee groot uitdagings staar Saartjie in die gesig. Sy moet eksamen skryf en boonop afreken met ’n boelie van Kaapstad wat haar “poplap” noem en almal in Lynnekom afknou. Ons heldin sukkel om op haar studies te konsentreer terwyl sy die een plan ná die ander beraam om die buffel op sy plek te sit. Intussen moet sy nog haar naam en reputasie in ere herstel wanneer ’n meisie in die klas haar van oneerlikheid beskuldig. Saartjie kry hulp vanuit ’n onverwagte oord – haar knorrige onderwyser, Ou Grompot! Wanneer die rabbedoe die Kaapse boelie reggesien het, breek die skoolvakansie aan en die Drie Muskiete word na ’n plaas toe genooi. ’n Vriendin van mevrou Baumann wil hê die meisies moet vir haar twee seuns goeie maniere kom leer, maar dinge werk soos gewoonlik weer heeltemal anders uit. Saartjie, Anna en Lina lei die plaasseuns omtrent ’n lewe en bewys weer eens hulle is meisies wat nie met hulle laat mors nie!

ISBN: 9780798147835
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Trompie die sakeman
Topsy Smit -

Trompie gebruik sy vaardighede as entrepreneur om ’n sakeplan vir ’n snoepwinkel by die skool op te stel. Die Boksombende moet elkeen geld bydra om hierdie besigheid op die been te kry en is allesbehalwe beïndruk met hul Grootkaptein wanneer sake nie so vlot verloop soos hy hulle belowe het nie. Selfs Dawie se poging om die snoepie van ondergang te red misluk en die vier vriende sit met hul hande in hul hare. Wanneer Trompie ’n onervare onderwyser ’n poets bak met ’n pratende pop kry hy ’n briljante ingewing vir ’n nuwe sakeonderneming. Maar wie sal vir die sproetgesig en sy vriende geld leen en wie sal by hulle wil koop nadat die snoepie so ’n mislukking was? Ons held is egter vasbeslote om te bewys hy is ’n sakeman van formaat – en niemand het hom nog ooit van stryk gebring as hy eers ordentlik op dreef is nie!

ISBN: 9780798147699
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Gevang!
Martie Kruger -

’n Vakansie by die see klink glad nie sleg nie. Veral omdat jy weet jou pa, ’n joernalis, is in werklikheid op die spoor van ’n sindikaat wat met diamante smokkel. Die enigste een met wie jy tot dusver dié opwindende geheim gedeel het, is Nexus – die gawe ou wat jy op die internet ontmoet het. Kort voor lank is jy vasgevang in ’n web van geheime … Sien jy kans vir al die aksie? Hierdie boek is anders as ander boeke, want jy is die hoofkarakter iin die storie en jy kan kies wat jy wil doen. Maar wees versigtig! Want as jty keuses maak, moet jy ook die gevolge van jou keuses hanteer …

ISBN: 9780799338874
Kategorie:  avontuur

LAPA Uitgewers

Trompie die filmster
Topsy Smit -

Kwaggaberg is in rep en roer wanneer tonele vir `n Afrikaanse film in die dorp geskiet word. Dawie hoop hy gaan die hoof kinderrol kry aangesien hy al soveel boeke oor toneelspeel gelees het en presies weet hoe `n akteur moet loop en praat. Kwaggaberg is in rep en roer wanneer tonele vir `n Afrikaanse film in die dorp geskiet word. Dawie hoop hy gaan die hoof kinderrol kry aangesien hy al soveel boeke oor toneelspeel gelees het en presies weet hoe `n akteur moet loop en praat. Hy daag Trompie-hulle uit om ook vir `n oudisie te gaan sodat hy kan lag vir hoe hulle gekke van hulself maak, maar dan boemerang sy plan op hom.

ISBN: 9780798147682
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Charlie en die groot glashyser
Roald Dahl -

Charlie en Mnr Willy Wonka van Charlie en die Sjokoladefabriek is terug in nog `n opwindende avontuur. Laas was hulle in die Glashyser besig om deur die fabriek te sweef. In hierdie storie bevind Mnr Wonka, Charlie en die hele Bucket-gesin hulself in die buitenste ruim! Hulle kom allerhande interessante dinge tee: die President van die Verenigde State en towerpille wat ’n mens jonger maak as wat jy is.

ISBN: 0798145463
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Vin die virusjagter
Jeanine Henning -

Zack het een troos: sy rekenaar – waar hy met hartelus op die Internet kan surf, nuwe algoritmes skryf, nuwe speletjies ontwikkel en om so `n bietjie hacking te doen, al weet hy goed dit is teen die wet. Tot die dag dat hy vir Vin Marko ontmoet.


ISBN: 9780798148832
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Jy en Hercules
Martie Preller -

Die held van hierdie Storie is JY! Ja jy het reg gelees – JY! Jy beland onverwags in antieke Griekeland, meer as 3000 jaar gelede. Wie is die reusagtige Hercules? Sal hy jou saamneem op sy opwindende avonture? En kan jy hom help om sy moeilike en vreemde take te voltooi? Wat gaan gebeur? Besluit self …

Lees ook: Jy en die Dinosourus Jy en Toetenkat

ISBN: 9780799339161
Kategorie:  avontuur

LAPA

Jy en Toetenkat
Martie Preller -

Die held van hierdie storie is … JY! Ja, jy het reg gelees – JY! Jy beland onverwags in antieke Egipte. Voor jy jou oë kan uitvee, het jy te doen met grillerige mummies, reuse piramides en ’n pratende kat. Wie is die verwaande Toetenkat? Kan jy die hiërogliewe ontsyfer en die stokou raaisels oplos? Sal jy Egipte van ondergang kan red? Wat gaan gebeur? Besluit self …

ISBN: 9780799339178
Kategorie:  avontuur

LAPA

Jy en die dinosourus
Martie Preller -

Die held van hierdie storie is … JY! Ja, jy het reg gelees – JY! Jy beland onverwags in ’n vreemde oerwêreld vol primitiewe mense en dinosourusse. Wat gaan die oermense doen as hulle jou in die hande kry? Sal jy ooit weer na jou huis kan terugkeer? En kan jy ontsnap van die bloeddorstige tirannosourus wat op jou spoor is? Wat gaan gebeur? Besluit self …

ISBN: 9780799339185
Kategorie:  avontuur

LAPA

James en die reuse perske
Roald Dahl -

James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, skel hom gedurig uit. Hulle slaan hom en laat hom honger ly en maak sy lewe `n nagmerrie. Eendag ontmoet hy `n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom `n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee.

ISBN: 9780798145473
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se piekniek
Bettie Naudé -

Apie "leen" `n rugbybal by die skool en dit beland per ongeluk in die kwaai oom Kerneels se perskeboord. Saartjie se boetie smeek haar om die bal vir hom in die hande te kry, anders gaan hy in groot moeilikheid by die skool wees. Die Drie Muskiete beland egter in die proses in nog groter moeilikheid by die befoeterde oom. Maar op die ou end is daar darem ook `n geluk by die ongeluk en die rabbedoe en haar vriendinne kom ongedeerd van hierdie avontuur af. Hulle het egter nou `n ander probleem. Hulle moet geld bymekaar maak om skadevergoeding te betaal. Gelukkig kry ons heldin weer een van haar briljante ingewings en kom met `n slim plan vorendag – hulle moet `n piekniek reel en Lynnekom se kinders laat betaal om dit by te woon. Daar is soos gewoonlik heelwat struikelblokke om te oorkom - onder andere Galpil en sy vriende wat weier om te betaal en dreig om hul eie piekniek reg langsaan Saartjie s`n te hou!

ISBN: 9780798147811
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Alicia en die zitzappers
Nelia Engelbrecht -

Toe Alicia een oggend wakker word en die reusezit op haar neus sien, voel dit of haar wêreld inmekaar tuimel. Maar toe nog `n paar graadsewes in zits uitslaan, begin Alicia agterdogtig raak.

ISBN: 9780798148290
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Klits Kronkel en die vlammende swaard
Fanie Viljoen -

Klits kronkel is `n privaat speurder, opgelei in elke denkbare soort gevegskuns. Sy groot begeerte is om eendag teen `n draak te staan te kom. Waarom hy hom dan besimpeld skrik vir sy eie kat?

Ontmoet Klits Kronkel. Speurder Klits Kronkel. En sy assistent, juffrou Splinter, sy kat Japtrap, die tegniese tegnikus Blitz Vinnig, die wyse gryse Horrelpyp en die reus Pekel.

ISBN: 9780624042464
Kategorie:  avontuur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Trompie die krieketspeler
Topsy Smith -

Trompie wil `n seun se krieketkolf leen, maar oefen eers gou sy beroemde skepskop met een van die pronkdahlias in die ryk mense se tuin. Hy word gevang en moet as straf onkruid uittrek. Die sproetgesig roep dadelik sy Boksombende se hulp vir hierdie onaangename taak in. Wanneer die strafwerk klaar is, moet Trompie eers mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hulle te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel. Hulle kies twee spanne, maar die oomblik wat die wedstryd begin, loop die een ding na die ander skeef. Eers breek daar `n ruit, dan reen `n sarsie klippe kletterend op die kerksaal se dak neer en uiteindelik beland Trompie en `n klein outjie hoog bo in `n boomtop op soek na Dawie se duur krieketbal – oorgenoeg aksie om die Grootkaptein en sy manskappe baie besig te hou. Na ons vriende se rampspoedige krieketdag hoor hulle `n geheimsinnige gemaskerde stoeier kom na Kwaggaberg toe. Ons held hou hom grootmeneer en belowe hy gaan die man ontmasker!

ISBN: 9780798147675
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000