Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

Die leeu, die heks en die hangkas
C.S. Lewis; Kobus Geldenhuys -

Welkom in Narnia ... ’n Towerland vol wonders en opwinding. Ontmoet Aslan, die dapperste leeu ooit, en die pragtige maar wrede Wit Heks. Alles begin waar vier kinders - Peter, Susan, Edmund en Lucy - `n vreemde ou hangkas in hul huis ontdek. Hulle klim in die kas en ontdek, agter al die pelsjasse, `n wonderwêreld van bome en berge wat in die sneeu glinster. Die bose Wit Heks het die hele land in `n ysige winter gedompel. Net Aslan kan haar verslaan en haar towerspreuk verbreek. Die kinders moet by die leeu uitkom voor dit te laat is. As hulle misluk, sal die Heks hulle vir ewig gevange hou.

ISBN: 0798145234
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se dapper daad
Bettie Naudé -

’n Seun van Zimbabwe kuier in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Min weet hierdie twee wat so vassit hul name gaan eersdaags saam in koerante regoor die land verskyn!

ISBN: 9780798147804
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Trompie die vegter
Topsy Smith -

Kort voor die eksamen besluit Trompie om vir Rooie ’n poets te bak. Hy smeer ’n handvol toffies vol gom en neem dit skool toe, maar dan ruk sake handuit en die skool se onderhoof én hoof se kake loop lelik deur!

ISBN: 9780798147668
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Trompie die rugbyreus
Topsy Smit -

Die dominee betrap die Boksombende wanneer hulle weer kattekwaad met sy mak bobbejaan wil aanvang en gee vir hulle ’n sweterige werkie in die pastorie se agterplaas. Trompie se suster staan op trou en hy dink skielik hy weet alles van die liefde af. Hy en sy vriende het baie pret op Anna se troudag, maar wanneer die gaste begin dans, beland ons held – hierdie keer onskuldig! – amper in groot moeilikheid.

Die lewe op Kwaggaberg is nooit vervelig nie: Dawie koop ’n muntstuk waarmee jy mense poetse bak, Rooie kry ontsaglik tandpyn en Trompie verbeel hom hy is ’n galante heer. Maar dan begin die rugbyseisoen by die skool en die Springbokke speel boonop in ’n internasionale toetsreeks. Nou draai die seuns se lewens net om een ding – hul gunstelingsport. Min weet hulle watter groot verrassing en eer daar nog op hulle wag. Ons held gaan die kans kry om vir almal te wys hy is ’n ware rugbyreus!

ISBN: 9780798147651
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se kêrel
Bettie Naude -

Saartjie lees ’n artikel oor hipnose en besluit dadelik om Anna en Lina as proefkonyne te gebruik terwyl sy haar lyf hipnotiseur hou. Sy besef egter vinnig sy beskik nie oor hierdie spesiale talent nie... Maar dan kry ons heldin ’n slim plan. Sê nou hulle reël ’n hipnose-vertoning en haar vriendinne gee voor sy maak hulle aan die slaap en laat hulle allerhande manewales uithaal? Die Drie Muskiete kan mos baie geld só maak! Soos met alles verloop dinge natuurlik nie heeltemal soos beplan nie. Saartjie moet haar boetie en sy maat gelukkig hou, asook vir Muggie en ’n skeptiese gehoor – en boonop nog vir Galpil wat nie kan wag om te bewys sy is besig om almal ’n streep te trek nie. Gelukkig kry Lynnekom se rabbedoe dan ’n briljante ingewing. Sy fluister iets in Galpil se oor wat sy hart wild laat klop...

ISBN: 9780798147385
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Sepiesterre, sokkies en skobbejakke
Nerine Ahlers & Alet Steenkamp -

Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan amazing wees – en iemand gaan gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe drama-juffrou is …


ISBN: 978 0 7993 4084 6
Kategorie:  avontuur

LAPA

Trompie die leier
Topsy Smith -

Kwaggaberg se skoolhoof besluit twee graad tien-leerders moet as junior leerderraadslid gekies word en hierdie groot eer val Trompie en Katrien te beurt. Trompie vind dat dit is egter nie altyd maklik om soveel verantwoordelikhede te he nie.


ISBN: 9780798147644
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Dolfyne-dag
Wendy Hartman -

Jenna en haar broer, Daniel, vermoed iets is nie pluis met die tunaboot wat naby Seemeeurots anker gegooi het. Die mense op die boot gee voor hulle doen navorsing, maar Jenna weet hulle wil die dolfyne vang en doodmaak.

ISBN: 9780798147941
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se kliek
Bettie Naudé -

Saartjie gaan deur ’n moeilike tydjie – haar ma besluit sy kry vir die volgende vier weke nie sakgeld nie as straf vir die kruidenierware wat sy verwoes het, sy moet haar boetie Apie teen die ouer seuns beskerm en dan betrap die skoolhoof haar boonop wanneer sy sang bank om haar uitskryfwerk klaar te doen. Ons heldin lees ’n verhaal oor ’n groep meisies in Engeland wat ’n kliek gevorm het en besluit summier die Drie Muskiete moet ’n nuwe naam en doelstellings kry. Hulle gaan van nou af as Lynnekom se Lelies bekend staan en ’n geheime oorlog teen Galpil en sy trawante loods. Hierdie veldtog lei tot rampspoedige – en lagwekkende! – gevolge vir albei partye. Hierna besluit die rabbedoe met die helderblou oë en pikswart hare sy moet opmaak vir al haar kattewaad deur ’n goeie daad te doen en sonskyn in iemand se lewe te bring. Dit is egter makliker gesê as gedaan en gaan dalk ’n baie groot opoffering van Saartjie verg.

ISBN: 9780798147958
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Speurder Annika
Elmarie Botes -

Annika is mal oor speurverhale en raaisels- en nou is hier ‘n regte, egte raaisel om op te los! ‘n Kissie met geld verdwyn uit juffrou Burger se klas. Die hele skool is in rep en roer. Hoe het die dief geweet waar die geld is? En hoe het hy in juffrou Burger se klas gekom? Annika besluit om self leidrade te soek en die skelm te vang…

ISBN: 9780799338201
Kategorie:  avontuur

LAPA

Trompie die mooi seun
Topsy Smith -

Dis die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en Trompie waag sy hand aan `n laerskoolseun se mooi lokke - met rampspoedige gevolge!


ISBN: 9780798147644
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Saartjie se skatte
Bettie Naudé -

Spoke en skatte - hierdie onweerstaanbare dinge sorg dat Saartjie weer eens Lynnekom se heldin word! Sy en Galpil gaan `n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke en wie nie.

ISBN: 9780798147583
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Operasie M.I.A.A.U.
Carina Diedericks-Hugo - Séan Verster

Felix is ’n gewone elfjarige wat op ’n koue wintersoggend moet opstaan vir skool. Maar dis nie sy pa wat hom wakker maak nie, dis meneer Haasbroek, Felix se suster Madelein, se kat. En meneer Haasbroek praat met hom! Meneer Haasbroek wil hê Felix moet Die Magtige Internasionale Anti-Aapskeloerdersunie (M.I.A.A.U.) help om bullebakke vas te trek. Felix se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, want binne oomblikke word hy ingetrek in ’n netwerk van agterdog, gemene spel en korrupsie. En die ander rolspelers? Meneer Rippenaar, pikswart met enorme groen oë, mevrou Bangani, lank en maer en uiters fynbesnaard, meneer Ching en mevrou Cho, belangrik en Siamees, die onbeholpe Jannie - en vele ander. ’n Aksiebelaaie, humoristiese storie met interessante karakters wat jou sal noop om ná dese met ander oë na katte te kyk.

ISBN: 0798144904
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se geveg
Bettie Naudé -

Tydens die skoolvakansie het Saartjie-hulle baie pret. Hulle gaan "dêps" ingevoerde turksvye by ’n kwaai oom; Saartjie stel vir haar boetie ’n valstrik in hul sitkamer; sy maak kennis met ’n sirkusleeu wat uit sy hok ontsnap en oorweeg dit selfs om ’n non te word.


ISBN: 9780798147606
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Trompie die held
Topsy Smith -

Trompie en Rooie bank `n aardrykskundetoets, maar dit lei tot twee baie seer sitvlakke! Ons held tree te bedagsaam op en almal wens die ou Trompie wil eerder terugkom. Die Boksombende gaan kyk ook na `n opvoering van `n wereldberoemde toneelgeselkap.

ISBN: 9780798147361
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000