Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

Saartjie se held
Bettie Naudé -

Apie help Saartjie met `n grap wat sy vir `n tydskrif instuur, maar vrees dat sy dalk, as sy wen, die prysgeld met haar boetie moet deel. Verder daag sy die seuns uit om teen die meisies netbal te speel en is ook baie opgewonde oor `n nuwe fliek wat binne.

ISBN: 9780798147378
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

SMS`e, skurke en spinnekoppe
Nerine Alhlers & Alet Steenkamp -

Vier dae in `n bos... Dit is wat vir Lindie en die res van die graadneges voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin, is daar eers `n nare onderwyseres wat `n les geleer moet word. En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie gaan praat nie. `n Verskriklike ding gebeur egter op die kamp wat hulle gou van al hierdie probleme laat vergeet...

ISBN: 0 7993 3770 6
Kategorie:  avontuur

LAPA

Trompie die hartedief
Topsy Smit -

`n Fotograaf kom die leerders by die skool afneem, en Trompie en sy manskappe besluit om nie soos al die ander vroom gesiggies op te sit nie. Hulle gaan kyk wie van hulle die lelikste bakkies kan trek. Maar die skoolhoof daag op wanneer ons held voor die kamera beland en hy kan nie maak soos hy belowe het nie. Sy drie maats beland in die moeilikheid en besluit om hom daarvoor te straf. Hulle gebruik die feit dat hy dink meisies is so mal oor hom om hul Grootkaptein ’n lelike streep te trek. Wanneer die Boksembende uiteindelik weer vrede maak, kan hulle die res van die dorp nie in vrede los nie en jaag Trompie se suster en ’n vriendin van haar lelik die skrik op die lyf. Hulle reel ook die Rugbywedstryd van die Eeu en moet boonop `n onnutsige agtjarige knapie leer om mens te word. Trompie, Rooie, Blikkies en Dawie regeer beslis op Kwaggaberg!

ISBN: 9780798147620
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Saartjie se papegaai
Bettie Naude -

Saartjie wil graag vir die langnaweek saam met haar vriendin Anna en die se pa Durban toe gaan. Sy doen haar bes om "mooi" te lewe sodat haar ouers hul toestemming hiervoor moet gee. Die rabbedoe is oorvriendelik en oorgretig om vir almal gunste te doen. Dokter Baumann vra haar om `n belangrike brief te pos, maar sy vergeet skoon daarvan en dit beland in Anna se huiswerkboek. Na vele mislukte pogings om dit terug te kry, moet ons heldin die brief uiteindelik noodgedwonge uit hul kwaai Engelse juffrou se woonstel gaan gaps en dit lei tot `n naelbyt-avontuur. In Durban ontmoet die twee meisies `n interessante ou seeman wat al die sewe oseane deurkruis het, en ook sy ongewone papegaai genaamd Alfonso van wie Saartjie sommer dadelik baie hou.

ISBN: 9780798147590
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die onsigbare man
H.G. Wells -

Dit is die verhaal van `n student in die fisika wat daarvan oortuig is dat hy die onmoontlike, algehele onsigbaarheid sal bereik. Die nastreef van hierdie ideaal ontwikkel egter in `n obsessie waarvan hy sy pa en verskeie ander mense opoffer.

ISBN: 0798146672
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Robinson Crusoe
Daniel Defoe -

Robinson Crusoe is een van die min boeke in die wereldliteratuur wat nooit oud sal word nie. Een van die redes waarom hierdie verhaal vandag nog net so boeiend en lewendig is as die dag toe dit in 1719 vir die eerste keer gepubliseer is, is die feit dat elkeen wat die boek lees, homself onwillekeurig met die eensame skipbreukeling vereenselwig en weet dat hy onder dieselfde omstandighede, net soos Crusoe sou gehandel het.

ISBN: 0798146664
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se slim plan
Bettie Naudé -

Saartjie Baumann is `n rabbedoe, maar sy besluit op `n dag sy wil darem ook voel hoe dit is om `n modepop te wees wat deur al wat `n man is met bewondering aangestaar te word.

ISBN: 9780798147200
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Trompie die kragman
Topsy Smith -

Dawie se ouers gaan vir drie maande weg en hulle oorweeg dit om hom by Trompie-hulle te laat bly, maar daar kom moles met `n donkie en die koshuis is arme Dawie se voorland. Die seuns is nou in graad nege en die skoolhoof vermaan hulle om ernstig te begin leer en te vergeet van dinge soos bendes. Gaan dit die einde van Kwaggaberg se beroemde Boksombende wees? Trompie lees `n advertensie waarin `n kragman beweer mans wat sy spierboukursus doen, sal deur meisies bewonder en deur vyande gevrees word. Die Grootkaptein besluit dit is presies wat hy in sy lewe nodig het en bewys weer eens wat `n entrepreneur hy is wanneer hy `n slim plan prakseer om vir die spierdier se oefenapparaat te betaal. Tussen dit alles deur moet ons held ook nog vir Katrien wat hom altyd met sy huiswerk help tevrede hou en `n nuwe boelie by die skool op sy plek sit.

ISBN: 9780798147613
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

White Fang die wolfhond
Jack London, vertaler Janie Oosthuysen -

`n Aangrypende verhaal oor sekerlik een van die bekendste diere wat nog ooit in die letterkunde uitgebeeld is. Dit speel af in Kanada en handel oor `n jong hond - driekwart wolf en een kwart hond - wat uit die wildernis van die koue noorde by mense beland. Na baie ontberings en swaarkry vind hy kameraadskap en begin hy hom aanpas by die gewoontes van sy baas. Ongetwyfeld Jack London se beste werk.

ISBN: 0798145552
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se nuwe maat
Bettie Naudé -

Die drie Muskiete maak kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan doen – en selfs nog beter! Ons heldin laat haar nie so beledig nie en dit lei tot `n kragmeting met `n verrassende einde. Verder is daar ook nog `n strooptog in `n vrugteboord en `n tante wat op `n baie ontydige tyd kom kuier - om nie te praat van die onmin tussen die Muskiete nie. Gaan die meisies uitmekaar spat noudat hulle op hoerskool is?

ISBN: IS9780798147231
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Die avonture van Sherlock Holmes
Sir Arthur Conan Doyle, vertaler Janie Oosthuysen -

Die avonture van Sherlock Holmes en sy getroue vriend, dr. Watson, word steeds beskou as klassiek onder die wereld se speurverhale. Hierdie twee karakters het al oor baie jare so `n indruk op lesers gemaak dat hul lewe, gewoontes en karaktertrekke selfs groter belangstelling uitgelok het as die avonture wat hulle saam beleef het. In hierdie bundel is `n aantal van die beste verhale saamgevat – Die avontuur van die Rooikopliga, Die avontuur van die blou karbonkel, Die avontuur van die berilkroon, Die skandaal in die Boheme, en andere.

ISBN: 0798145544
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Skateiland
Robert Louis Stevenson, vertaler Janie Oosthuysen -

Skateiland is maar `n klein stippel in die oseaan, maar êrens is daar `n skat begrawe. Baie seerowers weet daarvan en maak planne om die skat te buit. Jim Hawkins, `n jong seun, is een van `n groep wat op die Hispaniola uitvaar om die skat te gaan vind. Sy ondervinding aan boord van die skip en later op die eiland is heerlike spannende leesstof en nie sonder die nodige humor nie.

ISBN: 0798145536
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se donkie
Bettie Naudé -

Saartjie en haar boetie eet die perskes wat hul ma spesiaal vir die skou ingelê het en as straf mag hulle nie sirkus toe gaan nie. Ons heldin voel dis bitter onregverdig en begin dadelik planne beraam om in die groot tent te kom. Nie lank daarna nie wys sy vir die dorp se seuns sy kan beter as enigeen een van hulle donkie ry. Sy gaan maak die donkie in haar ouers se agterplaas vas, maar dan besluit Langoor om te verken en daar kom groot moleste. Soos haar ouer broer tereg se - waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets!

ISBN: 0798147199
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Trompie die dromer
Topsy Smith -

Die Boksombende word bedreig - deur `n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. Sy hare is gekam, sy hemp ingesteek en sy kouse opgetrek. Die bende bele `n spesiale vergadering om hierdie saak te bespreek - hoe durf Trompie `n meisie se geselskap bo hulle s`n verkies? Hul leier laat hom egter nie voorse nie, maar gelukkig vir sy bende ontdek hy baie gou dis duur om `n meisie aan te hou en se haar een aand na `n dans by die skool af. Nou kan die Boksombende weer saam dinge doen soos om perskes te steel en na spookstories te luister. Die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms is om die draai en Trompie wil vreeslik graag spykerskoene he sodat hy soos `n ware wenner kan hardloop. Hy gaan `n ingewikkelde ruiltransaksie met een van sy klasmaats aan en moet op die groot dag eers vuisslaan met `n leerder van `n ander skool wat hom gedurende `n resies pootjie voordat hy uiteindelik met sy eer ongeskonde uit die stryd kan tree.

ISBN: 9780798147217
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Trompie die speurder
Topsy Smith -

Die eindeksamen is naby, maar Trompie is nie lus om te leer nie. Hy gaan swem eerder elke middag in die dam. Wanneer hy hoor daar is fietsdiewe op sy tuisdorp, weet die Boksombende se Grootkaptein sommer dadelik waar hulle die gesteelde goedere wegsteek.


ISBN: 9780798146388
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000