Oondvars baba
Boeke vir die heel kleintjies

Otto by die see
Eric Hill -

Otto is vanjaar 25 jaar oud en om dit te vier, bring ons Otto terug in Afrikaans! Otto se avonture skop af met ’n uitstappie na die strand saam met sy ma, Saartjie, en sy vriende Japie en Sara.

ISBN: 079814498X
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Waar`s Otto
Eric Hill -

Jong kinders sal mal wees daaroor om die flappies te lig en vir Otto te soek. Hierdie is ’n spesiale kartonboekuitgawe van Otto se eerste en bekendste avontuur.

ISBN: 0798145633
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Laat my miaau!
onbekend -

Na die sukses van die eerste vier titels in hierdie reeks, is daar nou nog twee nuwe titels beskikbaar – Laat my miaau! en Laat my praat! Die prettige kartonboekies in hierdie reeks is net reg vir babas en kleuters. Klein vingertjies kan die diertjies se wollerige magies streel en hulle geluidjies laat maak! Available in English as the Tickle my tummy! series.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Laat my praat!

Mandjiemaats
onbekend -

`n Kartonhouer met vier skattige boekies waardeur ouers, grootouers en ander versorgers die wonderwêreld van boeke aan babas en peuters kan bekendstel.

Die stel bestaan uit Lammetjie, Kuikentjie, Eendjie en Hasie en elkeen van die vier boekies het ook vat-en-voel elemente op hul voorblaaie.

ISBN: xxxx
Kategorie:  baba

Lapa

Wie sê Moe?
onbekend -

Twee kartonboekies wat babas en peuters bekend stel aan dieregeluide en diereblyplekke. Kleurvolle en eenvoudige illustrasies. Op elke bladsy is daar `n figuurtjie versteek wat verskyn wanneer die hefboom getrek word.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  baba

Lapa

Bestel by 
boek uit druk

Wie woon hier?

Kielie my Magie!
Nicola Baxter - Stephanie Boey

Die prettige kartonboekies in hierdie reeks, met hul pelsmagies wat piepgeluide voortbring, is net reg vir babas en kleuters. Klein vingertjies kan die diertjies se wollerige magies streel en hulle geluidjies laat maak! Hierdie boekies sal babas en kleuters help om hul handvaardigheid op die plesierigste manier denkbaar te ontwikkel.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 

Wie se Huis?; Wie`s Honger?
Keith Faulkner - Joseph

In hierdie vrolike boekies, elk met vyf volblad-uitvoubladsye en `n klein flap op die laaste bladsy, is daar baie diere - in die een boek is hulle op pad huis toe en in die ander boek is hulle honger. In die een moet die kleingoed dus vir elke huis `n dier kies wat daarby pas, en in die ander moet hulle probeer raai watter soort kos by elke dier pas. En as hulle klaar gekies of geraai het, maak hulle net die uitvoubladsy oop om te kyk of die antwoord reg is!

ISBN: xxxxx
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000