Oondvars avontuur
Spannende verhale vir iedereen

Die avonture van Tom Sawyer
Mark Twain, vertaler Janie Oosthuysen -

Die avonture van Tom en sy vriende, Huckleberry Finn, Becky Thatcher, Injun Joe en tant Polly is wereldbekend. Hul lewe en manewales in `n klein Amerikaanse dorpie is vol spanning en drama, humor en kwajongstreke en steeds so relevant dat jong lesers nog daarmee sal kan identifiseer.

ISBN: 0798145382
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Trompie die hoërskoolseun
Topsy Smith -

Die boksombende het `n probleem. Rooie kan nie `n fiets bekostig nie en nou kan hy nie saam met hulle in die dorp rondjaag nie. Trompie die sakeman kom met slim planne vorendag om genoeg geld in te samel sodat hulle vir hom `n ysterperd kan koop. Dan begin die nuwe skooljaar en Trompie en sy maats gaan hoerskool toe. Die vier moet gewoond raak aan nuwe reëls, nuwe onderwysers en ouer boelies wat poetse op hulle bak. Die Boksombende se Grootkaptein begin vir die eerste keer ernstig rugby speel en word boonop as spankaptein gekies. Die hoerskool hou ons held beslis baie besig - maar nie uit die kattekwaad nie!

ISBN: 0798147261
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se geheim
Bettie Naudé -

Saartjie se ondeundheid laat haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te le wanneer `n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. En dan is daar nog die kwessie van Saartjie se geheim wat haar beste vriende, Anna en Lina, en natuurlik ook vir Galpil en haar boetie, Apie, tot raserny dryf.

ISBN: 0798147245
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Saartjie se vakansie
Bettie Naudé -

`n Orkaan tref `n arm Johannesburgse woonbuurt en Saartjie red `n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. En dan begin die poppe dans!


ISBN: 0798146400
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Trompie die soet seun
Topsy Smith -

Dit is Trompie se laaste kwartaal op laerskool en hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein besluit dit het tyd geword om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Sy een goedbedoelde poging na die ander loop skeef en Trompie moet leer om baie mooi verskoning te vra. Dan is daar `n ongeluk en hy beland in die hospitaal. Sy ouers stuur hom Durban toe om by sy pa se suster te gaan aansterk en die treinrit soontoe is `n groot avontuur. Hy is so bly om by die see te wees dat hy in die groot stad verdwaal, maar uiteindelik kom hy darem by sy tannie uit. Wanneer hy terug in Kwaggaberg aanland, moet hy sy leierskap onder die seuns in `n tweegeveg met `n nuwe leerder bewys en Trompie leer om die hand van vriendskap na `n vyand uit te reik.

ISBN: 0798147253
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Die altaar van Aberdare
Christyal Pickard -

Dirk en sy suster Jaqueline is opgewonde om die vakansie saam met hul vriend, Andre, op sy pa, Paul du Bois, se plaas in Kenia deur te bring. Jula, die toordokter van die Kikuyustam, kry by sy altaar, aan die voet van die Aberdare bergreeks, `n teken van die gode om `n boodskap van oorlog en verlossing aan sy volk te verkondig. `n Groot seremonie word by die altaar van Aberdare beplan om die nuwe lede in te sweer - wat moet help om die onderdrukkers te vernietig en hul land terug te wen. Paul en die kinders word betyds gewaarsku deur Paul se halfbroer, Haami. En saam met Haami se kleinseun, Jerogi, met wie Andre, Dirk en Jaqueline `n hegte vriendskap gevorm het, help hulle, te midde van dreigende gevaar, om oorlog met die Kikuyustam af te weer. `n Lekker vinnigbewegende avontuurverhaal wat afspeel in die tyd van die Mau-Mauopstande in Kenia. Dit gee ook die jong leser `n interessante kykie in die sosiale en politieke gebeure van die tyd.

ISBN: 0798145013
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Trompie die stouterd
Topsy Smit -

Trompie trek die nuwe seun in sy klas wat al die onderwysers se witbroodjie is `n lelike streep. `n Paar dae later bank hy en sy bende skool om in die kloof te gaan swem, maar ’n onderwyser vang hulle en die skoolhoof gee vir elkeen ’n pak slae.

ISBN: 0798147229
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Trompie
Topsy Smit -

Ons ontmoet Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg.

ISBN: 0798146370
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Doemprofeet
Lien Roux-de Jager -

Len en die groepie mense wat van die aarde af gevlug het, verken `n planeet wat deur `n eksentrieke ou man regeer word. Is die ysplaneet met sy vreemde bewoners `n moontlike tuiste vir die aardlinge - of gaan dit hulle almal se einde beteken?


ISBN: 0 7993 3576 2
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bestel by 
boek uit druk

Monsterduiwe
Lien Roux-de Jager -

`n Gesuis laat hom opkyk. Dit fladder en fluit in die lug bokant geboue. Voëls! Die son blink op die grys vlerke toe die swerm `n wye draai oor die fabrieke maak. Dis mooi! Len wil nie die voëls skrikmaak nie, maar steek onwillekeurig sy hand na hulle uit. Dis asof die swerm `n oomblik huiwer, dan duik hulle op hom af. Hul gesamentlike gewig is genoeg om hom teen die grond te slinger. Hulle krap en pik na sy kop. Hy probeer met sy hande keer, maar skree van die pyn toe hulle sy hande toetakel. Met `n gesukkel kom hy orent, klap wild na die sagte, warm lywe om hom, ruik die stowwerige, vetterige voëlreuk. So skielik as wat hulle gekom het, is hulle weg. Len soek benoud in die lug rond. Hoog bokant die geboue maak die swerm `n draai. Te laat besef hy hulle is op pad terug. Hy hardloop soos nog nooit tevore in sy lewe nie...

ISBN: 0 7993 3575
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bestel by 
boek uit druk

Woestynvuur
Lien Roux-de Jager -

Len en die groepie mense wat van die aarde af gevlug het, beland op `n vreemde woestynplaneet waar twee stamme teen mekaar oorlog voer. Watter verrassings wag alles op die aardlinge - en sal hulle hierdie keer uiteindelik `n tuiste vind?


ISBN: 0 7993 3577 0
Kategorie:  avontuur

LAPA

Bestel by 
boek uit druk

Die masker van Yoruba
Marie Reyneke -

"Ek sweer by jou, Yoruba, dat jy eendag weer `n waardige plek in ons huis sal hê!"
Só belowe Theuns Meyer die houtmasker, wat volgens stamtradisie net deur welvarende mense besit mag word, toe hy dit ná sy pa se vonnis uit hul bankrotboedel red. Maar op Sandbaai, waar hul tydelik in hul oom se vakansiehuisie intrek, en sy ma probeer om met naaldwerk kop bo water te hou, word die moontlikheid al meer onwaarskynlik. Theuns was kaptein van hul skool se onderwaterhokkiespan en `n ervare duiker. Nóú kan hy hoogstens gaan duik om van sy woede en frustrasie ontslae te raak.
Totdat hy vir Ras Payne op die strand raakloop ... en `n strooptog een maanlignag skeefloop en alles verander...

ISBN: 0798144920
Kategorie:  avontuur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Thomas@Nagmerrie.net
Carina Diedericks-Hugo -

Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi... Maar alles is nie pluis nie...Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? Waarom kry Thomas sulke vreemde nagmerries? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graadneges gaan kamp?

ISBN: 0 7993 3566 5
Kategorie:  avontuur

LAPA

Selfone, skelms en sjokolade
Nerine Ahlers en Alet Steenkamp -

Lindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is - en wat wil hulle hê? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat die sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak...

ATKV Kinderboektoekenning 2006 Graad 8-10

ISBN: 0 7993 3565 7
Kategorie:  avontuur

LAPA

Agent Snoet en die kattekwaad
François Bloemhof en Alistair Ackerman -

Agent Snoet, geheime agent van formaat en sy Siamese kat, Felino, is hierdie keer warm op die spoor van die meesterbrein agter `n geheimsinnige katte-rebellie.
Agent Snoet en die kattekwaad is die tweede aflewering in François Bloemhof se gewilde Agent Snoet-strokiesreeks. Alistair Ackerman se treffende volkleurillustrasies maak hierdie unieke Afrikaanse strokiesreeks `n treffer onder jong lesers.

ISBN: 0 7993 3508 8
Kategorie:  avontuur

LAPA

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000