Oondvars WEDSTRYD
Wen opwindende nuwe lekkerlees boeke.

Wikus het pret in die skool
Jan Ivens -

Wikus (ook bekend as Viktor van die oorspronklike Franse boeke) en sy vriend Wim bied waardevolle vermaak vir beginnerlesers. Wikus en Wim gaan skool toe. Daar is baie om te leer en baie pret. Die flappies op die bladsye kan oopgemaak word om klomp heerlike verrassings te vind.

ISBN: 9780798149624
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 1

Vraag: Wat is Wikus?

Sluitingsdatum: 2010-09-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.net

Kom ons lees! Die verskietende ster
A.H. Benjamin - John Bendall-Brunello

Mol en muis is beste maats. Hulle deel alles. Toe ‘n verskietende ster deur die lug vlieg, besluit hulle om dit te gaan soek. Maar albei wil die towerkrag van die ster vir hulleself hê. Is dit dalk die einde van hulle vriendskap? Die Kom ons lees!-reeks maak lees pret! Elke boek het ’n opwindende storie met treffende illustrasies, plus bladsye vol aktiwiteite gebaseer op die storie. ’n Fantastiese reeks wat jong lesers se selfvertroue ’n hupstoot sal gee.

TWEE BOEKIES UIT DIE REEKS KAN GEWEN WORD.

ISBN: 978 0 7993 4653 4
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 2

Vraag: Wat moet jy doen as jy `n ster sien verskiet?

Sluitingsdatum: 2010-09-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Potte vol pasta
Diana Hendry (Srah Massini) -

"Pasta vir jou en pasta vir my, van nou af gaan ons elke dag lekker pasta kry!” Toe Tessa en Ben se ma se pasta-masjien skielik vanself begin werk, is sy in ‘n noedel-penarie. Kort voor lank is sy toegedraai in ‘n slaapsak van noedels en die noedels neem die huis en die straat op horings. Kan Tessa en Ben hulle ma red en die noedel-vloed stop?

ISBN: 978 0 7993 4171 3
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 3

Vraag: Hou jy van pasta?

Sluitingsdatum: 2010-09-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA Uitgewers

Blokraaisels Vir Aapsterte 2
Talana Schoeman -

Nog 50 blokraaisels vir die grondslagfase, net soos die eerste Blokraaisels vir Aapsterte `n prettige manier om goeie spelvaardigheid aan te leer! Hierdie titel sal ouers en onderwysers help om `n grondslag vir algemene taalvaardigheid in Afrikaans te lê.

ISBN: 9780624049067
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 4

Vraag: Hoeveel blokraaisels is in die boek?

Sluitingsdatum: 2010-09-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.net

Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie
Jaco Jacobs - Alex van Houwelingen

Zackie ontdek ’n ou boks in die buitekamer. Dis propvol dinge waarmee jy ONGELOOFLIKE kulkunsies kan doen! Hy en Vincent besluit om ’n vertoning by die skool aan te bied. Maar dan loop een van Zackie se FANTASTIESE toertjies skeef ... en hy en Vincent is in GROOT MOEILIKHEID!

DRIE ZACKIE-BOEKE KAN GEWEN WORD.

ISBN: 978 0 7993 4648 0
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 5

Vraag: Watter boek ontdek Zackie in die buitekamer?

Sluitingsdatum: 2010-09-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Ek en Bella
Jenny Valentine -

Nina het ’n kleinsussie. Haar naam is Tia. Maar op ’n dag besluit Tia dat sy moeg is vir haar naam – van nou af moet almal haar Bella noem. Met Bella in die omtrek is daar nie ’n vervelige oomblik in sig nie – selfs doodgewone dinge soos ’n ou tas en ’n nuwe kinderoppasser word ’n wilde, lawwe avontuur. Beleef saam met Nina die pret en opwinding van ’n nuuskierige, aweregse en skreeusnaakse kleinsussie!

ISBN: 978 0 7993 4678 7
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 6

Vraag: Het jy ook `n kleinsussie?

Sluitingsdatum: 2010-09-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Speurhond Willem op reis
Elizabeth Wasserman - Chris Venter

Adriaan is ‘n valerige seun en nie uitermate goed in enigiets nie. Sy hond, Willem, is ‘n ander storie! Hy’s eintlik ‘n speurhond, ‘n superspesiale geheime agent-hond. Dit vind Adriaan uit toe Willem hom doodluiters een oggend inlig dat hy ‘n krat moet regkry sodat hulle daarin na Istanbul ge-“koerier” kan word. Vanaf Istanbul lei die speurtog hulle ook na Venesië, Parys en Amsterdam...

Hierdie boek was die naaswenner in Die Burger (KleinB) en NB-Uitgewers se kinderverhaalkompetisie in 2009.


ISBN: 9780624048428
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 7

Vraag: Noem drie plekke waarheen Adriaan en Willem gaan.

Sluitingsdatum: 2010-09-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.net

Moenie dat die grootmense hoor nie
Francois Bloemhof -

`n Verskeidenheid verhale en vertelstyle word hier byeengebring om `n unieke leeservaring te skep. Daar is `n hele paar kortverhale met `n angel in die stert, `n storie in sy geheel in SMS-taal geskryf, `n `kies jou eie avontuur`-tipe verhaal, foto`s met humoristiese onderskrifte, ook `n grafiese kortverhaal van 10 bladsye met die titel `Tupperware`, deur die Pretoriase kunstenaar Daniel du Plessis.

ISBN: 9780624047339
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 8

Vraag: Noem twee van die soort verhale in die boek.

Sluitingsdatum: 2010-09-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.net

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000