Oondvars luister
Luisterstories

Tjiff en Tjaff se liedjieboek
KykNet -

`n Pragtige hardebandboek met oudio-CD met die gewilde KykNET-karakters, Tjiff en Tjaff, se gunstelingliedjies. Kom lees, luister en sing saam!

ISBN: 9780798168762
Kategorie:  luister

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Storiemuis: Boek 2
Leon Rousseau -

Die oorspronklike Storiemuis-reeks was besonder gewild vanwee die groot verskeidenheid opvoedkundige temas wat daarin behandel is. Hierdie splinternuwe reeks is op dieselfde beginsels geskoei en bestaan uit nuwe materiaal met pragtige volkleurillustrasies. Die boek word vergesel deur `n oudio-CD met `n voorlesing, liedjies en vele meer. In ?Boek 2 ?is daar syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide en rympies, sowel as heerlike stories. Kom luister, lees en leer saam!

ISBN: 9780798168786
Kategorie:  luister

Human & Rousseau

Bestel by 
www.takealot.com

Storiemuis: Boek 1
Leon Rousseau -

Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleurillustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur `n oudio-CD. In Boek 1 is daar syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide en rympies vir kleuters om hul eie liggaam te leer ken. Kom luister, lees en leer saam!

ISBN: 9780798168786
Kategorie:  luister

Kompetisie nr: 3

Vraag: Noem 3 dinge wat die boek bevat vir kleuters om hul liggame te leer ken?

Sluitingsdatum: 2016-01-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.takealot.com

Storieman Omnibus 3
Leon Rousseau -

In hierdie uitgawe is Gobbolino, die geliefde heksekat, weer terug! Kom luister ook saam na gunstelinge soos "Die Gelukkige Prins", "Die Gobbelrot" en "Die Groot, harige bogman" en kom lag lekker vir stories soos "Die groot pasteiwedstryd" en "Eierdrome". Hier is ook feeverhale soos "Skoonlief en die ondier" en "Aspoestertjie" om weer van nuuts af te betower!

ISBN: 9780798159821
Kategorie:  luister

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Storieman omnibus 5
Leon Rousseau -

Hierdie omnibus-uitgawe is n versameling van die gewildste verhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister! By die huis, of in die motor ... Storieman is daar!

In hierdie uitgawe verskyn gunstelinge soos Wikus te Goede, Die astrante snyertjie, Die standvastige bliksoldaatjie en Die keiser se nuwe klere. Kom lag lekker saam met stories soos Liewe Heksie en die Koekoekie en Spokie van Boosgelegen en word betower deur sprokies soos Elf wilde swane, Die tonteldoos en Die Groen Jonkvrou van die meer.

ISBN: 9780798159920
Kategorie:  luister

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Storieman Omnibus 4
Saamgestel: Leon Rousseau -

By die huis, of in die motor . . . Storieman is daar! Pinocchio vertel die klassieke verhaal van `n houtpop wat graag `n regte seuntjie wou word. Dan volg die immergewilde storie-reeks, Heidi, waarin `n weeskind gestuur word om by haar iesegrimmige oupa in `n berghut in die Alpe te gaan woon.

ISBN: 9780798159906
Kategorie:  luister

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

In die land van kammalielie
Jaco Jacobs; Anna Davel -

Die album getiteld In die land van Kammalielie is ’n versameling liedjies wat ure se vermaak vir kleuters beloof. Dit wissel van prettige, uitbundige liedjies soos “Wilde perd” en “Bambino, die reus van Bitterbos” tot liriese slaaptydliedjies soos “Slaap, Sibongile” en “Teddie se wiegelied”. Daar is ook lekker speel-speel-slim-liedjies soos “Tien pikkewyne”, “Dinosouruspret” (albei gebaseer op aftelrympies), “’n Dag by die dieretuin” en “Tande borsel”.“Ek hoop kinders dans, sing, klap en lag uitbundig saam met ons. Daar is baie humor, bewegings en aksie in die liedjies wat kinders se verbeelding kan aangryp, so ek hoop ons hoor die liedjies oral in kleuterskole en speelgroepies.

Luister `n kammalielieliedjie
op You Tube
http://www.youtube.com/watch?v=UR0n2E8LB4A

ISBN: 9780799359787
Kategorie:  luister

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Storieman Omnibus 2
Saamgestel: Leon Rousseau -

Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos "Fritz Deelman en die verlate tuin","Racheltjie de Beer" en "Ou Meneer Springer", asook na die klassieke "Jakkals en Wolf"-stories. Hier is ook sprokies soos "Rooikappie" en "Raponsie" om weer van nuuts af te betower!
Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. `n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor . . . Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes!

ISBN: 9780798156974
Kategorie:  luister

Kompetisie nr: 2

Vraag:

Sluitingsdatum: 2013-03-31

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Storieman Omnibus 1
Leon Rousseau -

Die Storieman-reeks wat in die 1980s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfel een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos “Besie”, “Van Hunks en sy pyp” en “Wolraad Woltemade”, asook na die klassieke “Brolloks en Bittergal” en “Jakkals en Wolf”-stories.

Hier is ook feëverhale soos “Die drie varkies” en “Gouelokkies” om weer van nuuts af te betower! Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor... Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes!

ISBN: 9780798156967
Kategorie:  luister

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

StorieMuis
Verskeie -

Die 11 CD’s waarop meer as 200 stories, liedjies en rympies van die Storiemuis-reeks gelees en gesing kan word.

Slegs enkele stelle StorieMuis CD’s te koop.
Hierdie aanbod is spesifiek vir mense wat StorieMuis kassette gekoop het en hul met CD’s wil vervang

Beskikbaar by E-books Etc.:
Lynnridge Mall – 087 808 7364
Glen Village – 012 991-2760


ISBN: 0
Kategorie:  luister

StorieMuis

Bestel by 
ebooksetc.co.za

Jakkals en Wolf CD 2
Anna Emm - Verteller: Hanri Platzoeder

‘n Versameling bekende Jakkals en Wolf stories, asook ander bekende Suid-Afrikaanse dierestories – in moderne kindertaal oorvertel deur Anna Emm, en voorgelees deur radio-persoonlikheid, Hanri Platzoeder.

Snitte:
1 Jakkals en Wolf in die put
2 Die stadsmuis en die plaasmuis
3 Jakkals en Wolf steel skaap
4 Hasie en Olifant trek tou
5 Jakkals en Wolf en die hangklip
6 Die voëls kies ‘n koning


ISBN: 0
Kategorie:  luister

Anna Emm Productions

Jakkals en Wolf CD 1
Anna Emm - Verteller: Hanri Platzoeder

‘n Versameling bekende Jakkals en Wolf stories, asook ander bekende Suid-Afrikaanse dierestories – in moderne kindertaal oorvertel deur Anna Emm, en voorgelees deur radio-persoonlikheid, Hanri Platzoeder.

Snitte:
1 Jakkals en Wolf werk vir die boer
2 Hasie en Skilpad hardloop resies
3 Jakkals en Wolf vang vis
4 Koning Leeu en die muis
5 Jakkals en Wolf en die gesteelde bok
6 Hasie Kalbassie by die watergat


ISBN: 0
Kategorie:  luister

Anna Emm Productions

Die Derde Buys-tweeling avontuur ( Die Gesteelde Diamante)
Anna Emm - Verteller: Hanri Platzoeder

Miljoene rande se diamante word uit Kruinendal se bank gesteel, en die polisie roep die Buys-tweeling se hulp in om die raaisel op te los. Die hoofverdagte is `n onderwyser in Laerskool Kruinendal, en Ben en Klara moet `n fyn ogie oor hom hou...

ISBN: 00
Kategorie:  luister

Anna Emm Productions

Die Tweede Buys-tweeling avontuur ( Die seerower se skat)
Anna Emm - Verteller: Hanri Platzoeder

Wanneer Klara Buys `n verweerde skatkaart ontdek, lees sy en Ben op oor die seerowers wat jare terug hulle skatte in Kruinendal se grond kom begrawe het. Die Buys-tweeling besluit om die skat te gaan soek, en sommer gou beland hulle weer in `n spannende avontuur...

ISBN: 0
Kategorie:  luister

Anna Emm Productions

Die Eerste Buys-tweeling avontuur ( ‘n Spook in die Skool)
Anna Emm - Verteller: Hanri Platzoeder

Ontmoet die Buys-tweeling, Ben en Klara. Hulle is in Graad 7 in Laerskool Kruinenberg, maar in hulle vrye tyd is hulle privaat speurders! Wanneer gerugte van `n spook in die gange van Kruinendal die rondte doen, besluit Ben en Klara om ondersoek in te stel...

ISBN: 0
Kategorie:  luister

Anna Emm Productions

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000