Oondvars selflees
Stories vir beginnerlesers

Lana en Rakker 1: `n Huis vir Rakker
Holly Webb -

Lana is baie opgewonde toe haar gesin `n pragtige Jack Russell-hondjie aanneem. Maar Rakker is baie woelig en stout. Oral waar hy kom, beland hy in die moeilikheid. Sal Lana dit regkry om Rakker uit die moeilikheid te hou?



ISBN: 978079936628
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Z is vir Zackie 4: Die perfekte pizza
Jaco Jacobs -

Zackie en Vincent gaan saam mark toe.
Die mark is groot pret.
Daar is allerhande oulike stalletjies waar hulle kan rondsnuffel. En daar is lekker kos.
Hulle kan nie wag om die heerlike pizza te proe nie.
Maar Anton, die grootste boelie in die skool, is ook by die mark. En hy is ook lus vir pizza!
Hoe gaan Zackie keer dat Anton hulle pizza opeet?


ISBN: 9780799379020
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

`n Hondjie vir Sherise
Sarah Hawkins -

Sherise is baie skaam en vergeetagtig. Sy het al selfs haar tandeborsel en skooltrui verloor!
Dit is nie so erg om `n skooltrui te verloor nie, maar Sherise wil baie graag `n hondjie he. En `n mens kan nie jou hondjie verloor nie! Daarom is Sherise baie opgewonde toe sy die geleentheid kry om na hulle bure se labrador-hondjie, Jasper, te kyk. Nou kan sy bewys dat sy verantwoordelik genoeg is om `n hondjie van haar eie te he.
Maar dan besef Sherise dat sy nie sommer einge hondjie wil he nie. Sy wil vir Jasper he


ISBN: 9780799380040
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

`n Ponie vir Karla
Sarah Hawkins -

Karla het die beste present ooit gekry haar eie ponie! Kaneel is `n pragtige goudbruin ponie met `n wit bles. Karla en Kaneel kom baie goed oor die weg. Sy kan nie wag dat die vakansie aanbreek sodat sy haar ponie beter kan leer ken nie.
Maar dan kondig Karla se ouers aan dat hulle gaan skei en alles verander. Skielik sien Karla nie meer uit na die somervakansie nie. Sy wens alles kon dieselfde bly.
Maar wat Karla nie weet nie is dat daar hierdie vakansie ook nuwe ontdekkings en heerlike verrassings op haar wag.


ISBN: 9780799380057
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Groen vingers
Jaco Jacobs - Odine Barendse

Sasha is mal daaroor om eksperimente te doen. Haar oupa was immers `n w?reldbekende wetenskaplike. Soms loop Sasha se eksperimente nou wel ietwat skeef, maar dis deel van die pret!

Toe sy op `n dag `n paar vreemde pitte in haar oupa se ou trommel ontdek, besluit sy om dit te plant. Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie ... maar dan maak `n monsterplant sy verskyning in die natuurwetenskapklas! Dit lyk selfs of die plant van plan is om vir juffrou Jansen op te eet ... tensy Sasha blitsvinnig `n plan kan beraam!

ISBN: 9780799379204
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Leer my lees: Tippie
Jose & Reinette Palmer -

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend.

Boeke in die reeks:
* Tippie loop in die reen
* Tippie en die perd
* Tippie ry fiets
* Tippie gaan see toe
* Tippie kuier op die plaas
* Tippie ry met die trein
* Tippie plant groente
* Tippie bad vir Woef
* Tippie plant `n boom
* Tippie kry twee vissies



ISBN: 9780799363142
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Jakkals en Wolf
Wendy Maartens - Chris Venter

Jakkals en Wolf beleef hope avonture saam. Hulle vang vis, maak `n draai in Boer se skaapkraal om `n paar vet skape te probeer vang, en bou selfs saam-saam `n huis. Maar die skelm Jakkals is gedurig besig om vir arme ou Wolf `n streep te trek of nare poetse op hom te bak.

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak.

Ander boeke in die reeks:
* Jakkals en Wolf en die klip
* Jakkals en Wolf in boer se kraal
* Jakkals en Wolf wil trou
* Jakkals en Wolf bou huis
* Jakkals en Wolf wil boer

WEDSTRYD: Wen 4 boeke in die reeks



ISBN: 9780799379075
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Oepse daisy, Lulu
Fanie Viljoen - Elsbeth Eksteen

Lulu droom daarvan om `n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie.

Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos `n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in `n groot operakonsert te sing.

Toe sy Lulu se pragtige modeontwerpe sien, besluit tannie Tula-Belle op die daad dat Lulu vir haar `n rok vir die konsert moet ontwerp. Lulu kan nie wag om met die rok te begin nie.

Maar dit lyk of tannie Tula-Belle haar moeilikste kli?nt tot dusver gaan wees. En kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red ...

ISBN: 9780799377262
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Moenie `n T-rex vir ete nooi nie
Gareth Edwards -

`n Skreeusnaakse kleuterstorie op rym wat wys presies waarom dit `n slegte idee is om `n T-rex vir ete te nooi, jou tandeborsel vir `n haai te leen, of `n buffel in jou bed te laat slaap. Kleuters sal versot wees op die helder illustrasies en die komiese teks in hierdie lawwe, uitbundige prenteboek! Slaaptyd sal nooit weer dieselfde wees nie ...

ISBN: 9780799379051
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Z is vir Zakkie 2: Die paddapoets
Jaco Jacobs en Alex van Houwelingen -

Zackie en Vincent ontdek `n grillerige padda in die tuin. En hulle kry `n briljante plan. Hulle gaan die padda skool toe vat om die tweeling skrik te maak. Maar toe Anton die padda in die hande kry, is daar groot moeilikheid!

Ander boek in die reeks: Die rowwe resies.

ISBN: 9780799379013
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Viskos
Jaco Jacobs -

Wat sal jy doen as `n boelie jou goudvis in die skool se toilet afspoel? Dit is presies wat met Dennis gebeur. Gelukkig kry hy sy goudvis terug. Maar iets is nie reg nie ...
Daar wag `n GROOT skok op die hele skool toe Dennis se goudvis begin groei en groei en GROEI!
Kort voor lank is selfs die weermag op die toneel. Dennis is die enigste een met `n plan om `n ramp te voorkom ...


ISBN: 9780799378832
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Professor Fungus en die diepsee-dilemma
Jaco Jacobs - Johann Strauss

Bennie en Jenny is baie opgewonde toe een van professor Fungus se vriende hulle nooi om die diepsee in `n splinternuwe duikboot te verken op soek na `n geheimsinnige dierasie. Maar in die donker dieptes onder die see loop dinge onverwags skeef ...

ISBN: 9780799374018
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Professor Fungus en die vreeslik gevaarlike tuinkabouters
Jaco Jacobs - Johann Strauss

Die Uitvinder van die Jaar-kompetisie is om die draai. Maar `n skurk voer nare planne in die mou ... en sy het `n hele weermag van tuinkabouters om haar te help! Sal Bennie en Jenny kan keer dat iemand professor Fungus se idees steel en sy laboratorium verwoes?

ISBN: 9780799374025
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Geheime Koninkryk 12: Donker doolhof
Rosie Banks -

Janie, Bianka en Tamsin moet nog een bestanddeel vind om te keer dat koning Kieliebaard nie vir altyd `n stinkpadda gaan wees nie. Maar die gemene koningin Gorina is ook in die rondte, en sy is vasbeslote om die meisies te keer. Kan die drie meisies koningin Gorina oorwin, die laaste bestanddeel vind, en vir koning Kielie-baard van die wondermiddel laat drink voor dit te laat is?

ISBN: 9780799371130
Kategorie:  selflees

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Lotta se lewe 5: My skilpad kruip uit sy dop
Alice Pantermuller -

Lotta se klas het `n kompetisie gewen! Hulle gaan prente van bedreigde diere op `n heining verf. Lotta en Chantelle is mal oor diere, so hulle is vuur en vlam. Hulle wil mos nie hĂȘ pandas en Tasmaniese duiwels en sulke skaars diere moet uitsterf nie . . . maar dinge werk ongelukkig nie uit soos hulle beplan nie. Veral nie met die neus-in-die-lug Berenice in die rondte nie. Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd pret!

ISBN: 9780798169905
Kategorie:  selflees

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000