Oondvars doenboeke
Vir vlytige vingers

Soek-soek inkleurboek: Voertuie
Ballon Media -

Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Die bladsye vol soek-en-kry inkleurprente wemel van voertuie. Van lugballonne met sterre op tot stoomlokomotiewe, en selfs ruimteskepe wat vinniger as lig vlieg.

Kyk ook uit vir: Soek-Soek inkleurboek: Diere


ISBN: 9780798175104
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 

Vlegsels: stap vir stap
Marie Moesgaard Wivel -

Om lang hare in `n vlegsel te dra is `n groot tendens onder jong meisies regoor die wêreld.
Hierdie boek, deur Deense skoolmeisies Marie Wivel en Laura Arnesen, bevat meer as 20 verskillende soorte vlegsels wat stap vir stap beskryf en met behulp van kleurfoto`s geïllustreer word. Dit het ontstaan uit `n blog en Instagram-profiel wat hulle in April 2013, uit verveling tydens `n skoolstaking, begin het.
Vlegsels van alle soorte is hulle passie, maar ook die gesellige samesyn van vriendinne, of ma`s en dogters, wat mekaar se hare vleg.


ISBN: 9780624076261
Kategorie:  doenboeke

Tafelberg

Bestel by 
www.nb.co.za

Soek en kry in die donker
Saamgestel deur Human & Rousseau uitgewers -

Met 14 tonele vol maltrap-avonture is daar hope pret om te hê. Knip die towerflits uit en gebruik dit soos `n soeklig om te kyk wie en wat in die donker nagtonele onder die swart plastiekbladsye wegkruip. Jy sal jou oë nie glo nie! Hierdie is `n soek-en-kry-boek soos nog nooit te vore nie.

Twee boeke in die reeks:
Boek 1
Boek 2

ISBN: 9780798170154
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

My model: Voor die kamera
Vertaal: Simone Hough -

Skep jou eie modeversameling vir 50 nuwerwetse modelle!

Gebruik die aftrekpapier om verskillende uitrustings en bykomstighede bymekaar te sit en kleur dan die sjiek modelle in. Daar is ook plakkers om al jou modeskeppings mee af te rond.

Dit is tyd vir die fotosessie! Is jou klereversameling gereed? Gebruik die modelle op die volgende bladsye en sit `n verskeidenheid uitrustings bymekaar.

ISBN: 9780798163095
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

In die kollig
Lizz Meiring (samesteller) -

As jy op soek is na `n nommerpas teks om by die eisteddfod voor te dra, `n stuk om vir jou volgende dramaklas voor te berei, of jou eie prettige eenmanvertoning of toneelstuk op die planke wil bring, is hierdie die perfekte boek vir jou! Die veteraanaktrise Lizz Meiring se nuwe bundel met 33 verhoogtekste is geskik vir die klaskamer, eisteddfods, dramaklasse en skoolopvoerings.

ISBN: 9780799363135
Kategorie:  doenboeke

LAPA

Bestel by 
www.kalahari.com

Rooikappie Plakkerpret
Vertaal deur Jaco Jacobs -

Hierdie wonderlike aktiwiteitsboeke sal ure se vermaak verskaf, met meer as 100 plakkers en uitdrukstukke. 16 bladsye van elke boek bestaan uit storie-gebaseerde aktiwiteite.

ISBN: 9780799370270
Kategorie:  doenboeke

Lapa

Bestel by 
www.kalahari.com

Kom ons bou 3D modelle: wilde diere by die watergat
Brenda Apsley - Paul Morton

Wie gaan eerste by die watergat wees om af te koel? Apie swaai deur die takke en Olifant beur `n pad oop deur die bos. Leeu stap oor die skerp klippe langs die rivier en Sebra hardloop oor die grasvlakte. Wie gaan wen?

Bou 3D-modelle van Olifant, Apie, Leeu en Sebra uit stewige karton, en lees dan hoe hulle by die watergat gekom het. Gebruik ook jou modelle om `n lekker speletjie te speel!

ISBN: 9780798168458
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Voorsprong-Werkboek Afrikaans
Carrie Lewis -

Op soek na `n reeks prettige boeke propvol wiskunde-aktiwiteite om jou kind ure lank besig te hou en boonop te help met skoolgereedheid? Die Voorsprong Wiskunde-reeks is die antwoord! Hierdie kurrikulumgebaseerde reeks boeke is ontwerp om jou kind by te staan met die ontwikkeling van sleutelvaardighede vir basiese wiskunde-geletterdheid. Elke boek is propvol plakkers en nuttige wenke. Die aktiwiteite, geskryf deur onderwyskenners, is ontwerp om kinders se selfvertroue `n hupstoot te gee.

ISBN: 9780799375428
Kategorie:  doenboeke

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

My model: Haarstyl Popster
Pixie Potts -

Meer as 1.5 miljoen boeke in die reeks reeds wereldwyd verkoop in 25 verskillende lande! Hierdie reeks is ’n wegholsukses! Skep fantastiese haarstyle vir 48 nuwerwetse modelle! Gebruik die modelle as inspirasie of wees kreatief en ontwerp jou eie haarmodes. Besluit self hoe om elke model se hare te versier en kleur die modelle in met grimering en koel bykomstighede. Boonop is daar ’n kleurvolle haarstuk – sodat jy soos ’n regte filmster kan lyk!

ISBN: 9780798166874
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My model: Haarstyl filmster
Pixie Potts -

Meer as 1.5 miljoen boeke in die reeks reeds wereldwyd verkoop in 25 verskillende lande! Hierdie reeks is `n wegholsukses! Skep fantastiese haarstyle vir 48 nuwerwetse modelle! Gebruik die modelle as inspirasie of wees kreatief en ontwerp jou eie haarmodes. Besluit self hoe om elke model se hare te versier en kleur die modelle in met grimering en koel bykomstighede. Boonop is daar `n kleurvolle haarstuk sodat jy soos `n regte filmster kan lyk!

ISBN: 9780798166881
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My model
Illustrasies: Claire Philpot -

Ontwerp jou eie sprankelende en stylvolle klereversameling! Kies jou materiaal uit die patroonpapier, plaas die stensil daarop en trek die buitelyne van die kledingstuk van jou keuse af. Sny dit uit en plak dit op jou model. Jy kan haar dan inkleur en plakkers byvoeg om jou supermodel se uitrusting perfek af te rond! Sluit in 3 bladsye met stensils, 16 bladsye patroonpapier, 32 modelle en 1 bladsy met plakkers!

ISBN: 9780798164726
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My model: Fleuring en fraai
Illustrasies: Claire Philpott -

Ontwerp jou eie fleurige en fraai klereversameling! Kies jou materiaal uit die patroonpapier, plaas die stensil daarop en trek die buitelyne van die kledingstuk van jou keuse af. Sny dit uit en plak dit op jou model. Jy kan haar dan inkleur en plakkers byvoeg om jou supermodel se uitrusting perfek af te rond! Sluit in 3 bladsye met stensils, 16 bladsye patroonpapier, 32 modelle en 1 bladsy met plakkers!

ISBN: 9780798164719
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My model: Sprankel en styl
Illustrasies: Claire Philpott -

Ontwerp jou eie sprankelende en stylvolle klereversameling! Kies jou materiaal uit die patroonpapier, plaas die stensil daarop en trek die buitelyne van die kledingstuk van jou keuse af. Sny dit uit en plak dit op jou model. Jy kan haar dan inkleur en plakkers byvoeg om jou supermodel se uitrusting perfek af te rond! Sluit in 3 bladsye met stensils, 16 bladsye patroonpapier, 32 modelle en 1 bladsy met plakkers!

ISBN: 9780798164726
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My plakkerpret versameltassie: Diere
Illustrasies: The Boy Fitz Hammond -

Hierdie versameling vol aktiwiteite bevat 6 boekies met plakkers, inkleurprentjies en raaisels! Hier binne wag ure se pret, met aktiwiteite wat kinders sal leer, besig hou en vermaak.

ISBN: 9780798163170
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My plakkerpret versameltassie: sprokies
Illustrasies: The Boy Fitz Hammond -

Hierdie versameling vol aktiwiteite bevat 6 boekies met plakkers, inkleurprentjies en raaisels! Hier binne wag ure se pret, met aktiwiteite wat kinders sal leer, besig hou en vermaak.

ISBN: 9780798163231
Kategorie:  doenboeke

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000