Oondvars versies
Versies en rympies en woordspeletjies

Moenie hierdie boek eet nie! ?n Rympie vir elke dag van die jaar
Jaco Jacobs -

Moenie hierdie boek eet nie! Bevat 365 rympies (en ?n bonusrympie vir ?n skrikkeljaar) wat kinders (en grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar is rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille...

ISBN: 9780799379211
Kategorie:  versies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Towertapyt: 32 stories van rondom die w?reld
Wendy Maartens -

In hierdie pragtig ge?llustreerde boek het meester-storieverteller Wendy Maartens 32 klassieke stories bymekaargemaak wat al eeue lank in verskillende lande vertel word. Daar is stories uit elke uithoek van die w?reld van Duitsland tot Denemarke, Itali? tot Israel, Egipte tot Groenland

ISBN: 9780799379181
Kategorie:  versies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Z is vir Zackie 3: Die beste boomhuis
Jaco Jacobs -

Zackie en Vincent bou `n boomhuis.
Dit gaan die beste boomhuis in Granaatstraat wees!
Zackie se suster en haar maat wil ook daarin speel.
Maar Zackie en Vincent is nie lus om op pienk kussings rond te sit en met teestelle te speel nie.
Daarom maak hulle `n bordjie waarop staan: GEEN MEISIES!
Sal hulle die meisies uit hul boomhuis kan hou?




ISBN: 9780799379921
Kategorie:  versies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Rympies vir pikkies en peuters
Riana Scheepers (samest.) -

`n Paar jaar na Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh, word Gertie Smit, opvoedkundige van Wellington, deel van die span. Hierdie bundel bied `n keurversameling verse vir die heel kleintjies (1 tot 3 jaar) en is saamgestel volgens nasionale opvoedkundige vereistes. Die rympies dek al die onderwerpe wat deel is van kleintjies se leefwêreld - in maklike, sprankelende Afrikaans.

ISBN: 9780624074281
Kategorie:  versies

Tafelberg

Bestel by 
www.nb.co.za

Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers
Jaco Jacobs - Zinelda McDonald

Proe aan `n Chinese sjef se seekossop en maak kennis met `n kromknyperkrap. Ontmoet `n voor-in-die-koor skoolkoor, `n koperkoper wat koperknope koop en mevrou Matthee wat in haar teetyd TV kyk. Wonder saam oor tarentaal taal en reier-eiers. En help om `n seerowerskip skoon te skrop. Jaco Jacobs se bekroonde kinderverse is gewild by skole, kunswedstryde en veral op duisende Afrikaanse kinders se boekrakke, waar dit `n ereplek verdien. Hierdie splinternuwe versameling tongknopers en snels?ers sal sorg vir ure se lekkerlag-pret!

ISBN: 9780799372892
Kategorie:  versies

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Siembamba: Immergroen rympies vir kinders
Alzette Prins -

Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies. Siembamba: Immergroen rympies vir kinders is beslis `n moet-hê-boek vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.

ISBN: 9780799370577
Kategorie:  versies

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die groot boek van rympies en liedjies
Kali Stileman - Kali Stileman

Hierdie vrolike versameling van kleuterrympies en -liedjies word besonders uitgebeeld deur Kali Stileman se unieke, humoristiese en kleurvolle illustrasies. Dit is `n wonderlike eerste bekendstelling aan die mees klassieke en gunsteling-rympies, kleuterliedjies en wiegeliedjies.

Daar is prettige ryme vir saamlees, saamsing en speeltyd,
asook pragtige versies en liedjies om kinders te sus voor slaaptyd.

ISBN: 9780798165495
Kategorie:  versies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.takealot.com

Kougom in my hare
Jaco Jacobs - Zinelda McDonald

Daar`s kougom in my hare,
dit is stewig vasgeplak.
My ma sê: "Ek wil nou weet wie`t die simpel poets gebak!"
Maar ek sê nie `n woord nie ...
(Dit was daai peslike Werner de Witt, maar ek het eerste die kakkerlak in sy pousebroodjie gesit ... )

Was jy al ooit kwaad genoeg om doringdraad te kou?
Wat is regtig in die skoolsnoepie se pasteie?
Waarom het die dodo gesterf?
En smaak enige iets slegter as Brusselse spruitjies?

Jaco Jacobs se splinternuwe bundel met meer as 40 lawwe, lawaaierige lekkerlagverse is tonne pret!

ISBN: 9780799366679
Kategorie:  versies

LAPA

Bestel by 
www.kalahari.com

Die groot boek van rympies en liedjies
Kali Stileman -

’n Vrolike versameling van kleuterrympies en -liedjies en prettige ryme vir saamlees, saamsing en speeltyd, asook pragtige versies en liedjies om kinders te sus voor slaaptyd.

ISBN: 9780798165495
Kategorie:  versies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My eerste rympieboek
Stephen Barker -

Dié versameling gunsteling-kinderrympies met kleurvolle illustrasies is pret vir peuters en kleuters. Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om jong kinders te stimuleer en te help ontwikkel.

"Klein Kosie Kramer
smul in sy kamer
aan `n heerlike vrugtepastei.
Hy druk toe sy duim in
en kry dar `n pruim in
en sê: Dis te heerlik vir my."

ISBN: 9780798159883
Kategorie:  versies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die land verby donker
Francois Bloemhoef -

"In die land verby donker lig iets leliks sy kop, kruip `n ding met lang tande soos `n slak uit sy dop. So, kom loer nou saam van A tot Z aan my grillerige alfabet!
Kom kuier saam met François Bloemhof en Dale Blankenaar in die land verby donker. `n Plek waar weerwolwe vir die maan tjank en vampiere in die nag rondswiep, waar die nare Rikus Riller om elke hoek en draai kan wag en `n monster genaamd Eenoog jou met sy tong wil vang…"

ISBN: 9780799357967
Kategorie:  versies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Nursery rhymes & verse from Africa
Liz Mills -

Author and illustrator Liz Mills presents her second collection of over 50 nursery rhymes and verse from popular childrens songs, specially reworked and adapted to appeal to children living in Africa. This delightful book follows on the overwhelming and continuing popularity of African Nursery Rhymes, which has been reprinted almost every year since it appeared in 2006. Nursery Rhymes & Verse from Africa is a must for a young child’s bookshelf as nursery rhymes form an essential part of children’s development, teaching them rhythm and rhyme and word skills, as well as improving memory.
Liz’s colourful and often humorous illustrations and word imagery will capture the imagination and make reading an activity that children (and parents/carers) look forward to, whether at bed time, or any other time of the day. They will also want to return to these rhymes, with images that they can relate to, over and over again.



ISBN: :9781431700172
Kategorie:  versies

Struik

Bestel by 
www.kalahari.com

Kriewel en knor: Rympies propvol aksie
Julia Donaldson -

SUG! KIELIE! Mê! FLAP! SKUD! GRRR! ZOEM! DANS! GRAWE! KLAP! KNARS! SWAAI! WAAI! STAMP! SKREEU! TEL! Die rympies in hierdie boek is vol dinge wat jy kan doen en geluide wat jy kan maak!


ISBN: 9780799352498
Kategorie:  versies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Mankepank en ander verse
Antjie Krog - Diek Grobler

Vir ouderdome 8-88 jaar. `n Keur van net meer as dertig nuwe, sowel as voorheen gepubliseerde verse deur wereldbekende digter en skrywer Antjie Krog. Mankepank en ander monsters het oorspronklik in 1985 verskyn (met illustrasies deur Hannetjie de Clercq). Al 21 gedigte is weer hier opgeneem, tesame met `n aantal voorheen ongepubliseerde verse. Hier is feetjies, monsters, spoke, en `n reus; vreemde omies, Antjie Somers en die tokkelos. In Diek Grobler se illustrasies is daar `n wisselende mate van realisme en fantasie, soos wat elke gedig dit vereis. Diek Grobler en vennoot Charles Badenhorst se animasiereeks "Uit die Bloute" word sedert 2010 op kykNET gesien. Hulle werk is plaaslik bekroon met `n SAFTA en in die buiteland by die beroemde KROK Internasionale Animasie Fees.

ISBN: 9780624052562
Kategorie:  versies

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Wurms met tamatiesous
Jaco Jacobs -

Wurms met tamatiesous wurms op jou brood wurms is bobaaskos lewendig of dood wurmpies vir aandete en wurms vir ontbyt mopaniewurm-roerbraai vir ’n lintwurm-aptyt Het jy al ooit gewonder wat op die spyskaart is by die Rilrestaurant? Is jou boetie dalk ’n alien? Wat is die beste raad vir ’n wegloopneus? Waarom is skottelgoed gevaarlik? Almal weet van Mary se beroemde lammetjie – maar het jy al haar ander troeteldier ontmoet? Hierdie vrolik-geïllustreerde bundel bevat meer as vyftig prettige, oorspronklike, grillerige en skreeusnaakse rympies uit die pen van Jaco Jacobs.



ISBN: 978 0 7993 4173 7
Kategorie:  versies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000