Oondvars bundels
Boeke propvol stories

Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories
Wendy Maartens - Nicci Nathanson

In hierdie storieboek vertel Wendy Maartens `n paar van die lekkerste volksverhale uit ons Afrika-diereryk, op haar kenmerkende toeganklike manier. Die 25 stories is perfek vir voorlees en selflees en is `n boek wat op elke kind se boekrak moet wees!

ISBN: 9780799373974
Kategorie:  bundels

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Liewe Heksie: Leesboek 5
Verna Vels - Vian Oelofsen

Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroee lesers. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas vir 3 tot 6 jariges. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks. In Liewe Heksie: Leesboek 5 kry Liewe Heksie `n kat, hou Blommeland konsert en gaan Liewe Heksie skool toe. Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

ISBN: 9780798168984
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Liewe Heksie: Leesboek 4
Verna Vels - Vian Oelofson

In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie `n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie. Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

ISBN: 9780798168960
Kategorie:  bundels

NB uitgewers

Bestel by 
www.nb.co.za

Vertel vir my `n storie
Wendy Maartens -

Stories is `n prettige manier om jou kind goeie waardes te leer! Elkeen van die bekende verhale in hierdie bundel bevat `n belangrike lewenswysheid. Elke storie word op Wendy Maartens se unieke, toeganklike manier oorvertel sodat dit in die eerste plek heerlike lekkerlees- of lekkerluisterpret is. Elke storie word ook vergesel van nuttige, maklik verstaanbare, praktiese wenke oor hoe kinders die waardes in die alledaagse lewe kan toepas, asook hoe ouers en onderwysers leiding kan gee.

ISBN: 9780799366655
Kategorie:  bundels

Lapa

Bestel by 
www.kalahari.com

Bennie Boekwurm vertel lekker stories
Louise Smit - Sean Verster

Bennie Boekwurm woon diep onder die grond daar in die Wielie Walie-parkie. In sy tonnelhuisie is daar rakke en rakke vol storieboeke. Sy naam is nie verniet Bennie Boekwurm nie. Bennie hou baie daarvan om stories vir kinders te lees. Hy wag nou juis vir hulle om hom te roep. Hy het klaar die boek uitgesoek . . . Die stories is gebaseer op die bekende TV-reeks op SABC in die 80er jare. Illustrasies is helder en kleurvol en sal kleintjies sowel as hulle ouers bekoor.

ISBN: 9780798167697
Kategorie:  bundels

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

My skatkis van stories en rympies
Nicola Baxter -

Hier is n storie of n rympie vir elke geleentheid, vir voorlees of selflees, vir speeltyd, storietyd of slaaptyd hier is iets vir elkeen! Met Afrikaans deur Leon Rousseau en sy dogter, Wiesie Rousseau, en met eg-Afrikaanse berymings, deur o.m. D.J Opperman, Elizabeth van der Merwe, E.P du Plessis en Willem Versveld, van klassieke kleuterverse.

ISBN: 9780798163132
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

In die land van Pamperlang
Linda Rode -

Daar is ook heerlike inheemse verhale soos O likkie, o lalie, Sipho en die ryprooi Amathungulu, Doederomandro, Die ploemserige, plomserige ding, e.a. Die stories is verwerk deur die bekende en bekroonde Linda Rode, wat as die doyenne van kinderliteratuur bekend is. Elke storie is net vyf-minute lank. Dus baie geskik vir aandstories en of beginner-lesers.

ISBN: 9780798164429
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die groot storieverteller diereboek
Bob Hartman -

Diere van alle soorte - regte diere en dié uit die verbeelding - bevolk hierdie bekoorlike versameling fabels en volksverhale van regoor die wêreld. Elke storie is perfek vir voorlees en pret om self te lees - kinders van alle ouderdomme sal die 40 diereverhale geniet.

ISBN: 9780798157278
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Kampvuurstories
Pieter W. Grobbelaar -

`n Bundel verhale wat dateer uit die tyd toe jagters, trekboere en soldate saans om die kampvuur stories vertel het hulself mee te vermaak en die tyd te verwyl. Dit is veral die jagters wat die fyn lyn is tussen waarheid en versinsel oorgesteek het en wat nie net die verteller nie, maar ook die aanhoorders se sin vir humor en die absurde tot die uiterste beproef het. Spookstories was ook aan die orde van die dag, asook `n paar dramatiese en deernisvolle verhale van dapperheid, ontbering en vriendskap. `n Versameling stories wat deur jonk en oud geniet sal word, veral vir die interessante karakters en skerp humor.


ISBN: 9780798151269
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Jakkals en Wolf
Pieter W. Grobbelaar - Sean Verster

Vir 9- tot 12+- jariges. `n Versameling Jakkals en Wolf stories uit die verhaleskat van baasverteller, Pieter W. Grobbelaar. Skelm Jakkals sal nie skroom om arme ou Wolf aan die pen te laat ry nie. En Wolf leer ook nie sy les nie, maar trap elke keer weer in die spreekwoordelike slagyster wat Jakkals vir hom stel. Stories vol humor, maar ook waardevolle lewenslesse wat geleer word uit die manewales van die twee geliefde karakters.

ISBN: 9780798152846
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Verhale uit die Arabiese nagte
Graham Percy - Stella Maidment

Vir 6-jariges en ouer. Waaghalsige avonture, vlieënde mense en perde, towerlampe, helde en heldinne . . .! `n Versameling aksiebelaaide stories wat kinders sal laat uitsien na slaapstorietyd. Hierdie tradisionele stories oor karakters soos Sindbad, Ali Baba en Aladdin is al minstens `n duisend jaar lank in die Midde-Ooste bekend. Die verhale word bondig oorvertel, net lank genoeg om binne tien minute voor slaaptyd vir kinders gelees te word.

ISBN: 9780798155373
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die groot storieverteller slaaptydboek
Bob Hartman - Krisztina Kallai Nagy

Hierdie lieflike storieversameling bevat veertig volksverhale van regoor die wereld. Storieverteller Bob Hartman het aangrypende, tradisionele stories gekies en verwerk, en dit is ideaal om met vandag se kinders ted eel. In die nuwe uitgawe pas die slim illustrasies van die bekroonde kunstenaar Krisztina Kellai Nagy, by die warmte en humor van die stories, en stel `n vrolike geselskap karakters - mense, diere of die bonatuurlike - kleurvol en verbeeldingryk voor. Agterin die titel is daar ook `n gids vir ouers oor hoe om die stories saam met hul kinders te geniet of wenke oor hoe om die stories met `n gehoor te deel. Die stories kan hardop gelees word en later self gelees word, en Die groot storieverteller slaaptydboek sal jare van plesier verskaf vir kinders van alle ouderdomme.


ISBN: 9780798152723
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die kaskenades van Jakkals en Wolf
Leon Rousseau - Johann Strauss

Arme Wolf! Waar hy ook al kom, probeer die skelm Jakkals hom ’n streep trek. Die hare waai behoorlik – en saam beleef die twee van hulle allerhande skreeusnaakse avonture. Afrikaanse kinders is al geslagte lank versot op Jakkals en Wolf se manewales. Danksy hierdie pragboek kan die jongklomp hulle opnuut verlekker in vyftien prettige, klassieke stories

ISBN: 978 0 7993 4965 8
Kategorie:  bundels

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Fabels van Esopus
Beverly Naidoo - Piet Grobler

`n Muisie red `n magtige leeu se lewe; honger Springkaan, te lui om kos op te gaar, kry geen simpatie by die flukse miere nie; slim Jakkals bedreig Klipspringer om die dood vry te spring - maar word nogtans deur die haan en hond uitgevang.

Hier is sestien van Esopus se wyse, gevatte en tydlose fabels, vir die eerste keer uitgebeeld teen die Afrika-agtergrond. Esopus het dalk oorspronklik uit Afrika gekom, en dit het Beverley Naidoo en Piet Grobler geinspireer om die diere van Afrika die hoofrolle te gee in hierdie opwindende interpretasie van een van die wereld se mees klassieke werke.


ISBN: 9780798152853
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Wielie Wielie Walie
Louise Smit - Sean Verster

Sarel Seemonster, Karel Kraai en die Kouse bly nou almal lekker in die Wielie Walieparkie, naby die Walieberge. Bennie Boekwurm, Bytjie en die Blomme woon ook daar, en Bennie lees nog aanmekaar vir die maatjies stories – hy is ’n slim wurm wat baie boeke in sy boektonnel het. Op ’n mooi dag kry hulle ’n nuwe maatjie – sy naam is Wagga Wagga Kwag en hy kom maak almal se lewe sommer ekstra vrolik.

Kom sing en lag saam met al die uitgelate karakters in die stories – of jy nou vir Sarel en Karel-hulle van die televisiereeks onthou of hulle vir die eerste keer ontmoet,hulle sal sommer diep in jou hart inkruip.

Die stories, versies en liedjies is gebaseer op die bekende TV-reeks op SABC in die 80er jare, sowel as op die DVD met dieselfde naam wat onlangs vrygestel is.

Illustrasies is helder en kleurvol en sal kleintjies sowel as hulle ouers bekoor.

ISBN: 9780798152266
Kategorie:  bundels

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000