Oondvars strokies
Strokieverhale - stories in prente

Agent Snoet en die Groen Genugtig
Francios Bloemhof - Alistair Ackerman

Snoet is in die moeilikheid by hoofkantoor. As hy nie sy nuutste saak oplos nie, kan hy sy werk as geheime agent verloor. Maar gelukkig is Felino soos altyd aan sy sy. ’n Baie gevaarlike wapen, die Genugtig, is uit ’n laboratorium gesteel. Snoet en Felino moet dit so gou as moontlik opspoor. En asof dit nie genoeg is nie, dreig iemand boonop om Smarag, die suksesvolste katte-ster in die land, dood te maak. Terwyl Snoet soos gewoonlik net die kat aan die stert beet het, moet Felino alles in sy vermoë doen om die Genugtig te vind en Smarag te red ... voordat dit te laat is. DIE REEKS 1. Agent Snoet en die Botterdiamant 2. Agent Snoet en die Kattekwaad 3. Agent Snoet en die Hondelewe

ISBN: 978 0 7993 4738 8
Kategorie:  strokies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Hendrik Leerdam
James Home -

Hulle reis eindig met die aankoms aan die Kaap, wat Hendrik grootoog laat wonder: “Storms, skeurbuik, sonbrand en seerowers . . . ek wonder watter nuwe avonture wag vir ons hier?”

Teen die agtergrond van die werklike gebeure word Hendrik en sy gesin se fiktiewe avonture vertel. Die idee vir die boek het uit `n ouma se frustrasie ontstaan. Hoe gemaak om ons verlede lewend te hou en aan kleinkinders oor te dra? Om dit toeganklik vir die jonger lesers te maak het die skrywer en illustreerder dit as `n volkleur strokiesverhaal ontwikkel, met geskiedenis as die agtergrond

ISBN: 9780624056720
Kategorie:  strokies

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Kuifie - Die haaie van die Rooi see
Herge -

Die bose Rastapopoulos is weer aan die knoei. Die keer is hy betrokke by slawehandel. Natuurlik is die hoop op Kuifie om Rastapopoulos te keer en hy sal `n vaart op die Arabiese See moet aanpak as hy in sy doel wil slaag.

ISBN: 9780798148047
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Kuifie - Die geheime wapen
Herge -

Die Geheime Wapen is die eerste maal in Frans in 1956 gepubliseer in die gespanne klimaat van die Koue Oorlog. Hierdie avontuur neem Kuifie na Sildawië en Bordurië waar hulle vir Professor Sonneblom moet red. Sonneblom word aangehou nadat hy ’n ultrasoniese wapen van massa vernietiging geskep het. Die irriterende versekeringsmakelaar, Lossie Lospert, maak vir die eerste maal sy verskyning – tot die ergenis van Kaptein Sardijn. Die verhaal neem die leser op ’n wilde jaagtog, bied ’n paar verrassings, sien vriende wat verenig en woeste gevegte ... alles ter wille van ’n gewone sambreel.

ISBN: 9780798148030
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Agent Snoet en die hondelewe
François Bloemhof - Alistair Ackermann

Agent Snoet en die hondelewe is die derde boek in François Bloemhof se gewilde Agent Snoet-strokiesreeks. Agent Snoet is `n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die ander twee boeke, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture. Hierdie keer moet hulle ‘n baie BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm… maar as Felino nie oppas nie, is hy sy eie (laaste) lewe kwyt! Daar is natuurlik tussendeur hope skaterlaghumor. Alistair Ackermann se treffende volkleurillustrasies maak hierdie unieke Afrikaanse strokiesreeks `n treffer onder jong lesers.

ISBN: 978 0 7993 4153 9
Kategorie:  strokies

LAPA Uitgewers

Kuifie - Vlug 714 na Sydney
Herge -

Kuifie en sy vriende is op pad na Australië op die private jet van Laszlo Carreidas om ’n konferensie oor ruimtevaart te gaan bywoon. Die avontuur lei hulle egter na ’n eiland in die Pasifiese See waar hulle ou vyand Rastapopoulos vir hulle wag. Hy probeer Carreidas dwing d.m.v. ’n dwelm om die nommer van sy Switserse bankrekening te onthul, maar snaakse magte stuit hom in sy spore. Vlug 714 is een van die mees aksiebelaaide Kuifie-volumes wat ’n kaping, dwelms, verraad, ontploffings, gevegte en selfs wesens uit die buitenste ruimte vir die leser opdis.

ISBN: 9780798148078
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Kuifie in Tibet
Herge -

Chang, ’n jong Chinese seun op pad na Europa, is die slagoffer van ’n vliegramp in die Himalajas en Kuifie onderneem om hom te gaan soek. In ’n roerende verhaal word die vriendskap tussen Chang en Kuifie voortgesit (hulle ontmoet die eerste maal in Die Blou Lotus).

ISBN: 9780798148054
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit
André Trantraal, Ashley Marais, Nathan Trantraal -

Heeltemal nuut in Afrikaans! Seks, drugs en rugby op die Kaapse Vlakte. ’n Grafiese roman of comic wat die wel en weë van twee hoërskoolvriende volg: Christo is wit en kom van Ruyterwacht, Russell is bruin en woon in Bishop Lavis. Maar hulle is in dieselfde skool en het dieselfde droom – om gekies te word vir die Western Paladins rugbyspan. Albei weet egter al te goed hoe gevaarlik dit is om te droom … want drome kom so gereeld andersom uit.

ISBN: 9780624045618
Kategorie:  strokies

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Agent Snoet en die kattekwaad
François Bloemhof en Alistair Ackerman -

Agent Snoet, geheime agent van formaat en sy Siamese kat, Felino, is hierdie keer warm op die spoor van die meesterbrein agter `n geheimsinnige katte-rebellie.
Agent Snoet en die kattekwaad is die tweede aflewering in François Bloemhof se gewilde Agent Snoet-strokiesreeks. Alistair Ackerman se treffende volkleurillustrasies maak hierdie unieke Afrikaanse strokiesreeks `n treffer onder jong lesers.

ISBN: 0 7993 3508 8
Kategorie:  strokies

LAPA

Kuifie: In die land van swart goud
Herge -

Wie probeer die Europese verskaffers van petrol saboteer en hoekom? `n Internasionale krisis dreig om in `n oorlog te ontaard as die saboteurs nie gevang kan word nie. Kuifie se hulp word ingeroep en saam met Spokie bevind hy homself in dorpies en woestyne in die Midde-Ooste. Hulle is op die spoor van die bose saboteurs, maar hul pogings om die boosaards vas te trek word bemoeilik deur gevare wat buitengewoon erg is, selfs vir Kuifie.

ISBN: 9780798146906
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die geheimsinnige ster
Herge -

`n Enorme meteoriet pyl op aarde af en Professor Katalis verklaar dat dit die einde van die wereld moet wees. Dit is egter nie en die meteoriet tref die waters van die Arktiese oseaan.

ISBN: 079814582X
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Die geheim van De Eenhoorn
Herge -

Kuifie loop `n klein modelskippie raak by `n straatmark en gee dit aan Kaptein Sardijn as `n geskenk. Hulle ontdek `n ou dagboek en vind uit dat die skip, De Eenhoorn, `n sentrale rol gespeel het in `n ware seeroweravontuur.

ISBN: 0798145838
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die avonture van Kuifie: Koning Ottokar se septer
Herge, Afrikaans Jaco Jacobs -

Kuifie en Spokie reis na Sildawie, saam met Professor Alembick en raak onwetend verstrengel in `n komplot om die Sildawiese koning uit die kussings te lig. Die plan is om die septer van Koning Ottokar te steel – daarsonder kan die heerser van Sildawie geen aanspraak op die troon maak nie. Die hulp van die nimlike Uys en Buys word ingeroep en `n jaagtog – deur die nag, oor berge en `n naelbytvlug in `n vliegtuig – is Kuifie se voorland.

ISBN: 0798145501
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Die avonture van Kuifie: Die krap met die goue knypers
Herge, Afrikaans Jaco Jacobs -

Geheimsinne leidrade sit Kuifie en Spokie op die spoor van `n gevaarlike bende opiumsmokkelaars. Kuifie word ontvoer, maar hy ontsnap en sy paaie kruis vir die eerste maal met Kaptein Sardijn. Saam pak hulle die smokkelaars in ’n avontuur wat hulle van die Saharawoestyn na ’n Marokkaanse hawe neem.

ISBN: ISBN: 079814551X
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die avonture van Kuifie: Die sigare van die Farao
Herge -

Tientalle Egiptoloe het al probeer om die grafkelder van Farao Kih-Oskh te vind en elkeen het in die proses verdwyn. Kuifie en Spokie ontmoet die misterieuse en eksentrieke Egiptoloog, Doktor Sarkofaag en gou beland hulle self in die soektog. Dit word duidelik dat die grafkelder veel meer as sand en mummies bevat. Hulle volg ’n leidraad - ’n simbool op ’n sigaarbandjie - en Kuifie en Spokie bots met ’n bende smokkelaars. Die avontuur neem hulle van Arabie na Indie en Kuifie moet alles uithaal om nie in die smokkelaars se web te beland nie.

ISBN: 0798145250
Kategorie:  strokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000