Oondvars liefde
Was jy al verlief?

Liefde is `n sprokie
Santie Nel -

`n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na `n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op `n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer - maar met `n heerlike moderne kinkel.

ISBN: 9780798170284
Kategorie:  liefde

NB uitgewers

Bestel by 
www.nb.co.za

Wian Verwey het `n crush op my
Tania Brink -

Wian Verwey het ’n crush op my. En ek is nie seker hoe ek daaroor voel nie. Elke keer as ek daaraan dink, kan ek nie help om te glimlag nie, want dit klink soos die titel van een van daardie Afrikaanse liedjies waarin als rym.

ISBN: 9480799370423
Kategorie:  liefde

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Ek en jy
Nerine Ahlers en Alet Steenkamp -

Ek het finaal besluit. Ouens is agterbakse miswurms. Net wanneer jy op jou gelukkigste saam met ’n ou is, bars die borrel. Hy cruise aan na die volgende meisie en jy voel soos ’n gek. Verwerp en verneuk en alleen. Ek is klaar met ouens. Ek gaan eendag in die berge in ’n klein huisie bly en groente plant. Iewers in die Himalajas waar daar geen mans is nie. Ek wil nooit in my lewe weer ’n man sién nie.

Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Daar is baie ander dinge waaraan sy al haar tyd en aandag kan bestee. Soos haar spysenieringsbesigheid, haar skoolwerk en haar kleinsussie, Mila, wat nog sukkel om hulle ma se dood te verwerk. Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer ’n ou ’n kans gee, of gaan sy weer seerkry?

ISBN: 9780799362862
Kategorie:  liefde

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Ouens is nes ekstra bagasie
Janie Oosthuysen -

Die 4e in `n reeks van 6 boeke: Rugbyballe en bikini’s; Daar’s ’n ou in my aarbei-smoothie; My hart klop muffins; Ouens is nes ekstra bagasie; Liefde is nie tjoklits nie; Soene op ’n Suzuki.

ISBN: 9780798156769
Kategorie:  liefde

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
Tania Brink -

Oukei, ek is nie `n kenner op die gebied nie, maar daar is darem `n paar dinge wat ek van soen af weet. Soos: Jou eerste soen is nie veronderstel om jou pens en pootjies binne-in `n winkelsentrum se fontein te laat beland nie.

Reza dink partykeer Murphy se Wet is spesiaal vir haar uitgedink. Daardie wet wat s? as iets verkeerd kan gaan, dan sal dit. In haar gunstelingskrywer se boeke het sulke rooigesig-oomblikke altyd romantiese gevolge, maar in die regte lewe werk dinge ongelukkig anders. In die regte lewe begin daar nie romantiese musiek speel as ?n ou jou soen nie. In die regte lewe verander ?n soen nie alle paddas in prinse nie.


ISBN: 9780799361131
Kategorie:  liefde

Kompetisie nr: 9

Vraag:

Sluitingsdatum: 2016-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Liefde is nie tjoklits nie
Helen Brain -

`n Droomou soos Scott . . . Hoe vang jy hom?
Dit is Tamara se probleem. En dit sou geen probleem gewees het as dit nie vir Jasmin was nie. Jasmin met die designer-klere wat altyd haar sin kry. Jasmin wat net een doel voor oe het: Scott. Watter kans het ’n beginner soos Tamara teen ’n ervare flirt? Iets drasties sal moet gebeur. Soos ’n totale makeover. Ander hare, klere en houding. Hopelik is dit nog nie te laat nie. Hopelik het Scott nog nie finaal vir Jasmin geval nie. Maar is hy ooit so genuine soos hy maak? Of speel hy net met almal se gevoelens?

ISBN: 9780798156790
Kategorie:  liefde

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Soene op `n Suzuki
Janie Oosthuysen -

Skaars het Lizanne die supervatterige Gerhard Greeff afgesê en met Ryno Thiart begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook (kramp kramp kramp) haar "Engelse" niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al wat wéét by hul kuier. As Ma net wil besef sy wat Lizanne is, sal doodgaan as sy Ryno moet verloor. As Gerhard net wil ophou om haar te stalk. As Mandy net skielik puisies, pokke en `yersinia pestis` wil kry. As . . . as . . . as . . . Wat kan sy doen om haar lewe en haar vakansie te red?

ISBN: 9780798156776
Kategorie:  liefde

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Al die meisies hou van Divan Louw
Tania Brink -

Om Divan Louw aantreklik te noem, is soos om te sê Mount Everest is hoog of Antarktika is koud – dis wáár, maar dit vertel nie naastenby die hele storie nie. Dit sê byvoorbeeld niks van sy vierkantige ken wat hom soos ’n model in ’n parfuumadvertensie laat lyk nie. Dit sê ook niks oor die kleur van sy oë nie – geheimgroen, seepsteengroen, stoutgroen. En dit sê geheel en al niks van sy blonde hare wat parmantig orent staan en sy bruingebrande maagspiere nie...
Ek ken sy tipe: Sulke ouens dink gewoonlik hulle is die beste ding sedert die iPhone uitgevind is – en meeste van die tyd het hulle die IK en persoonlikheid van ’n brood. Beslis nie my koppie rooibos nie. Maar dalk kan ek hom gebruik om ’n paar probleme op te los...



ISBN: 9780799354959
Kategorie:  liefde

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Verlief
Verskeie skrywers -

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-maag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand ’n liedjie op jou kitaar geskryf het... So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie... So verlief dat jy iets baie dom aangevang het... Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop!

Skrywers: Anzil Kulsen, Christien Neser, Elmarie Botes, Fnie Viljoen, Nelia Engelbrecht, Solet Scheeres, Elizabeth Wasserman.

ISBN: 9780799355079
Kategorie:  liefde

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Daar`s `n ou in my aarbei-smoothie
Janie Oosthuysen -

My hart behoort aan jou, aan jou ... Die woorde draai soos `n lied in my kop. Waar kom die verleidelik swart kaartjie met die goue boodskap vandaan? Se nou dis van die sexy donkerkop, die nuwe ou in graadelf op wie al die meisies verlief is? Hoe kan ek keer dat Mia se eerste kerel ons twee se vriendskap verwoes? Dan is daar ook nog Riaan wat my lewe versuur met sy opdringerige houding. Hoe gaan ek al hierdie dinge hanteer sonder dat my kop heeltemal uithaak? Lekker ligte stories vir jong lesers – vol drama en humor en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke.


ISBN: 9780798156752
Kategorie:  liefde

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Rugbyballe en bikini`s
Janie Oosthuysen -

Goue strande, sonbruin lywe en bikini`s. Niks gaan die vakansie op Duinebaai bederf nie, besluit Anelle. ’n Ander omgewing, ander mense, ander dinge om te doen. Ver weg van hartebreker, Pierre du Toit, en sexy Jenni Malan. Maar wat van Simone met haar uitlokkende stappie? En Johan Bekker met sy snedige aanmerkings en dreigende houding? Waarop gaan al die ontmoetings op Duinebaai uitloop? En dan is daar die rugbyheld, Martin Nel, en natuurlik wéér Jenni wat alles kom omkrap. Dis tyd vir wraak, besluit Anelle. Maar wraak smaak nie soos Smarties nie, vind sy bitter gou uit.



ISBN: 9780798156806
Kategorie:  liefde

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My hart is vol graffiti
Tania Brink -

Lara het die perfekte ou. Michael bring gereeld vir haar blomme skool toe. Sy glimlag sal enige tandarts laat straal van trots. En almal voorspel hy gaan oor twee jaar hoofseun wees. Die enigste meisie in die skool wat nie van hom hou nie, is haar beste vriendin, Vanessa. Maar dan moet Lara en Vanessa ’n artikel vir ’n tienertydskrif skryf. Die onderwerp is: Graffiti: kuns of krimineel? En hulle paaie kruis met dié van ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende, geheimsinnige skemerwêreld bekend stel. Skielik is Lara in twee geskeur. Aan die een kant is daar Lara-wat-nooit-die-skoolreëls-oortree nie-en-altyd-’n-A-kry. En aan die ander kant is daar Lara-wat-net-een-keer-wil-voel-hoe-dit-voel-om-op-’n-skateboard-te-ry-of-skelmpies-’n-gebou-met-spuitverf-te-bespuit.



ISBN: 978 0 7993 5121 7
Kategorie:  liefde

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Signed, hopelessly in love
Lauri Kubuitsile -

Amo lives with her grandmother in Botswana. She is best friends with Nono, the school`s star athlete, and works on the school newspaper. When she is asked to write the agony column she finds herself giving advice to the boy she is in love with, with dire results. Can she face the humiliation of having declared her love believing that it will be reciprocated? Aunt Lulu hits all the core notes for a great read: it is set in a high school, with entertaining main characters and incidents, there is the great love story of John Gababonwe, and the interfering parent in Granma, not to mention school bitchiness in the attack on Nono on the athletics track. A wonderfully original and humorous story. This book was a finalist in the 2009 Sanlam Prize for Youth Literature.


ISBN: 9780624052883
Kategorie:  liefde

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Om ’n ster te vang
Elana du Toit -

Die liefde bring vir Lienka net bekommernisse. Die Maan-en-Sterre-bal lê voor en dit lyk vir haar of haar wenkbroue besig is om bles te word. Dan is haar een oor ook steeds aan die verlep (so glo sy) omdat Hennie Vis-oog Visser in graad vier haar mond misgesoen, en haar oor getref het. Om nie eens te praat van haar moeilikheid met Gansnek Gysie wat sy oë nie van haar kan afhou, Innes, haar back-up boyfriend, en Leon, haar Smartieboks crush, nie. Wanneer die Maan-en-Sterre-bal aanbreek, is daar egter net een vyfster-ou om wie Lienka haar arms gaan vou ...



ISBN: 978 0 7993 4749 4
Kategorie:  liefde

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Liefde is...
Nerine Ahlers en Alet Steenkamp -

Moet ’n meisie op 17 ’n ou hê? Dit is die vraag waaroor Karli moet kopkrap vir die komende debatkompetisie. Maar in werklikheid is die debat op die oomblik die minste van haar bekommernisse. Daar is soveel ander vrae waarmee sy worstel ... Wat op aarde gaan tussen haar ma en pa aan? Hoekom is haar pa weg, sommerso sonder om te verduidelik wat aangaan? Waarom is sy en haar ma deesdae soos twee vreemdelinge vir mekaar? En dan is die Valentynsbal ook nog om die draai. Moet sy maar saam met Juan gaan, al irriteer hy haar meeste van die tyd? Of moet sy ’n kans waag met Stefan, die aantreklike donkerkop met die bruin oë, wat probeer om haar seerkry met pers blommetjies minder te maak?

ISBN: 978 0 7993 4696 1
Kategorie:  liefde

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000