Oondvars diere
Stories oor diere

Daar`s `n diplodokus voor die deur
Ruth Symons -

In die Dinosourusse: feite en geite-reeks verbeel ons onsself hoe dinosourusse in allerhande moderne situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bou, dieët en ander gewoontes en word dit relevant gemaak tot hul alledaagse ondervindings. Byvoorbeeld: As `n Diplodokus medisyne nodig gehad het vir maagpyn, sou hy klippe ingesluk het!

ISBN: 9780798165648
Kategorie:  diere

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die wonderlike wêreld van soogdiere
Jaco Jacobs en Fanie Viljoen -

Jy sal al die antwoorde in hierdie fantastiese feiteboek kry! Met 64 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwereld van soogdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diere-liefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!

ISBN: 9780799366716
Kategorie:  diere

LAPA

Bestel by 
www.kalahari.com

Wonderlike ware dierestories
Wendy Maartens -

Van slim diere tot dapper diere en selfs diere wat wêreldberoemd geword het! Die 31 ware dierestories in hierdie bundel sal jou met nuwe oë na ons dierevriende laat kyk. Wendy Maartens se toeganklike, lewendige vertellings sal jong diereliefhebbers vasgenael hou.

ISBN: 9780799362428
Kategorie:  diere

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Roofdiere in 3D
John Woodward -

Maak van aangesig tot aangesig kennis met die natuur se vreesaanjaendste roofdiere in ongelooflike 3 D! Loer in die skrikwekkende kake van `n mensvreterhaai. Kyk hoe `n skerpioen sy prooi met dodelik gif takel en swem saam met `n skool bloeddorstige piranhas. ’n 3 D-bril is ingesluit.

ISBN: 9780799358056
Kategorie:  diere

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Voëls van eenderse vere
Susan Long -

’n Innemende verhaal in rym oor ’n pragtige African Grey-pappegaai, Nebukadnesar die Derde, en sy onwaarskynlike speelmaat, Belinda die hommelby. Nebukadnesar woon diep in die oerwoud van Afrika. Hy word kleurvol in die lewe geroep wanneer hy sy vlerke sprei om te vlieg, en sodoende sy pragtige veredos tentoonstel soos hy saam met sy geveerde vriende deur die lug sweef en duik.

Maar elke diertjie moet ’n spesiale speelmaat hê! Belinda die by is Nebukadnesar se goeie maat en na ’n dag se harde werk, speel hulle heerlik saam wegkruipertjie in die oerwoud. Na hulle lekker gelag en nog lekkerder saam gespeel het, kry elkeen vir hulle ’n lêplekkie in ’n tamaaie ou boom en maak gereed vir ’n goeie nagrus. Claire Norden se bekende illustrasiestyl is helder en vrolik en hou bekoring in vir jonger lesers.

ISBN: 9781920572778
Kategorie:  diere

Struik Nature

Bestel by 
www.kalahari.com

Huberta se swerftog
Cicely van Straten -

In hierdie verkorte en vereenvoudigde weergawe van die oorspronklike 1988-uitgawe word die ware verhaal van Huberta die seekoei in fiksievorm oorvertel. Huberta het in 1928 haar 1600 km-lange tog tussen St Lucia en die Oos-Kaap aangepak. In die tyd het sy mense gaande gehad: waar sou sy volgende opduik? Nadat sy in KwaZulu Natal so amper gevang is om na die Johannesburgse Dieretuin geneem te word, het sy in Durban aangedoen, waar sy op `n strand en by `n buiteklub opgemerk is. Sy het na amper drie jaar se stap in 1931 in Oos-Londen aangekom. Ten spyte daarvan dat sy as kroonwild verklaar is, is sy kort daarna deur boere op hulle plaas doodgeskiet. Haar liggaam is in Londen deur `n taksidermis gestop, en sy staan nou statig in die Amathole Musuem in King William`s Town.


ISBN: 9780624055044
Kategorie:  diere

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

African reptiles & frogs to read, colour and keep
Sally MacLarty -

How does the sea snake swim? What is a `hinged` tortoise? Who cleans a crocodile`s teeth? Do toads cause warts? How do some frogs survive the dry season? Children will find the answers to these questions – and many other interesting facts – while enjoying hours of fun colouring in a selection of our most striking reptiles and amphibians (frogs and toads). There are more than 40 to colour in, each providing budding artists and inquisitive children with a snippet of knowledge as they work through the book. In the middle of the book is a gallery of all the featured creatures, but this time in colour, giving a clear guide as to which shade of crayon or paint to use when colouring in the outlined images throughout the book.


ISBN: 9781431700165
Kategorie:  diere

Struik

Bestel by 
www.kalahari.com

Sam
Ingrid vander Veken; vertaal deur Antjie Krog - Marjorie van Heerden

`n Ware verhaal van `n dogtertjie en haar olifant.

Marthe is `n Franse meisie wat saam met haar ouers en haar sussie in China bly. Vir haar agste verjaardag kry sy `n ongewone geskenk - `n baba-olifant! Sy naam is Sam en kort voor lank is die twee van hulle onafskeidbaar. Maar op `n dag gebeur daar iets wat alles verander...
Hierdie boek is gegrond op die ware verhaal van `n meisie wat meer as `n eeu gelede met haar olifant van China na Frankryk moes reis.


ISBN: 9780799349771
Kategorie:  diere

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Diere-verskille
Vertaler: Simone van der Merwe -

Kinders word gefassineer deur dinge wat ekstreem is in hulle ervaringswereld en hoe hierdie dinge met mekaar vergelyk - soos die grootste, die kleinste, die vinnigste, die stadigste, die slimste en die domste kreature in die wonderlike wereld van die diereryk! Hierdie boek beskryf en illustreer allerhande diere se karaktereienskappe en vergelyk dit met ander diere wat se eienskappe presies teenoorgesteld is. Jong lesers kan hulle verstom aan tonne wonderlike feite oor diere van regoor die wereld! Hierdie boek spog met pragtige aksiefoto`s van interessante diere en dieregedrag en sluit ook praktiese wenke in vir ouers en onderwysers oor leersame aktiwiteit en speletjies.


ISBN: 9780798155427
Kategorie:  diere

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Kom ontdek die diereryk
Terry Jennings -

Watter soogdier het boggels op sy rug? Hoekom spuit inkvisse ink uit? Hoe verander verkleurmannetjies die kleur van hulle velle? Kom kyk saam na al die verskillende soorte diere wat in dieretuine, wildtuine, voelparke, reptielparke en akwariums aangehou word en vind meer uit oor hierdie diere se natuurlike habitat, gewoontes en spesiale kenmerke. Bedreigde spesies, natuurbewaring en interessante feite oor allerlei diere: Kom ons ontdek die diereryk! Met handige wenke vir ouers en onderwysers.

ISBN: 9780798155380
Kategorie:  diere

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Diere: ’n Ensiklopedie vir kinders
Vertaal: Fred Pfeiffer -

Die grootste, die kleinste, die vinnigste, die gehardste, die vreemdste . . . jy sal hulle almal in DIERE vind! Begin jou reis met ’n volledige inleiding oor die dierekoninkryk. Die klassifikasie van diere, roofdiere en prooi, habitats en lewensiklusse word ondersoek.

Die verskillende afdelings kyk na al die grootste dieregroepe, onthul hul wonderlike lewens, hul stambome en sleutelfeite oor elkeen. Jy sal vlermuise en visse, leeus en lemurs, paddas en pikkewyne, walvisse en walrusse en nog vele vreemde en wonderlike diere in hierdie fantastiese ensiklopedie vind.

ISBN: 9780798157094
Kategorie:  diere

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Stoffel die ratel
Elmarie Botes - Samantha van Riet

Op ’n dag beland Stoffel die ratel by Moholoholo – ’n plek waar siek of beseerde diere versorg word. Eers is Stoffel baie bang vir al die vreemde mense en diere, maar dan kry hy ’n ratelmaatjie, Cheeky. Saam vang die twee ratels allerhande kattekwaad aan – hulle besluit selfs om ’n leeumannetjie ’n les te leer! ’n Prettige storie met ’n sterk bewaringstema. Agterin die boek is ’n gedeelte met interessante inligting oor ratels en pogings om hierdie kwesbare diere te bewaar.



ISBN: 978 0 7993 4676 3
Kategorie:  diere

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die Skatkis van Dierestories
Susannah Davidson - Rocio Martinez

Hierdie skatkis van verhale met pragtige illustrasies, bevat verhale van regoor die wereld. Van Aesop se klassieke stories, tot volksverhale uit Afrika en geliefde stories uit die pen van bekende skrywers soos Kipling.

ISBN: 9780798150293
Kategorie:  diere

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Heloise die swart tobie
Maritha Snyman -

Ná 29 dae in haar dop kan Helouise die swart tobie dit nie meer hou nie – sy moet uit! Maar die wêreld is ’n gevaarlike plek vir ’n jong kuikentjie. Daar is mense wat langs die see vakansie hou, honde wat jou gedurig wil jaag en gevaarlike voertuie wat op die strand rondry. Gelukkig besluit ’n paar besorgde mense om hulle oor Helouise te ontferm. Maar op ’n dag gebeur ’n vreeslike ding met Helouise ... `n Prettige storie met `n sterk bewaringstema.

ISBN: 978079942246
Kategorie:  diere

LAPA

Diva Veronica
Mariana Brandt - Tanja Joubert

Veronica van Vygiefontein se droom was om eendag die Hoenderhokgedigte op ’n groot verhoog voor te dra. Min het sy geweet hoe gou haar droom waar sou word, maar ook watter gevare en hindernisse sy sou moes oorkom voor dán. Maar gelukkig het sy haar oom Parsons (wat haar uitgebroei het), die wyse Vernon en die sjarmante Herman om haar hand e . . .e . . . vlerk, vas te hou. En uiteindelik Veronica se groot liefde, Pikkeling van Carnavon.
Veronica se opgang tot diva is vol humor, deernis, ware feite en ware hoenders, aangesien sy werklik in iMumbo Jumbo, Brett Bailey se verhoogstuk in die Baxter, gespeel het, en daar vele koerantartikels oor haar en die kontroversiële stuk was.


ISBN: 9780798150507
Kategorie:  diere

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000