Oondvars humor
Snaakse stories en boeke

1001 Grappe
Jaco Jacobs -

Lus om die jongklomp te laat lag? Hierdie lawwe versameling met 1001 grappe sal kinders ure lank laat skaterlag. Daar is blondinegrappe, skoolgrappe, grillerige grappe, gloeilampgrappe, lawwe rympies, snaakse sêgoed, kopkrappers en olifant-grappe.

ISBN: 9780799373981
Kategorie:  humor

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Slim vang ... die grap!
Pieter van der Lugt - Maja Sereda

Hier is nog sowat 100 nuwe, oorspronklike grappe vir laerskoolkinders, volgens die wenresep van die eerste titel (Hoe meer haas, hoe minder wortels, 2014), en volgens onderwerpe bymekaar geplaas.

"Dokter, dokter, ek kan nie ophou geld uitgee nie."
"Mooi, hier`s my rekening."

ISBN: 9780624073215
Kategorie:  humor

Tafelberg

Bestel by 
www.takealot.com

Hoe meer haas... hoe minder wortels!
Pieter van der Lugt - Maja Sereda

Hier is sowat 100 nuwe, oorspronklike grappe vir laerskoolkinders, volgens onderwerpe bymekaar geplaas: Klop-klop grappe, kosgrappe, Grappe met monsters en feetjies, dieregrappe, sportgrappe, eksamenflaters. Dit is ook een van die grappe in lg. afdeling waaraan die titel ontleen is: die korrekte idioom is “Hoe meer haas, hoe minder spoed”, dus glad nie oor hase wat wortels eet nie! Maja Sereda se lyntekeninge in swart en wit bring die humor nog verder uit.

ISBN: 9780624068877
Kategorie:  humor

Tafeberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Die groot, vet Suid-Afrikaanse kindergrapboek
Random House Struik -

Dit is die boek wat die lagspiere van alle kinders in Suid-Afrika – die oues sowel as die jonges – sal kielie. Die Groot, Vet Suid-Afrikaanse Kindergrapboek bevat elke denkbare soort grap, van klop-klop-grappe tot kwinkslae en klassieke grappe van toeka se dae. Daar is kort grappe, en langer grappe, en vrae en lawwe antwoorde.
Daar is diere wat praat, kinders wat grootmense uitoorlê, grappe oor onderwysers en leerders, sport en rekenaars, die kostelike (en skreeusnaakse) dinge wat kinders kwytraak, en nog baie, baie meer. Die Groot, Vet Suid-Afrikaanse Kindergrapboek sal vir seker alle kinders laat skaterlag, of hulle nou sewe of sewentig jaar oud is!

ISBN: 9781770224247
Kategorie:  humor

ZEBRA PRESS

Bestel by 
www.kalahari.com

Zackie Mostert se groot grapboek
Jaco Jacobs -

Granaatstraat is `n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ... Die ondeunde Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om `n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou sal laat skater.


ISBN: 978 0 7993 5501 7
Kategorie:  humor

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Grappe van A-Z
Maritha Snyman -

Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt Hoekom ry die ryk blondine ’n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate? Want hulle vingers is so groot. ’n Bielie van ’n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS’e.



ISBN: 978 0 7993 4961 0
Kategorie:  humor

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Projek Paddaprins
Maritha Strydom -

"Padda!" Wat soek `n padda in die parfuumwinkel? En nie net één padda nie ... Eers maak `n bruinerige, slymerige vleipadda sy opwagting. En toe `n groot groen brulpadda ... Die arme Monique se senuwees kan dit nie meer hou nie. As iemand nie vinnig die geheim van die paddas oplos nie, gaan Monique haar werk in die parfuumwinkel verloor. Daarom besluit Angelette, Soekie en Toni om ondersoek in te stel ...

ISBN: 9780799342567
Kategorie:  humor

LAPA

Willemien en die geel kat
Chris Riddel -

Ontmoet Willemien van Rooyen en haar beste vriend, meneer Knuffel. Geen raaisel is ooit te moeilik vir hulle twee nie… Daar is ‘n reeks inbrake in Groot Stad. Kosbare skoothondjies verdwyn links en regs. Iets moet gedoen word… Kan Willemien en meneer Knuffel ‘n slim plan uitdink?

ISBN: 978 0 7993 4172 0
Kategorie:  humor

LAPA Uitgewers

Jamie en Sebastiaan en die storiemol
Martie Kruger en Martie Preller -

In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ‘n baie belangrike opdrag – hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn, en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog.’n Wêreld sonder stories sal ‘n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur – met die hulp van ‘n slim sprinkaan en ‘n pratende hysbak!

ISBN: 978 0 7993 4134 8
Kategorie:  humor

LAPA Uitgewers

Die seun met die blou hare
Nelia Engelbrecht -

Luna is anders as al die ander kinders wat ek ken. En dis nie net omdat hy blou hare het, maantaal kan praat en ’n luislang vir ’n troeteldier het nie … Onder daardie blou hare van hom broei allerlei prettige planne uit. As Luna se oë begin blink, moet jy weet hy het aan ’n plan gedink om die skool se fietsresies te wen … of spesiale Sleepkoekies te bak … of skurke op hulle plek te sit … Saam met Luna is elke dag vol vreemde en wonderlike avonture!

ISBN: 9780799338881
Kategorie:  humor

LAPA

Lekker verjaar Jamela!
Niki Daly -

Een van die dae verjaar Jamela. Sy en Mama en Gogo gaan koop vir haar partytjieklere, en daar raak sy toe hopeloos verlief op ’n paar regte prinsesskoentjies met blink gespetjies en satynstrikkies. Hulle sal so mooi lyk by haar nuwe partytjierok! Maar Mama sê nee. Jamela moet haar nuwe skoene ook skool toe kan dra. By die huis haal Jamela die paar sterk swart skoolskoene wat Mama vir haar gekoop het uit hulle doos. Met ’n swaar hart kyk sy na hulle. Maar skielik kry sy ’n blink idee . . .

ISBN: 978-0-624-04554-0
Kategorie:  humor

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Die teddiebeertjie wat sy grom verloor het
Carrie Brook -

Geniet die storie van ’n hond met kolle, ’n groot bruin beer, ’n kwaai wolf en die teddiebeertjie wat sy grom verloor het. Dit is ’n pragtige storie oor teddiebeertjie wat op soek is na sy identiteit – sy grom. Die klankknoppie maak die leeservaring ’n prettige een!


ISBN: 9780798148658
Kategorie:  humor

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 1
Snyman, Maritha - Meyer, Nico

Die Omnibusse bevat elk twee boeke in die Lekker Lawwe Lagboekreeks - Omnibus 1 bevat boeke 1 & 2 en Omnibus 2 bevat boeke 3 & 4. Pragtig geïllustreer deur Nico Meyer, verseker dié boeke die langste, lekkerste, hardste lag nog!

ISBN: 9781919765167
Kategorie:  humor

Fantasi

Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 2
Snyman, Maritha - Meyer, Nico

Die Omnibusse bevat elk twee boeke in die Lekker Lawwe Lagboekreeks - Omnibus 1 bevat boeke 1 & 2 en Omnibus 2 bevat boeke 3 & 4. Pragtig geillustreer deur Nico Meyer, verseker dié boeke die langste, lekkerste, hardste lag nog!

ISBN: 9781919765181
Kategorie:  humor

Fantasi

Liewe Grapste Grapboek 1
Snyman, Maritha - Meyer, Nico

Die eerste Afrikaanse grapboek saamgestel uit lesers se bydraes vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal nou ook ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Pragtig geïllustreer met spotprentjies deur Nico Meyer.

ISBN: 9781919765174
Kategorie:  humor

Fantasi

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000