Oondvars sprokies
Al die bekende stories

Sprokies vir woelwaters
Wendy Maartens - Maja Sereda

In hierdie kleurvolle sprokiesboek word ses van die bekendste en mees geliefde sprokies deur Wendy Maartens oorvertel. Die Gemmerbroodman, Die rottevanger van Hameln, Gouelokkies en die drie bere, Die paddaprins, en Hansie en Grietjie steel al vir eeue lank kinders se harte en is perfek vir slaaptyd!

ISBN: 9780799370478
Kategorie:  sprokies

LAPA

Bestel by 
http

Die Pratende Pot
Helena Lochner - Nikki Jones

Helena Lochner se belangstelling in stories het ontstaan na aanleiding van die verhale wat die slawenageslag op hulle familieplaas saans vertel het. Hierdie is `n keur uit Helena Lochner se mooiste verhale, waarvan die bekendstes Ou tante Langtand, Ou mamma Kromneus, Die pratende pot, Ou meneer Springer, die Boomprinses, e.a. ingesluit word. Die stories word gekenmerk deur patrone en gebeure wat tipies is van volksverhale, mites en sprokies – o.a. humor, die kwade wat gestraf word, die goeie wat seevier, fyn sin vir klank en ritme.

ISBN: 9780798150019
Kategorie:  sprokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die prinses van die Afrikavlaktes
Alana Bailey - Emily Bornoff

Lank, lank gelede was daar `n prinses wat net so mooi was soos die wye grasvlaktes van haar land. Op `n dag ontmoet sy `n sterk, dapper prins. Hy het hom verwonder aan haar skoonheid en die prinses het haar verluister aan die prins se stories oor sy reise en avonture. Hulle het mekaar baie lief gekry. `n Betowerende Afrikasprokie oor die ware betekens van geluk.

ISBN: 0 7993 3696 3
Kategorie:  sprokies

LAPA

Goue lint, my storie begint
Linda Rode -

Die bundel is `n potpourri, `n bredie, `n lappieskombers van verhale - oues en nuwes uit eie bodem, asook verhale vanuit die haas onuitputlike skat van Europese sprokies. Dis die ideale kennismaking vir kinders of selfs onderwysstudente met verskillende storie-genres vir jong kinders.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  sprokies

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

`n Reis deur Sprokiesland
Oorvertel deur onderskeidelik Hester Waher, Christine Smit en Jalna Schumann - L. Crismer

Die agt sprokies in elk van hierdie kleurryke bundels is gunstelinge wat die toets van die tyd deurstaan het en altyd gewild sal bly. Hulle is in keurige, maklik verstaanbare Afrikaans oorvertel en ideaal vir voorlees met slaaptyd, maar ouer kinders wat al self kan lees, sal net soveel plesier aan die versameling hê. Beide hierdie bundels is boeke vir lees - en weer en weer lees.

ISBN: xxxxxx
Kategorie:  sprokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die mooiste Afrikaanse sprokies
Pieter W. Grobbelaar - S Verster

Die mooiste Afrikaanse sprokies, vir die eerste keer in 1968 uitgegee, met herdrukke in 1984 en 1993, spog nou met ’n splinternuwe baadjie. Hierdie 54 verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskeppinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en die res van Afrika.

In hierdie bundel vind ons die immer-geliefde Jakkals-en-Wolf-stories, Hasie Kalbassie, Brommer en By, Tyl Uilspieël, en talle ander ander. Stories vol sprankel en humor, wat oud en jonk baie plesier sal verskaf deur baasverteller Pieter W. Grobbelaar, kenner op die gebied van die Afrikaanse volksverhaal. Die uitbundige illustrasies deur Séan Verster dra uitstekend by tot die vermaaklike aspek van die verhale.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  sprokies

Human & Rousseau

Bestel by 
boek uit druk

Klassieke sprokies
Oorvertel deur Nicola Baxter -

`n Versameling van vier-en-twintig sprokies deur Hans Christian Andersen en die Grimm-Broers. Dit sluit gunstelinge is soos Sneeuwitjie, Repelsteeltjie, Die lelike eendjie en Die prinses en die ertjie. Gekies vir Exclusive Books se Publisher`s Choice-promosie 2003.

ISBN: 31856
Kategorie:  sprokies

Lapa

Bestel by 
boek uit druk

Sprokies vir kleuters
verskeie -

Hierdie versameling van die mooiste en gewildste klassieke sprokies, is reeds sedert 1979 `n topverkoper. Nou, in `n splinternuwe en luukse formaat, kan `n nuwe geslag kinders en hul ouers weer opnuut deur stories soos Pinocchio, Hansie en Grietjie, Die lelike eendjie en Repelsteeltjie bekoor word. Elke storie word gekomplimenteer met groot, volkleur illustrasies. Die stories is ideaal vir voorlees en selflees.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  sprokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Aandstories vir kleuters
Pieter W. Grobbelaar -

Die Rooi Boek, soos na hierdie sprokiesboek verwys word, het oorspronklik in 1970 in Afrikaans verskyn en was so gewild dat dit sedertien reeds agt keer herdruk is – in totaal byna 90 000 eksemplare. En hier’s hy nou weer. Hier is al die sprokies en mooi kleurprente waarmee so vele van vandag se grootmense grootgeword het – en nooit sal vergeet nie. Dis die stories wat jou saans bed toe gelok het en waarmee jy leer lees het. En hier is hulle nou almal: Die Skone Slaapster, Die Lelike Eendjie, Sneeuwitjie En Die Sewe Dwergies, Heidi, Aspoestertjie, Jan En Die Boontjierank, Gouelokkie En Die Drie Beertjies, Klein Duimpie en Rooikappie. Plus 14 kleuterrympies deur onder andere Leon Rousseau en E P du Plessis. Alles in lekker Afrikaans, maklik verstaanbaar, maar sonder om kinders se intelligensie te onderskat. Lees dit saans vir die kleingoed voor of laat hulle self hul Rooi Boek van voor tot agter deurlees – en weer lees.

ISBN: 0798101784
Kategorie:  sprokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die verhale van Hans Christian Andersen
Hans Christian Andersen - Joel Stewart

Hans Christian Andersen het sy lewe ’n feëverhaal genoem. Hy het uitgestyg uit die obskuriteit van die agterstrate om een van die mees bekende mense ter wêreld te word. Maar, soos Naomi Lewis in haar inleiding uitwys, sprokiesverhale het ook ’n donkerder kant. In die werklike lewe was Andersen geplaag deur self-twyfel, finansiële onsekerheid en tandpyn – net soos die karakters in sy verhale wat blootgestel word aan beproewinge, doringwoude en onbestygbare berge van glas. Maar dit is juis hierdie donker momente wat van die onvergeetlikste aspekte in Andersen se werk is.

In totaal het hy 160 verhale geskryf. Dertien van die bestes is in hierdie versameling saamgevat, insluitende Die prinses en die ertjie, Duimelientjie, Die keiser se nuwe klere, Die meerminnetjie, Die lelike eendjie en natuurlik, Die Sneeukoningin. Ook minder bekende verhale soos Die kruidenier se kabouter en Die vlieënde trommel figureer ook.

En nou lê ’n wêreld oop om verken te word. Een wat gekenmerk word deur Andersen se onweerstaanbare humor, sy bekoorlike narratiewe styl, sy meesterlik vermoë om ’n stem te gee aan dinge. Die briljantheid van hierdie werk staan onaangeraak deur tyd.

ISBN: xxxxxxxx
Kategorie:  sprokies

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000