Oondvars histories
Stories oor lank gelede

Helde van Suid-Afrika 3
Wendy Maartens - Alex van Houwelingen

Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet `n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, `n klein brakkie met `n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. `n Klein brakkie met `n groot hart Wollie was `n hawelose Maltese poedeltjie met `n groot hart en hy het dit reggekry om `n man se lewe te red. 2. `n Reënboog vir Laingsburg In 1981 het vreeslike vloedwaters Laingsburg getref, en die heldedade van daardie dag leef vandag nog voort. 3. Desmond Tutu Desmond Tutu was `n arm klein seuntjie wat later een van die grootste leiers in ons land se geskiedenis geword het. 4. Kaalvoet deur `n oorlog Ontmoet `n dapper seuntjie wat al die pad van die Vrystaat na die Kaap gestap het om sy ouers tydens die Anglo-Boereoorlog op te spoor. 5. Enoch Sontonga, `n man met `n lied in sy hart Die inspirerende lewensverhaal van die man wat `Nkosi sikelelee iAfrika` geskryf het. 6. Die lang pad van Emilie Lehn Ontdek die verstommende verhaal van Emilie Lehn, wat as `n slavin in Kaapstad gebore is. Die stories word op `n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

ISBN: 9780799389265
Kategorie:  histories

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Helde van Suid-Afrika 1
Wendy Maartens -

Ontmoet `n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek die ongelooflike verhaal van oudpresident Nelson Mandela wat na 27 jaar in die tronk ons re�nboognasie na vryheid gelei het; lees hoe Wolraad Woltemade en sy perd tydens `n storm die see ingeswem het om die matrose van `n sinkende skip te red; en ontmoet `n dapper jong seun wat in die Anglo-Boereoorlog geweier het om sy mense te verraai. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:

1. `n Perd van `n ander kleur
2. Die matriekheld van Henley-on-Klip
3. Nelson Mandela, `n leier so na ons hart
4. Nkosi Johnson veg vir hoop
5. Wolraad Woltemade, `n melkboer met durf
6. Japie Greyling swyg

Die stories word op `n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

ISBN: 9780799388565
Kategorie:  histories

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Suid-Afrikaanse helde en ikone
Wendy Maartens -

Ontmoet van die dapperste mense (en diere) in Suid-Afrika se geskiedenis ...

Wolraad Woltemade wat manalleen met sy perd die stormsee ingery het om skipbreukelinge te red.

Die onverskrokke generaal Koos de la Rey wie se dapperheid vandag nog besing word.

Wolllie, ’n klein brakkie met ’n groot hart.

Die siek seuntjie Nkosi Johnson wat mense regoor die wêreld geleer het om siek mense met respek te behandel.

En Nelson Mandela wat 27 jaar in die tronk was sodat sy land se mense vry kon wees.

Wendy Maartens se lewendige, deernisvolle vertellings maak hierdie klassieke en moderne Suid-Afrikaanse heldestories vir oud en jonk toeganklik. ’n Moet-hê-boek vir elke huis!


ISBN: Wendy Maartens
Kategorie:  histories

Kompetisie nr: 1

Vraag: Noem een van die ikone op die voorblad.

Sluitingsdatum: 2013-08-31

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Beste mnr. Mandela
Jomarie Dick - Doret Ferreira

Die verhaal van Nelson Mandela - van kinderjare tot aftrede - word in `n kleurvolle mengsel van foto`s, illustrasies en lewendige, bondige teks uitgebeeld. Oor vyf dele ontvou sy lewe: die Oos-Kaap (waar hy gebore is en sy kinderjare deurgebring het), Johannesburg (waar hy sy politieke ontwaking gehad het), Robbeneiland (bevat `n "dagboek" van kinders wat op Mandela-dag die eiland besoek het), vryheid en jare as president, en "Madiba die celeb" - oor sy internasionale ikoniese status en die "Madiba Magic" wat hy uitstraal. Dis `n blaaiboek, maar ook `n uitstekende naslaanwerk, en hoewel dit gemik is op jong tieners, sluit dit nie jonger lesers en volwassenes uit nie. Die visuele materiaal is jonk en modern en die ontwerp fris en nuut

ISBN: 9780798151535
Kategorie:  histories

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Totsiens Tommasino
Philip de Vos -

Op veertienjarige ouderdom is die jong Wolfgang Amadeus Mozart op reis saam met sy pa deur Italie om daar Wolfgang se talente aan die adellike howe bekend te stel. In Florence ontmoet die wonderkind - wat tot dusver baie eensaam in al die grootmensgeselskap was - die ewe jong en talentvolle Thomas Linley, afkomstig uit Bath, Engeland. Vir die eerste keer in sy lewe vorm Wolfgang `n hegte vriendskap en beleef hy saam met Tommasino, soos Linley in Florence genoem word, dramatiese, humoristiese en emosionele oomblikke in hul drie sublieme dae saam.

ISBN: 9780798148238
Kategorie:  histories

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Keerpunte in die geskiedenis
Verskeie Historici -

Hierdie reeks, uitgegee in opdrag van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, bestaan uit ses handboeke en `n onderwysersgids. Die reeks is gemik op leerlinge van Gr 10 tot 12 en dek belangrike keerpunte in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, van die vroegste nedersettings tot die jongste politieke ontwikkelings. Dit is geskryf deur 18 van die land se voorste historici en bevat `n verskeidenheid van perspektiewe om lesers in staat te stel om `n eie interpretasie van die geskiedenis te ontwikkel.

ISBN: 9780624044475
Kategorie:  histories

Tafelberg Uitgewers

Bestel by 
www.kalahari.com

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000