Oondvars bekronings
Boeke wat pryse gewen het

Waarvoor is seeowers bang?
Jaco Jacobs - Chris Venter

Stormsee, skeurtandhaai, swartseeslang. Ek weet waarvoor is seerowers bang! Almal weet seerowers is vreesloos en dapper. Hulle skrik nie vir storms op see nie. Seemonsters gee hulle nie nagmerries nie. En as hulle `n seerowerskat moet soek, skrik niks en niemand hulle af nie. Maar Sanmarie is seker daar is een ding waarvoor seerowers sommer baie bang is. En sy is van plan om by haar pa, kaptein Kalamari, en sy twee manskappe, Tjokka en Charlie, uit te vind wat dit is..."

BEKRONINGS:
ATKV-kinderboektoekenning 2010


ISBN: 9780799354867
Kategorie:  bekronings

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Siyolo se trui
Mari Grobler - Elizabeth Pulles

Siyolo trek sy geel en rooi trui aan, maar toe iets sy hand kielie, besef hy dat sy gunstelingtrui besig is om uit te rafel by die mou. Hy besluit om verskeie mense met wol van sy trui te help: elkeen op `n unieke manier.

BEKRONINGS:
M.E.R.-prys vir `n geïllustreerde boek 2008.
IBBY Ererol vir illustreerders 2009
Exclusive Books IBBY SA Toekenning 2009



ISBN: 9780624046059
Kategorie:  bekronings

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Thomas@aksie.net
Carina Diedericks-Hugo -

Almal is opgewonde oor Thomas se kans om `n sepiester te wees. Hy het immers `n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy medester is die aantreklike Fleur Vermaak. Maar Thomas wonder hoe op aarde hy sy plek in die rugbyspan gaan behou, met Billy Fourie wat na hulle skool toe kom. En hy en Alex kry deesdae skaars tyd om te gesels. Boonop begin allerlei vreemde dinge gebeur ... Iemand gooi `n baksteen deur Thomas-hulle se glas-skuifdeur. Die boodskap wat om die baksteen gedraai is, voorspel niks goed nie: BLY WEG VAN MALANS VAN MARTHAHEIM. JY`T NIKS DAAR VERLOOR NIE. En Thomas is seker hy het iemand by die grillerige TV-ateljee sien rondsluip ... `n donker figuur met `n jas ...

BEKRONINGS:
ATKV Kinderboektoekennings, 2008.

ISBN: 9780799340921
Kategorie:  bekronings

LAPA Uitgewers

Slym en die gogga-sirkus
Fanie Viljoen -

Die gogga-sirkus is hier! Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas is baie opgewonde. Maar iewers sluip `n skelm met bose planne rond ... Sal slym en sy beste vriend, Paddavoet, `n plan kan maak voordat dit te laat is?

BEKRONINGS:
ATKV Kinderboektoekennings, 2008

ISBN: 9780799338928
Kategorie:  bekronings

LAPA Uitgewers

Danie Dreyer se dinosouruseier
Jaco Jacobs - Maja Serada

Danie Dreyer koop ’n dinosouruseier – die ding is baie duur! Kort voor lank broei dit uit en nou het hy ’n reusagtige troeteldier! Ontmoet Hermien Human met haar hoed vol horlosies. Kom ry saam op Fanie Fourie se fantastiese fiets. En vind uit waarom Zuraida Zeelie deesdae Zoem! Heerlike humor, vreemde versies en prettige prente – hierdie alfabetboek is voortreflike vermaak!

BEKRONINGS:
ATKV Kinderboektoekennings, 2008.

ISBN: 9780799339970
Kategorie:  bekronings

LAPA Uitgewers

Die onderwêreld
Fanie Viljoen -

Die verhaal speel af by `n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, `n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm `n band tussen die twee seuns. Die verhaal speel af by `n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, `n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm `n band tussen die twee seuns. Ekhardt erken dat hy `n voortreflike rekenaar hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwereld in wat hom, onwillekeurig, in `n gevaarlike avontuur intrek.

BEKRONINGS:
Sanlamprys vir jeuglektuur,Silwer Afrikaans, 2007.

ISBN: 9780624046691
Kategorie:  bekronings

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Stalmaats: Die spookperd
Lize Roux -

Anri, Karen en Megan is baie opgewonde.Tannie Maja en oom Dewald beplan ’n opwindende pretrit vir die Stalmaats. Twee hele aande in die veld saam met die perde.Maar sommer op die tweede dag van die pretrit loop dingeskeef ...Sal Anri en haar maats kan keer dat die pretrit in ’n nagmerrierit verander?

BEKRONINGS:
ATKV Kinderboektoekennings, 2008.

ISBN: 9780799338232
Kategorie:  bekronings

LAPA Uitgewers

Ouens is nie pizzas nie
Tania Brink -

Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in `n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie. Dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties: Markus met die blonde hare en blou oë en Abrie, die geheimsinnige donkerkop. Zanelle se vermoede dat albei boeties op Anja verlief is, val op dowe ore. Maar dan gebeur daar iets wat Anja en Zanelle woedend maak vir die twee sexy broers...en dinge raak warmer as `n Mexikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

BEKRONINGS:
ATKV Kinderboektoekennings, 2007.




ISBN: 0 7993 3632 7
Kategorie:  bekronings

LAPA Uitgewers

Droomoog Diepgrawer
Leon de Villiers - Berco Wilsenach

Lank-lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor – Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond!

Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit! Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die verskriklike Vreet se kloue?

Die atmosferiese illustrasies is die werk van die beeldhouer en installasie-kunstenaar, Berco Wilsenach. Vir 9- tot 12-jariges

BEKRONINGS:
Alba Bouwer Prys vir Kinderlektuur 2003;
CP Hoogenhouttoekenning 2003-2004

ISBN: 0 7993 41706
Kategorie:  bekronings

LAPA

Geraamte in die klas
Fanie Viljoen - Karl Stephan

In Geraamte in die klas vertel een van my leerders, Stephan, hoe hy en sy vriend, Cobus, vir my, juffrou Beneke, per ongeluk in `n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie.

BEKRONINGS:
M.E.R.-prys: Beste geïllustreerde kinderboek, 2007;
ATKV Kinderboektoekennings, 2007.

ISBN: 0798146168
Kategorie:  bekronings

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Mia se Ma
Marita van der Vyver - Piet Grobler

Dis Mia se verjaardag, maar hoekom is al haar maatjies bang vir haar ma? Is sy ’n heks, of ’n towenaar, of ’n goeie fee, en kan sy met diere praat en in die lug vlieg? Nou hoekom sal Mia se maatjies al die goed van haar ma dink? Wat het Mia vir hulle gesê? Wel, Mia was moeg daarvan om te hoor hoe wonderlik haar maatjies se ma`s is - toe bedink sy `n goeie plan om hulle te troef.

BEKRONINGS:
M.E.R.-prys vir jeuglektuur, 2006.
Katrine Harries-prys vir jeugboekillustrasies, 2005.

ISBN: 0798144955
Kategorie:  bekronings

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Diep, diep in ’n donker bos
Martie Preller - Andries en Erica Maritz

Diep, diep in ’n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het. “Wie woon nog in die diep en donker bos?” wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners. Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir ’n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik die Babalela, die enigste een wat al ooit ’n avontuur buite die bos beleef het. Maar nie vir lank nie… Die ander bosbewoners is vasbeslote om ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken. Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in bokse. Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?

Die animasiekunstenaars, Andries en Erica Maritz, is verantwoordelik vir die betowerende illustrasies.

BEKRONINGS:
Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur, 2006.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  bekronings

Lapa-Uitgewers

Stalmaats: Totsiens Sugerplum
Lize Roux -

Anri se verjaardag is om die draai. Sy en haar twee Stalmaats-vriende, Karen en Megan, beplan die beste verjaardagpartytjie ooit. Maar dan hoor Anri verskriklike nuus by Vinette...Gaan Sugarplum aan die ongeskikte Benedictus Dippenaar verkoop word? Hoekom jok Jacques vir Anri? En gaan hierdie die aakligste verjaardag van Anri se hele lewe wees?

BEKRONINGS:
ATKV Kinderboektoekennings, 2007.

ISBN: 0798146265
Kategorie:  bekronings

LAPA Uitgewers

Wurms en tamatiesous
Jaco Jacobs -

Het jy al ooit gewonder wat op die spyskaart is by die Rilrestaurant? Is jou boetie dalk ’n alien? Wat is die beste raad vir ’n wegloopneus? Waarom is skottelgoed gevaarlik? Almal weet van Mary se beroemde lammetjie – maar het jy al haar ander troeteldier ontmoet? Hierdie vrolik-geïllustreerde bundel bevat meer as vyftig prettige, oorspronklike, grillerige en skreeusnaakse rympies uit die pen van Jaco Jacobs.

BEKRONINGS:
Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur, 2006.

ISBN: 0 7993 3443 X
Kategorie:  bekronings

LAPA Uitgewers

Operasie M.I.A.A.U.
Carina Diedericks-Hugo - Séan Verster

Felix is ’n gewone elfjarige wat op ’n koue wintersoggend moet opstaan vir skool. Maar dis nie sy pa wat hom wakker maak nie, dis meneer Haasbroek, Felix se suster Madelein, se kat. En meneer Haasbroek praat met hom! Meneer Haasbroek wil hê Felix moet Die Magtige Internasionale Anti-Aapskeloerdersunie (M.I.A.A.U.) help om bullebakke vas te trek. Felix se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, want binne oomblikke word hy ingetrek in ’n netwerk van agterdog, gemene spel en korrupsie. En die ander rolspelers? Meneer Rippenaar, pikswart met enorme groen oë, mevrou Bangani, lank en maer en uiters fynbesnaard, meneer Ching en mevrou Cho, belangrik en Siamees, die onbeholpe Jannie - en vele ander. ’n Aksiebelaaie, humoristiese storie met interessante karakters wat jou sal noop om ná dese met ander oë na katte te kyk.

BEKRONINGS:
ATKV Kinderboektoekennings, 2006.

ISBN: 0798144904
Kategorie:  bekronings

Human & Rousseau

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000