Oondvars speur
Om geheime te ontrafel...

Sanri Steyn 6: Die nag van die weerwolwe
Theresa van Baalen - Johann Strauss

Sanri Steyn droom daarvan om eendag `n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie `n sappige ROU steak in haar pousekosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is?
As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom `n storie ...Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is `n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys?

ISBN: 9780799379068
Kategorie:  speur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Sanri Steyn 5: Die monsters van middernagstraat
Theresa van Baalen - Johann Strauss

Sanri Steyn droom daarvan om eendag `n w�reldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.
Sanri se neus begin kriewel toe `n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding: sy ruik `n storie!
Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Muller se oulike skoothondjies `n oomblik lank in `n monster verander ...
`n Nare monster met bloedrooi o�, `n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek.
Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn ...

WEDSTRYD: Wen twee boeke in die reeks.

ISBN: 9780799380033
Kategorie:  speur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein
Theresa van Baalen - Johann Strauss

Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met �n spookmeisie � en sy het hulle hulp nodig.

ISBN: 9780799372922
Kategorie:  speur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte
Theresa van Baalen - Johann Strauss

Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op: hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het `n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. `n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

ISBN: 9780799372915
Kategorie:  speur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Speurder Kwaaikofski 12: Muise en gespuise
Jurgen Banscherus -

Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer sy speursake soos `n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie `n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op `n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde w�reld van kuberkrakers. Hy moet `n geheimsinnige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, voor dit dalk te laat is . . .

ISBN: 9780798169868
Kategorie:  speur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Speurder Kwaaikofski: Die stinkstorie
Jurgen Banscherus - Ralf Butschkow

Bloot �n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om �n nuwe saak te ondersoek. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na �n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in �n baie gevaarlike situasie. Alleen en verdwaal in �n doolhof van donker tonnels, kry die speurder uiteindelik snuf in die neus.

ISBN: 9780798166577
Kategorie:  speur

LAPA

Bestel by 
www.kalahari.com

Speurder Kwaaikovfski: Monster, maan en mottegif
Jungen Banscherus -

Kwaaikovski is geen amateur nie - hy verkies om agter die skerms te werk. Maar in sy nuutste ondersoek beland hy in die kollig op die verhoog! Drie akteurs met hoofrolle in die skoolopvoering het onder vreemde omstandighede bedank...En net die mees talentvolle speurder in die dorp sal nou die skoolfees kan red!

ISBN: 9780798169806
Kategorie:  speur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Sanri Steyn: Die aliens oorkant die straat
Theresa van Baalen - Johann Strauss

Sedert sy in Raaiselfontein kom bly het, het Sanri haar eie koerant, Die Raaiselfontein Gazette, begin. Sy en die buurseun, Markus, rapporteer in elke uitgawe oor al die opwindende dinge wat op die dorp gebeur.

ISBN: 9780799366730
Kategorie:  speur

LAPA

Bestel by 
www.kalahari.com

Sanri Steyn: Doktor Zambos se geheime formule
Theresa van Baalen - Johann Strauss

Sanri droom daarvan om eendag `n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy gaan stories uitsnuffel waar ander te bang is om hulle neuse in te druk.

ISBN: 9780799366723
Kategorie:  speur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Spesiale (en geheime) Agent Peter van der Wind en die chinese draak
Carina Diedericks-Hugo -

Peter van der Wind is net elf jaar oud, maar hy is ’n spesiale (en geheime) agent. Wat? Cool? Nee, dis nie cool nie. Dit is GLAD nie cool nie, want hy is net ’n geheime agent omdat hy ’n baie spesiale... uhm... wel... talent het. Moenie lag nie... Hy laat winde. Hard. So hard dat hy kan vlieg.
En dit is die rede waarom die regering hom aangestel het om allerlei vreemde dinge te ondersoek. Toe die president ’n e-pos stuur oor ’n geheimsinnige Chinese skip wat in Suid-Afrikaanse water opgemerk is, moet Peter weer hope spinasie, kool, blomkool en broccoli eet... en met ’n KNAL vertrek hy om die geheim van die Chinese draak op te los!

ISBN: 9780799355000
Kategorie:  speur

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Speurder Kwaaikofski: Vuilspel en nat voete
Jungen Banscherus - Ralf Butschkow

Olga is ontroosbaar: haar luukse motor is beskadig! Kwaaikofski kom gou agter daar is meer as een motor met krapmerke op. Die leidrade neem hom na die karwassery in Hoofstraat. Maar die eienaar en sy skropborsels en skoonmaakmiddels is dalk baie gevaarliker as wat hy lyk . . . Ouderdom 6-10 jaar

ISBN: 9780798166546
Kategorie:  speur

LAPA

Bestel by 
www.kalahari.com

Speurder Kwaaikovski: Speurder teen speurder
Jurgen Banscherus - Ralf Butschkow

Kinders is mal oor Speurder Kwaaikofski! Uiteindelik kan hulle nog `n heerlike speuravontuur geniet. Kwaaikofski het kompetisie: `n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself ’Koning’ en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie – hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. `n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is.

ISBN: 9780798166515
Kategorie:  speur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Speurhond Willem en die diamantdiewe
Elizabeth Wasserman - Chris Venter

In hierdie sesde avontuur is Adriaan en Willem nader aan eie bodem aan die werk: in Nambie moet hulle ’n bende diamantsmokkelaars help vasvat. Maar hier moet hulle met ’n ander betroemde speurhond saamwerk: sersant-majoor Maximiliaan. Hulle is net nie so seker of hy en sy patrolliemaat, konstabel Kolgans, vertrou kan word nie ... Die ander titels is Speurhond Willem op reis, Speurhond Willem en die seerowers, Speurhond Willem en die wilddiewe en Speurhond Willem in die ruimte en Speurhond Willem in New York.

ISBN: 9780624068907
Kategorie:  speur

NB uitgewers

Bestel by 
http

Speurder Kwaaikofski: Die aand van die blou kaalkoppe
Jürgen Banscherus -

Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig – hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee – en nou lyk hy soos ’n blou paaseier.

Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . .

Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

ISBN: 9780798159869
Kategorie:  speur

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Dogtective William and the pirates
Elizabeth Wasserman -

Alex’s mum wins a luxury cruise holiday and takes her son along. Willem plays stowaway in Alex’s backpack and later in a linen closet on board. When modern day pirates take the ship hostage William’s sleuth skills save the day. Alex and William work together to foil the pirates’ plans, which include locating and stealing a treasure on the tiny island of Trommelin. This is the second book in the series. The third, Dogtective William and the Poachers, will be released in February 2014.

ISBN: 9780624062660
Kategorie:  speur

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000