Oondvars jeug
Oondvars boeke vir jongmense

Vlerke vir almal
Marion Erskine -

Dewald se ouers stuur hom na `n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om `n tiener te wees met `n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg.
`n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.


ISBN: 9780798174510
Kategorie:  jeug

Human en Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Al wat ek weet
Marita van der Vyver -

Jy`s kwaad vir die hele wereld. En jou enigste wapen is `n rugsak vol woorde.

Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En na haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil he hy moet oor sy gevoelens praat.

Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane?

Hoe verduidelik jy dat jou kastige `gemengde bloed` jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou en jou pa is nadat hy in `n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met `n knipmes probeer oopkerf het?

Daarom verloor Gabriel homself in die wereld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir `n gehoor uitbasuin.

In hierdie wonderwereld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir `n gehoor te gooi.

Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop `n ding of twee van poesie weet ...

ISBN: 9780799378993
Kategorie:  jeug

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Asem
Jan Vermeulen -

`n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. `n Kragtoer van `n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.

ISBN: 9780799379037
Kategorie:  jeug

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die meisie op die dak
Cecilia Steyn -

Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

ISBN: 9780799377248
Kategorie:  jeug

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Tienerharte 1: Hartklop
Cecilia Steyn -

Megan kuier by haar ma op Paternoster vir die Desembervakasie. Maar haar broer se beste vriend, Dewald, daag ook onverwags daar op. Dewald maak haar knieë al vir jare lam, maar haar oorbeskermende broer Stefan sal nooit toelaat dat daar iets tussen hulle gebeur nie. En wie sê Dewald voel dieselfde oor haar? Dewald se jaloerse eks sorg ook vir heelwat drama.
Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!


ISBN: 9780798171557
Kategorie:  jeug

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok
Pieter Verwey -

Clint Eastwood van Wyk se Amerikaanse nefie Budde kom kuier vir drie weke. Hulle hele gesin gaan na die familieplaas in die Moordenaarskaroo, ter wille van Clint se pa se argeologiese navorsing en sy ma se belangstelling in spoke en VVV`s. Op die plaas woon Oupa Gammie en sy kleinseun, Kiewiet, wat die twee seuns oor jag en spoorsny inlig. Aanvanklik word Budde vir `n grap banggemaak, maar dan word die onmoontlike geleidelik waar: `n Spookhuis, `n versteende woud, `n vloed, `n oerskerpioen, `n lugskip, `n Engelse lord, `n verstommende Victoriaanse robot en `n moordenaarsklok..

ISBN: 9780624073185
Kategorie:  jeug

Tafelberg

Bestel by 
www.takealot.com

Elton amper-famous April en Juffrou Brom
Carin Krahtz -

Elton April skryf `n boek. In daardie boek vertel hy oor hul splinternuwe Afrikaanse juffrou, Juffrou Broom, oftewel Juffrou Brom. Hy vertel ook hoe misverstande dikwels voorkom wanneer `n mens nie al die feite voor jou het nie. En hoe daar dikwels pret en plesier opgesluit is in taalkunde. Probeer is immers die beste geweer.

ISBN: 9780624073154
Kategorie:  jeug

Tafelberg

Bestel by 
www.takealot.com

Gabriella en die hertog van harte
Marga Jonker -

In `n poging om haar ma se nagedagtenis lewendig te hou, besluit Gabriella om haar ma se geliefde bloedlyn perd terug na hul plaas in Namibië te bring. Donnabelle was `n Oldenburger, `n seldsame Europese ras, wie se twee vulletjies jare gelede verkoop is. Haar ondersoek eindig by `n landbou- skool in die Boland. In `n onverwagse wending blyk dit Duke (een van Donnabelle se nageslag wat by die skool gehou word) `n baie temperamenteel perd is.

ISBN: 9780624073123
Kategorie:  jeug

NB uitgewers

Bestel by 
www.nb.co.za

Swemlesse vir `n meermin
Marita van der Vyver -

In Swemlesse vir `n meermin skryf Hanna `n lewensgids vir haar sussie Ariel (wat aan die einde van die treffer Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom gebore is) wat dié moet lees as sy eendag dertien is. Dié lewensgids word soms ook `n joernaal of vertelling van die vyftienjarige Hanna se lewe terwyl sy die gids skryf, en spesifiek Hanna se kennismaking met haar stiefbroer Yann se vriend Benjamin, op wie sy verlief raak.

ISBN: 9780624071044
Kategorie:  jeug

NB uitgewers

Bestel by 
www.nb.co.za

`n Hart vol sand
Anzil Kulsen -

’n Boeiende jeugroman wat enersyds ’n blik bied op die realiteite wat jong mense op ’n klein, plattelandse gemeenskap in die gesig staar, maar terselfdertyd ook ’n ver-maaklike verslag is van ’n jong, bedorwe stadsmeisie se ervaring van eerste liefde en haar ontdekking van haar kulturele erfenis.

ISBN: 9780799366747
Kategorie:  jeug

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

As ek val
Jenny Downham -

Kara is sestien jaar oud en besig om dood te gaan. Saam met haar beste vriendin, Shani, maak sy `n lys van dinge wat sy wil doen voor sy doodgaan. Noudat sy nie meer aan bande gele word deur die dinge wat `n mens se lewe "normaal" maak nie, eksperimenteer Kara met nuwe ervarings wat haar help om voluit te lewe. `n Onvergeetlike boek.

ISBN: 9780799366389
Kategorie:  jeug

Lapa

Bestel by 
www.kalahari.com

Uit
Fanie Viljoen -

Dis moeilik om te verduidelik. Dis ’n wegsteek-ding wat ek in my lyf voel. Jare lank al. Ek weet nie wanneer die “gevoel” begin het nie. Op laerskool dalk al? Of was ek dertien, veertien? Eers weet jy dit, maar op ’n manier weet jy dit nie. Dan weet jy dit, maar jy wil dit nie weet nie, want dit is net so donners aaklig om só aan jouself te dink. Te dink wat dit vir jou beteken, en wat dit vir ander mense sal beteken as hulle uitvind, hoe hulle jou sal sien as hulle jou waarlik ken.Ek het dit probeer wegsteek. Ek het dit probeer wegredeneer: Dit beteken niks nie. Dis ’n fase waardeur jy gaan. Dis wat jy vir jouself sê. En jy lieg vir jouself. Jy weet, maar jy wil nie weet nie.Brent is in graad tien. Hy’s gewild. Hy het hope pelle. Hy speel rugby. Hy hou van partytjies. Hy het soort van ’n meisie. En hy is gay.

ISBN: 9780799367041
Kategorie:  jeug

Lapa

Bestel by 
www.kalahari.com

Citygirl en die swart hings
Marga Jonker -

Nicole was min lus om die vakansie saam met haar ma Weskus toe te kom. Sy wou liewer by die huis bly om Golden Acres, die ryskool in Pretoria, se perdespringkursus by te woon. Hoe sleg gaan haar vakansiefoto`s nie afsteek teen Chane se Mauritius-foto`s nie? En wat gaan sy heeldag doen tussen `n klomp mariene bioloë wat net oor hulle navorsing kan praat? Maar die Weskus is `n verrassende plek . .

ISBN: 9780624069232
Kategorie:  jeug

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Gerook
Eldridge Jason -

Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar die Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam sê nie...

ISBN: 9780799362145
Kategorie:  jeug

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Chuck Norris kan deel deur nul
Annelie Ferreira -

Albert kom agter dat sy suster Marlie skielik vreemd optree. Sy is vriendelik. Baie vreemd vir `n sestienjarige ousus. Dan is daar nog die skoolboelie wat hom afknou, `n ouma wat nie altyd normale gedrag toon nie, `n pa wat te hard werk, en die moontlikheid dat sy ma nie dood is soos wat hy aanvanklik gedink het nie. Gooi verder `n paar Chuck Norris-grappe in die mengsel, en die lewe kan redelik ingewikkeld raak vir Albert. Dinge kry egter `n wending wanneer die buurvrou oorkant die straat in kraam ingaan en Albert en die boelie die enigstes is wat haar kan help.

ISBN: 9780624068938
Kategorie:  jeug

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000