Oondvars woordeboek
Woorde vir slim mense

Pharos English for
Isabel Uys -

Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreels en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wereld.

KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir die onderwerpe wat in die boek bespreek word. Hierdie onderwerpe sluit onder meer die volgende in: punktuasie, sametrekkings, woordsoorte, letterlike en figuurlike betekenis, geluide van dinge en diere, tye, sinonieme en antonieme, homonieme en homofone en leenwoorde, om maar n paar te noem. Dit bevat ook n lys met handige literere terme soos hiperool, klanknabootsing en personifikasie, sowel as nuttige notas oor skriftelike werk.

Die tweede deel van die boek fokus op algemene kennisfeite soos die nasionale simbole van Suid-Afrika, wie ons buurlande is, waar ons elf amptelike tale gepraat word, wie die wereldleiers is, watter geldeenheid waar gebruik word, en groot uitvindsels van die wereld.

Die eenvoudige uitleg en duidelike leiding maak hierdie titel n moet-he vir elke leerder wat Afrikaans as n Huistaal of Eerste of Tweede Addisionele Taal wil slaag. Dit is ook n handige naslaanbron vir volwassenes.


ISBN: 9781868901968
Kategorie:  woordeboek

Pharos

Pharos English dictionary for South African schools
Pharos -

Pharos se splinternuwe eentalige Engelse woordeboek fokus op die verklaring van ongeveer 10 000 frekwent gebruikte Standaardengelse woorde, uitdrukkings en frases wat leerders elke dag in hul omgangslewe nodig het.

ISBN: 9781868901913
Kategorie:  woordeboek

NB uitgewers

Bestel by 
www.nb.co.za

My lig-die-flappie woordeboek
Vertaler: Simone Hough -

Al die flappies in hierdie boek sorg dat dit groot pret is om uit te vind watter woorde by watter prentjies pas. Dit is die ideale manier vir beginnerlesers om eerste woorde te oefen en te leer herken. Daar is ook heelwat vir jonger kinders om te soek, te benoem en te bespreek, om eerste leesvaardighede en woordeskat te ontwikkel.


ISBN: 9780798156295
Kategorie:  woordeboek

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Wegkruipertjie: Eerste woorde
Dawn Sirett -

Leer speel-speel `n klomp nuwe woorde! Deursoek die bladsye vir diere, voertuie, dinge in die huis en vele meer. Ontrafel die rympies, ontdek die prettige verrassings en moenie van Besige Bytjie vergeet nie. Hy kruip in elke toneel weg! Daar is meer as 300 eerste woorde om te soek en 21 foto`s met hope besonderhede.

ISBN: 9780798163194
Kategorie:  woordeboek

Human & Rousseau

Bestel by 
www.takealot.com

Afrikaanse Woordelys en Spelreëls 10de uitgawe
Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns -

Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls(AWS) is deeglik nagesien om te verseker dat die nuwe, tiende uitgawe, ‘n effektiewe naslaan-middel bly vir die standardisering van Standaard Afrikaans. Nuwe woorde is bygesit, die seksie oor informele Afrikaans is bygevoeg en die reëls aangaand hoofletters if verminder en vereenvoudig.



ISBN: 9781868900954
Kategorie:  woordeboek

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My eerste woordeboek
Maja Sereda -

`n Vrolike en prettige woordeboek vol kleurryke illustrasies. Maklike woord-prent-assosiasies word in vier tale, Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas geplaas. Van die temas sluit in klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie.

ISBN: 978 0 7993 4501 8
Kategorie:  woordeboek

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die Nuwe moeg-gesoek Blokraaigids
Adri Burger -

Die nuwe uitgawe spog met sewe afdelings wat elk weer uit `n aantal onderafdelings bestaan. Die afdelings handel o.m. oor aardrykskunde, Bybelkennis, die kunste, politiek, skoonhede en sportsterre. Daar is ook `n afdeling oor algemene wetenswaardighede, soos internasionale registrasienommers, danse en pleknaamveranderinge in Suid-Afrika ingesluit. In die afdeling oor Aardrykskunde kan gebruikers bv. die name van berge, eilande, mere en damme, geldeenhede, riviere, woestyne, watervalle en fjords, hoofstede en oseane naslaan. Die afdeling oor die kunste bevat die name en vanne van akteurs en aktrises (ook uit Bollywood), die van komponiste, sangers en sanggroepe, skilders en beeldhouers, skrywers, TV-persoonlikhede en -aanbieders.


ISBN: 9781868901043
Kategorie:  woordeboek

Pharos

Bestel by 
www.kalahari.com

Otto se groot woordeboek
Eric Hill -

Hierdie boek bied waardevolle vermaak vir beginnerlesers en is boonop ook ’n handige spelgids. Kinders kan na voorwerpe wys, dit opnoem en dit selfs spel soos wat hulle vir Otto en sy vriende deur die blaaie volg.

ISBN: 9780798148351
Kategorie:  woordeboek

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My Eerste Prente-woordeboek
Irene Yates - Nick Sharratt

Kinders speel graag met woorde en die aanleer van `n nuwe taal kan groot pret wees. Hierdie vrolike en kleurryke tweetalige prentewoordeboek is spesiaal ontwerp om jong kinders se taal- en leesvaardigheid te ontwikkel. Die eenvoudige bladuitleg maak dit maklik om die woordeboek te gebruik, en eenvoudige woord-prent-assosiasie word ingespan om die heel kleintjies bekende en ook minder bekende Afrikaanse en Engelse woorde te leer. So maak hulle speel-speel kennis met meer as 200 woorde, gegroepeer in alledaagse temas waarmee hulle kan identifiseer. Dit bied ook `n prettige eerste kennismaking met basiese konsepte soos kleur, getalle en die weer, en deurlopende vrae moedig kinders aan om fyn op te let en te praat oor wat hulle sien.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  woordeboek

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Eerste woordeboek
Liz Auger -

Hierdie boek kombineer `n eerste woordeboek met `n prettige stensil. Kinders van so drie jaar en ouer sal dit geniet om die prente te bekyk en die alledaagse voorwerpe te identifiseer. Die boek is ook geskik vir jonger kinders, maar dan moet `n volwassene hand bysit. Meer as 50 woorde word geïllustreer, en kleingoed wat leer praat en begin om dinge naam te gee, kan speel-speel hul woordeskat uitbrei.

Ook verkrygbaar: Eerste syfers

ISBN: xxxxx
Kategorie:  woordeboek

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My eerste tweetalige woordeboek
Ellen Wales Walpole -

Herdruk van My First Golden Dictionary wat die eerste keer in 1974 verskyn het. Illustrasies deur Gertrude Elliott. Verwerk deur Leon Rousseau in oorleg met prof. Merwe Scholtz (Afrikaans) en prof. I.E. Hart (Engels).

ISBN: xxxxxx
Kategorie:  woordeboek

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

English dictionary for South African schools
Pharos -

Pharos’s brand-new monolingual English dictionary focuses on defining approximately 10 000 frequently used Standard English words, expressions and phrases, which learners need in their everyday lives. Every word, expression or phrase treated in Pharos’s English Dictionary for South African Schools, provides a simple definition, and the use thereof is illustrated by a complete sentence. The dictionary includes grammatical information such as the part of speech for each lemma, plural forms of nouns, past tense forms of verbs, negative forms of adjectives, and masculine and feminine forms. Abbreviations are treated in the main list, and cross references are used in cases where users can find more information at a related word.

ISBN: 9781868901913
Kategorie:  woordeboek

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000