Oondvars speelleer
Leer speel-speel

Ek kan tel: Dieretuin
Saamgestel deur LAPA uitgewers -

Dit is prettig en maklik om tot tien te tel!
Hoeveel diere kan jy op elke bladsy tel?
En kyk `n bietjie in die dieretuin rond. Wat sien jy nog?

Hierdie pragtig geillustreerde, duursame kartonboek sal jong lesertjies bekoor terwyl hulle die wilde diere en ander verrassings op elke bladsy ontdek.

Ander boek in die reeks: Ek kan tel: Plaas


ISBN: 9780799377323
Kategorie:  speelleer

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

100 woorde oor diere
Saamgestel deur Human & Rousseau uitgewers -

Hierdie eerste boeke met pragtige kleur foto`s sal jong kinders help met die bou van woordeskat. Elke boek het loergaaitjies en flappe en kinders kan deur die gaatjies loer en dan uitvind wat onder die flappe is.
Nog `n boek in die reeks: 100 eerste woorde.

ISBN: 9780798172059
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Skoolgereed met Tjiff en Tjaff
Saamgestel deur KykNET -

Hierdie prettige aktiwiteitsboek met die gewilde KykNet karakters Tjiff en Tjaff, leer kinders om speel-speel die basiese vaardighede baas te raak wat hulle in hul eerste skooljaar sal nodig hê. Met inkleurprente en maklike aktiwiteite en oefeninge leer kinders eerste skryf-, lees-, handko�rdinasie- en telvaardighede aan. Hulle leer ook oor vorms, kleure, syfers, letters en vele meer.

ISBN: 9780798168755
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Diere ABC
Vertaler: Simone Hough -

3+ jaar. Arend, beer, chincilla . . . ! Diere ABC lei jou op ’n wonderlike ontdekkingstog van die diereryk – van A tot Z! Met meer as 100 pragtig-geïllustreerde diere is dit maklik om die alfabet te leer ken.

ISBN: 9780798163217
Kategorie:  speelleer

Kompetisie nr: 2

Vraag: Noem twee diere op die voorblad

Sluitingsdatum: 2014-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human en Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Be Bright: Level 2
Anita Potgieter -

This educational activity book builds on the foundation laid in Be bright level 1 and is aimed at children aged 7 to 9 years. It is designed to help children sharpen their math and language skills, while it challenges them to be bright and creative! The fun math exercises meet the standards for the grade 1 to 3 curriculum, while the language portion promotes language, reading and audio skills. The exercises will encourage young learners to practice the skills they acquire in their first and second school year in a new and fun way. Simple and clear instructions make the activities easy to complete, while a little star indicates to the learner where to complete their answer. In the back of the book the answers are clearly indicated and explained. Give you child a head start with Be bright!

ISBN: 9780798166508
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Slimbegin: Vlak 2
Anita Potgieter -

Hierdie opvoedkundige aktiwiteitsboek bou voort op die grondslag wat in Slimbegin Vlak 1 gele is en is geskik vir kinders 7 tot 9 jaar. Dit is spesiaal ontwerp om kinders se wiskunde- en taalvaardighede te slyp, terwyl dit hulle uitdaag om te dink en kreatief te wees. Die prettige wiskunde-oefeninge voldoen aan die kurrikulum van graad 1 tot 3 en die taalgedeelte bevorder woordbou, taal, lees en klankvaardighede, sodat dit leerders ook aanmoedig om die vaardighede wat hulle in hul eerste en tweede jaar op skool leer op `n nuwe manier te oefen. Eenvoudige en duidelike instruksies maak die aktiwiteite maklik om te voltooi, terwyl `n sterretjie telkens vir die kind aandui waar om te skryf. Agter in die boek word die antwoorde maklik uiteengesit. Gee jou kind `n voorsprong met Slimbegin!

ISBN: 9780798166492
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Diere 123
Vertaler: Simone Hough -

1 ruspe, 2 papegaaie, 3 vosse . . . ! Diere 123 neem jou op ’n wonderlike ontdekkingstog van die diereryk – van 1 tot 100. Met meer as 100 pragtig-geïllustreerde diere is dit maklik om te leer tel.

3+ jaar.

ISBN: 9780798163224
Kategorie:  speelleer

Human en Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My plakkerpret versameltassie
Illustrasies: The Boy Fitz Hammond -

Hierdie versameling vol aktiwiteite bevat 6 boekies met plakkers, inkleurprentjies en raaisels! Hier binne wag ure se pret, met aktiwiteite wat kinders sal leer, besig hou en vermaak.


ISBN: 9780798163231
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Skoonvee leerboek
Brenda Apsley -

Gebruik die verskillende penne en teken allerhande diere in 3 maklike stappe. Voltooi dan die leersame aktiwiteite.

Die bladsye kan maklik skoongevee word, sodat jy dit weer en weer kan gebruik.

ISBN: 9780798162920
Kategorie:  speelleer

Kompetisie nr: 6

Vraag: Watter drie kleure penne kom saam met die boek?

Sluitingsdatum: 2013-12-15

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My eerste leerboek: tyd
Nancy Meyers -

In `My eerste leerboek: vorms en tyd` word voorskoolse kinders aangemoedig om die lyne na te trek en die kolletjies te verbind om alles te leer van vorms en hoe om tyd te lees. Stippellyne dui aan hoe om die uur- en sekondewysers in verskillende posisies op oorlosies in te teken en dan allerhande prentjies te voltooi wat na verskillende tye van die dag verwys. Hulle leer ook al die vorms en hul name ken. Die eenvoudige oefeninge help kinders om `n potlood reg te leer vashou en maak hulle vertroud met die eerste vaardighede van skryf. Kinders kan dan hul nuwe vaardighede oefen deur die prentjies te voltooi en in te kleur! Sluit ook ’n handige gids vir ouers in.

ISBN: 9780798163538
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Pretwiel
Tom James -

Draai die pretwiel en leer alles van syfers saam met die diere op die plaas!

Hoeveel swart lammetjies kan jy tel? Waar kruip die muis op elke bladsy weg? Draai die pretwiel en soek elke keer die prentjie wat by die syfer pas. Dis groot pret om te leer tel!


ISBN: 9780798159517
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Wegkruipertjie: Diere
Dawn Sirett -

Leer speel-speel `n klomp nuwe woorde! Deursoek die bladsye vir diere wat weggesteek is, van die kleintjies en die bekendes tot die grotes en die vreemdes! Ontrafel die rympies, ontdek die verrassings, doen die oefeninge aan die einde van die boek en moenie van Petrus Padda vergeet nie. Hy kruip in elke toneel weg! Daar is meer as 300 diere om te soek en hope besonderhede in elke toneel wat uitgebeeld word!

ISBN: 9780798163187
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 

Pretwiel kleure
Tom James -

Draai die pretwiel en leer alles van kleure in hierdie besige dorpie!

Watter kleur is die groot trok? Waar kruip die besies op elke bladsy weg? Draai die pretwiel en soek elke keer die prentjie wat by die regte kleur pas. Dis groot pret om al die kleure te leer ken!

ISBN: 9780798159517
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

1, 2, 3 ... Plaas!
Brenda Apsley -

Prettige aktiwiteite en kleurvolle prente maak dit maklik en lekker om te leer tel saam met al die diere op die plaas. Uitvou-bladsye en ’n draaiwiel sorg vir slim syferpret!

ISBN: 9780798162791
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Plaasdiere vorms en groottes
Ben Adams -

Draai die prentewiel en vou die bladsye oop en leer alles van vorms en groottes saam met die diere op die plaas! Gebruik die pen, vee dan die bladsye skoon en speel weer!

ISBN: 9780798159654
Kategorie:  speelleer

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000