Oondvars pretboeke
Boeke vir speel

Lawwe Geluide: Ou oom Klasie het `n plaas
Vertaler: Jaco Jacobs -

Kom kuier by oom Klasie op die plaas of kom ry op die bus en sing saam met die gewilde en bekende kinderliedjies. Of kom swaai saam met Arno Apie tussen die takke rond terwyl hy die raserige diere leer ken of ry saam met Tommie Taxi deur die stad en vind meer uit oor sy raserige voertuigmaats.

ISBN: 9780799372731
Kategorie:  pretboeke

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Lawwe Geluide: Raserige Diere
Vertaler: Jaco Jacobs -

Kom kuier by oom Klasie op die plaas of kom ry op die bus en sing saam met die gewilde en bekende kinderliedjies. Of kom swaai saam met Arno Apie tussen die takke rond terwyl hy die raserige diere leer ken of ry saam met Tommie Taxi deur die stad en vind meer uit oor sy raserige voertuigmaats.

ISBN: 9780799372717
Kategorie:  pretboeke

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Wilde, woeste, woud
Vertaler: Jaco Jacobs -

Dis oggend in die woud en Olifant gaan stap. Hy swaai sy lang tande en sy groot ore flap. By die watergat drink hy water met sy slurp en trompetter hard terwyl die voëltjies begin tjirp.

Kom speel saam in die woud en ontdek al die vriendelike dieremaats in hierdie opwindende opwip-storieboek! Vind uit wie kruip in die watergat weg, kyk hoe die apies aan die takke rondswaai, en vlieg saam met Papegaai tussen die bome rond. `n Oulike rymstorie en reuse-opwipprente van diere verseker dat Wilde, woeste woud sommer gou-gou `n gunsteling op jou kind se boekrak sal wees!

ISBN: 9780799372694
Kategorie:  pretboeke

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die feetjiepartytjie
Nicola Baxter -

Een oggend word Lentebries wakker met `n tinteling in haar tone. Vandag is `n spesiale dag in Feetjieland. Hope belangrike gaste is na die Feetjiepaleis genooi. Lentebries weet sy is nie regtif belangrik nie. Maar gelukkig is sy `n boodskapper, en daarom mag sy ook na die Feetjiepaleis to gaan. Volg Lentebries terwyl sy die paleisdeure oopstoot en deur die vensters loer, en ontdek waarom elkeen van ons spesiaal is.


ISBN: 9780799358124
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Emma se balletkonsert
Nicola Baxter -

Hoe opwindend! Die balletklas gaan hul heel eerste konsert hou. Almal is opgewonde om deel te neem. Maar Emma is die enigste een wat glad nie uitsien na die konsert nie. Sal sy haar verhoogvrees kan oorwin? En sal alles reg uitwerk die aand van die konsert? Jong dansers sal versot wees op hierdie oulike storie en die fantastiese 3D illustrasies.


ISBN: 9780799358155
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die draak se wens
Dereen Taylor -

Dirk is anders as ander drake. Hy is glad nie vreesaanjaend nie – hy is vriendelik! En hy kan nie vuur blaas nie! Gelukkig besluit prins Albert om hom te help. Die twee gaan kuier by die koninkryk se bekendste vuurspuwende draak, en kort voor lank is hulle op soek na die beroemde Goue Beker. Wie ook al die Goue Beker vind, sal een wens kry. Kan jy raai wat dit sal wees? Loer deur die 3D vensters en volg die leidrade om uit te vind!


ISBN: 9780799358117
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Draaiende wiele: Renmotors
vertaal: Jaco Jacobs -

Jaag om die baan met jou eie draaiende wiele. Elke opwindende storie het `n stewige uitdruk-voertuig en plakkers. Sit net die wiele vas, lig die flappe, voeg die plakkers by en jy is gereed om voet in die hoek te sit!

ISBN: 9780799351309
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Draaiende wiele: Groot masjiene
vertaal: Jaco Jacobs -

Begin bou en grawe met jou eie draaiende wiele. Elke opwindende storie het `n stewige uitdruk-voertuig en plakkers. Sit net die wiele vas, lig die flappe, voeg die plakkers by en jy is gereed om aan die werk te spring!

ISBN: 9780799351316
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Draaiende wiele: Tot die redding
vertaal: Jaco Jacobs -

Jaag tot die redding met jou eie draaiende wiele. Elke opwindende storie het `n stewige uitdruk-voertuig en plakkers. Sit net die wiele vas, lig die flappe, voeg die plakkers by en jy is gereed om voet in die hoek te sit!

ISBN: 9780799351323
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Raserige diere
vertaal: Jaco Jacobs -

Dis etenstyd op die plaas, maar waar is Vark?

ISBN: 9780799352351
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Raserige rygoed
vertaal: Jaco Jacobs -

Blou Treintjie is op pad dorp toe, maar sy stoom is besig om op te raak. Wie kan hom help?

ISBN: 9780799352344
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die feetjie se prettige partytjie
vertaal: Jaco Jacobs -

Kom deel in die partytjiepret! Kinders sal dol wees daaroor om die klankknoppies te druk terwyl Bella en haar feetjiemaats hope towerpret by die Feekoningin se partytjie het.



ISBN: 9780799352375
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die prinses en die perfekte prys
Vertaal: Jaco Jacobs -

Kom deel in die pret by die kasteel! Kinders sal dol wees daaroor om die klankknoppies te druk en na die geluide te luister terwyl prinses Lila na die toernooi gaan.



ISBN: 9780799352368
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die meermin en die padda
Nicola Baxter -

Sal Mienke die Meermin `n treurige padda se wens kan bewaarheid? Sal die kwaai seeheks se towerspreuk ooit verbreek word? Lees die storie in hierdie pragtige opwipboek en kyk hoe Mienke se onderwaterwereld op elke bladsy lewendig word.


ISBN: 9780799351286
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die prinses en die eenhoring
:Nicola Baxter -

Kom saam met prinses Madelein op `n betowerende avontuur waarin drome regtig waar word.


ISBN: 9780799351293
Kategorie:  pretboeke

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000