Oondvars boek-apps
Storieboek toepassings (apps)in Afrikaans

Waarvoor is seerowers bang?
Jaco Jacobs -

Arrr! Almal weet daar is net mooi niks waarvoor seerowers bang is nie. Maar toe iets op die dek van haar pa se skip erger as die asem van ’n hamerkophaai begin ruik, vermoed Sanmarie daar is dalk één ding wat haar seerower-pa en sy dapper bemanning hoendervleis gee ...
Hierdie rymende, skreeusnaakse seerowerstorie is ’n opwindende eerste – dit is die eerste oorspronklike Afrikaanse prenteboek wat tot ’n interaktiewe storie-app verwerk is.
Die heerlike storie deur die bekroonde skrywer-illustreerder-span Jaco Jacobs en Chris Venter kry lewe op jou iPad – danksy innoverende animasie, prettige musiek en hope interaktiewe elemente. Kies tussen ’n selfleesopsie vir beginnerlesers, of ’n lees-en-speel-opsie waarin jy kaptein Kalamari, sy bemanning en die avontuurlustige skeepsmuise speel-speel kan geniet, met ekstra dialoog, animasie, geluide en ’n legkaartspeletjie.

Hierdie is die tweede interaktiewe storieboek-app in Afrikaans uit die stal van LAPA Uitgewers en die ontwikkelaar Full Circle. Die eerste, Die drie varkies, was ook ’n baanbreker in Afrikaans en het wyd lof ingepalm van ouers en resensente. Met die iPad wat wêreldwyd ’n toenemend gewilde leesplatform word, is daar tans ’n groot tekort aan Afrikaanse materiaal vir kinders. Met Waarvoor is seerowers bang? bewys LAPA weer eens dat hy op die voorpunt van innovering in die plaaslike kinderboekmark is. Die oorspronklike prenteboek is met die ATKV-Woordveertjie vir beste teks sowel as beste illustrasies bekroon.
Waarvoor is seerowers bang? is op Apple se iStore beskikbaar. ’n Weergawe vir Android-toestelle sal in die nabye toekoms vrygestel word.


ISBN: xxxxx
Kategorie:  boek-apps

Chris Venter

Bestel by 
www.lapa.co.za

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000