Oondvars WEDSTRYD
Wie is jou gunsteling held?

Liewe Heksie en die sterretjieskombuis
Verna Vels - Vian Oelofsen

Liewe Heksie veroorsaak per ongeluk dat een van haar dak se sinkplate afwaai, en is baie bekommerd oor die groot gat in die dak bokant haar kombuis. Maar wanneer sy die aand `n geheimsinnige besoeker kry, kry sy sommer ook `n groot verrassing.
Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2 tot 4 jariges.


ISBN: 9780798175197
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 1

Vraag: Waarom hou jy van Liewe Heksie?

Sluitingsdatum: 2019-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human en Rousseau

Jock van die Bosveld en ander ware dierestories
Wendy Maartens - Alex van Houwelingen

Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet `n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet `n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, `n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories: 1. Seeman Just Nuisance Het jy al gehoor van `n hond wat lid van die vloot is? Of `n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het. 2. Visvriende Big Red en Blackie `n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse. 3. Jock van die Bosveld Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het. 4. Die ysbeer en die kietsiekat Die merkwaardige verhaal van `n katjie wat op `n dag in die ysbeerpoel by `n dieretuin beland het en deur een van die gevaarlik bere gered is! 5. Gregory Peck die brilpikkewyn Vind uit hoe `n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee. Die stories word op `n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Max die dapper Gorilla en
Leeu wat drukkies gee is ook deel van die prys

ISBN: 9780799389289
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 2

Vraag: Hoekom hou jy van diere stories?

Sluitingsdatum: 2019-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Helde van Suid-Afrika 3
Wendy Maartens - Alex van Houwelingen

Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet `n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, `n klein brakkie met `n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. `n Klein brakkie met `n groot hart Wollie was `n hawelose Maltese poedeltjie met `n groot hart en hy het dit reggekry om `n man se lewe te red. 2. `n Reënboog vir Laingsburg In 1981 het vreeslike vloedwaters Laingsburg getref, en die heldedade van daardie dag leef vandag nog voort. 3. Desmond Tutu Desmond Tutu was `n arm klein seuntjie wat later een van die grootste leiers in ons land se geskiedenis geword het. 4. Kaalvoet deur `n oorlog Ontmoet `n dapper seuntjie wat al die pad van die Vrystaat na die Kaap gestap het om sy ouers tydens die Anglo-Boereoorlog op te spoor. 5. Enoch Sontonga, `n man met `n lied in sy hart Die inspirerende lewensverhaal van die man wat `Nkosi sikelelee iAfrika` geskryf het. 6. Die lang pad van Emilie Lehn Ontdek die verstommende verhaal van Emilie Lehn, wat as `n slavin in Kaapstad gebore is. Die stories word op `n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

ISBN: 9780799389265
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 3

Vraag: Wie is jou Suid-Afrikaanse held?

Sluitingsdatum: 2019-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Aksieheld Austin (2): Nag van grille
Fanie Viljoen -

Ligte, kamera, aksie!

Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. Gn wonder nie - hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy `n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!

Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by `n ou fliekteater in die stad gehou word.

Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, `n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum saam met `n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip.

As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos n REGTE aksieheld moet wees!

Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

Operasie sabotasie ook deel van die prys

ISBN: 9780799380804
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 4

Vraag: Wie is jou gunsteling aksieheld?

Sluitingsdatum: 2019-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Keshia Davids, superheld
Alesha Dixon -

Daar`s `n nuwe superheld op die horison!

Keshia Davids is net `n doodgewone (gaap) skoolmeisie. Daar is niks spesiaals aan haar nie. Sy kan nie eens `n behoorlike wawiel doen nie. Maar alles verander toe sy op `n dag sien hoe `n boelie op haar kleinsussie pik en die vonke begin spat! Ja, regtig. Daar skiet ligstrale uit Keshia se vingers. Wat op aarde is aan die gang?

Dit is tyd dat haar ouers oop kaarte speel en Keshia se lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie. Sy vind uit haar ma lei `n dubbele lewe as geheime superheld wat misdaad regoor die wêreld bestry, terwyl haar pa by die huis bly en na die kinders omsien. En die tyd het aangebreek dat Keshia by haar ma aansluit en deel word van die wêreldwye stryd teen skelms.

Terwyl Keshia se superkragte begin sterker word, moet sy `n balans probeer vind tussen haar superheld-opleiding en haar skoolwerk. Hoe op aarde gaan sy haar geheim vir haar vriende wegsteek? En toe haar ma se bose tweeling haar opwagting maak, begin Keshia wonder of dit nie dalk meer pret is om `n super-SKURK te wees nie?

`n Skreeusnaakse, aksiebelaaide avontuurverhaal vir jong lesers!

ISBN: 9780799388763
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 5

Vraag: Wat maak meisie helde beter as seunshelde?

Sluitingsdatum: 2019-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Speurder Annika omnibus 1 (boek1-5)
Elmarie Botes -

Kry jou vergrootglas uit! Annika is versot op speurverhale en raaisels, en as sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends! Kry jou vergrootglas en jou notaboek uit en maak gereed om leidrade te soek en `n hele rits opwindende raaisels saam met Speurder Annika op te los. Daar is `n uitstappie na die museum en `n geheimsinnige veer wat Annika op `n speurtog lei; `n dief wat stink kunsmis by die skool steel; en selfs `n kissie met geld wat uit `n juffrou se klas verdwyn. Maar moenie bekommerd wees nie Annika sal die raaisel gou-gou oplos! Vir die heel eerste keer verskyn al vyf opwindende Speurder Annika-stories saam in een omnibus:
1. Speurder Annika
2. Speurder Annika kry snuf in die neus
3. Speurder Annika maak `n plan
4. Speurder Annika los `n raaisel op
5. Speurder Annika stel ondersoek in

ISBN: 9780799390513
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 6

Vraag: Wie is jou gunsteling speurder?

Sluitingsdatum: 2019-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Kampioen: Wayde van Niekerk
Carlos Amato -

Kom stap in die voetspore van Suid-Afrika se grootste sporthelde! Hierdie fantastiese nuwe reeks plaas die kollig op Suid-Afrikaanse sportlegendes se reis na nasionale en internasionale roem. Geskryf spesifiek vir kinders nege jaar en ouer, vertel dit die opwindende stories van vyf sportsterre uit verskillende agtergronde wat almal supersterre geword het. Ontdek hoe Siya Kolisi bo sy moeilike grootwordjare in die Oos-Kaap uitgestyg het om een van ons land se grootste rugbysterre te word. Lees die inspirerende verhaal van die skoolseun AB de Villiers wat een van die grootste name in w?reldkrieket geword het. Ontmoet Wayde van Niekerk, `n skraal, tengerige seuntjie wat teen alle verwagtinge in `n Olimpiese superster en een van die vinnigste mense op die planeet geword het. Van sy kinderdae toe hy saam met sy broer straatkrieket voor die moskee in Tongaat gespeel het, tot `n internasionale loopbaan as sportster wat die landskap van Suid-Afrikaanse krieket vir ewig verander het maak kennis met die legendariese Hashim Amla. Caster Semenya se skooljare was moeilik, maar sy het bo haar omstandighede uitgestyg en deesdae is sy `n sportambassadeur vir ons land wat met `n Olimpiese goue medalje spog. Jong sportliefhebbers sal versot wees op hierdie fantastiese reeks biografie? oor van ons land se blinkste sportsterre!


ISBN: 9780799390674
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 7 + 8

Vraag: Wie is jou gunsteling Suid-Afrikaanse kampioen of sportheld? Wat maak die persoon vir jou spesiaal?

Sluitingsdatum: 2019-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Agent Snoet 5 in 1
Francois Bloemhof | Alistair Ackermann -

Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ...

Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is `n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos.
Maar die eintlik meesterbrein agter die suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Die slim Siamees is `n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie!
Saam het die gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel, `n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm.
Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in die fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek:
Agent Snoet en die Botterdiamant
Agent Snoet en die Kattekwaad
Agent Snoet en die Hondelewe
Agent Snoet en die Groen Genugtig
Agent snoet en die Windlawaai


ISBN: 9780799388572
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 9

Vraag: Wie is jou gunsteling strokiesheld?

Sluitingsdatum: 2019-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Thomas@omnibus 1 (moord, aqua, skerpioen)
Carina Diedericks-Hugo -

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in die avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot `n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar: Thomas@moord.net Thomas is nie lus om te trek nie. Veral nie na `n grillerige ou Victoriaanse huis nie. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig `n spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, probeer Thomas die raaisel van die huis oplos ... `n raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland. Thomas@skerpioen.net Thomas en Hannes kan nie wag om `n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. `n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes is oortuig die speletjie is in werklikheid `n gevaarlike rekenaarvirus. Hoe ver sal die skurke gaan om die virus terug te kry? Thomas@aqua.net Thomas-hulle sien uit na `n wonderlike langnaweek by die see. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek `n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis, en dit lei reguit na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar Sharky Fortuin ...

ISBN: 9780799391091
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 10

Vraag: Wie is jou gunsteling storieheld en waarom?

Sluitingsdatum: 2019-03-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000