Oondvars rillers
Bangmaakboeke...

Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
De Wet Hugo -

Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy `n probleemkind. Hy word na `n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . .

ISBN: 9780798176781
Kategorie:  rillers

Human & Rousseau

Harry Griesel 5: Die spookmonster
Sonja Kaiblinger -

Dit is Halloween in Radysstraat, maar Otto sit alleen by die huis. Selfs Harry Griesel hou hom skaars, want sy nuwe baas by die S.B.I., Rufus Rittelbeen, is baie streng oor kuiertjies in werkstyd. Gelukkig kan oom Archibald nou vir Otto help om sy vermiste ouers op te spoor. Hulle vind uit dat sy ouers deur `n Grieselgryper met `n houtbeen ontvoer is. Is dit toevallig dat Rufus daardie beskrywing pas?



ISBN: 9780798177184
Kategorie:  rillers

Human & Rousseau

Bestel by 
www.lapa.co.za

Harry Griesel 4: Die Zombie-ontvoerder
Sonja Kaiblinger -

Otto en Emily het `n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: iemand het n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vriende is op die punt om die raaisel op te los, wanneer tannie Sharon haarself skielik in groot gevaar bevind.

ISBN: 9780798177153
Kategorie:  rillers

Human & Rousseau

Grilgrypers 2: Web van die mummie
De Wet Hugo - Shan Fischer

Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om `n nuwe skooljaar in `n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van `n meisie in `n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?

ISBN: 9780798176729
Kategorie:  rillers

Human & Rousseau

Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai
De Wet Hugo - Shuan Fischer

Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: `n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook `n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?

ISBN: 9780798176750
Kategorie:  rillers

Human & Rousseau

Volmaan
Jaco Jacobs -

`n Onderwyseres wat op volmaannagte in `n weerwolf verander.
`n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang.
`n Eksperiment wat jou in `n insek laat verander.
`n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg.
En `n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie.

Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in:
Troetelgedrog
Tande
Nag van die monsters
Nagvlerke
Voelers

ISBN: 9780799380798
Kategorie:  rillers

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Mr Humperdinck`s Mysterious Manuscript
Wynand Louw -

Die opwindende opvolg op Mr Humperdinck`s Wonderful Whatsit. Pete staan weereens tussen die koningin Cassandra se koninkryk en die towenaar Greenback se bose magte. `n Geheimsinnige dokument uit Mr Humperdinck se versameling is gesteel en Pete moet dit vind voordat dit gebruik kan word om die feekoninkryk te vernietig.

ISBN: 9780798174480
Kategorie:  rillers

Human en Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Mr Humperdinck`s Wonderful Whatsit
Wynand Louw -

Wat sal jy doen as `n hoop rommel skielik met jou begin te praat? Of as jy op `n dag agterkom jou troetelmuis is slimmer as jou skoolhoof? Pete Smith glo nie aan fantasie en toordery nie, maar hy moet sy siening heroorweeg toe iemand vermoor word en hy op pratende muise en vlieende vullisblikke moet staatmaak om hom van hordes seunvretende rotte te red. `n Heerlike fantasieverhaal vol aksie en avontuur.
`n Nuwe uitgawe van die 2005 MER-pryswenner vir jeugliteratuur.


ISBN: 9780798174466
Kategorie:  rillers

Human en Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Skool is `n riller
Saamgestel deur: Mariana Brandt -

Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar-onderwysers en vreemde wesens . . . skoolgaan is beslis nie vir bangbroeke nie. En wie sal tog omgee oor kwaai onnies en huiswerk as hulle nog met toordokters, spoke en reusagtige spinnekoppe ook moet rekening hou?
Hierdie 20 grillekker stories sal jou nekhare laat regop staan en jou laat wens dat die skoolklok vir huis-toe-gaan-tyd wil lui . . .

ISBN: 9780798174107
Kategorie:  rillers

Human en Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Die beste Suid-Afrikaanse spookstories
Wendy Maartens - David Griessel

Maak kennis met �n paar van die bekendste spoke in Suid-Afrika soos: die spookmeisie van Uniondale, die spookhond van Aliwal-Noord, die Wandelende Jood en die seekaptein wat steeds aan boord van die Vlieende Hollander oor die oseane swerf ... Hierdie 18 verhale wat Wendy Maartens in hierdie bundel oorvertel, sal jou heerlike hoendervleis gee!

ISBN: 9780799367058
Kategorie:  rillers

Lapa

Bestel by 
www.kalahari.com

Wat `n ramp: Breinslym
R. McGeddon -

Stille Waters is `n vaal, vervelige dorpie waar niks buitegewoon ooit gebeur nie. Maar toe `n eksperiment op `n dag in professor Pompelmoes se wetenskapklas ontplof en een van die kinders vol grillerige slym spat, het dit onverwagse gevolge. Zombies (en dele van zombies) duik skielik links en regs op desperaat om aan breeeiiins te smul! En al wat die hopelose spul grootmense regkry, is om self besmet te raak. Henk, Devon en hul vreeslose vriendin Emmie moet blitsvinnig `n plan maak ... as hulle nie zombie-ontbyt wil word nie ...

ISBN: 9780799366587
Kategorie:  rillers

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Emma en die creepy komplot
Marianna Brandt -

Die aksiebelaaide opvolg op Emma en die geheime gang.

Die skool en koshuis op Kosterkloof het weer na normaal teruggekeer ná die skoolhoof se komplot om kinders se DNA aan ruimtewesens te verkoop, oopgevlek is. Die kinders word nou aangemoedig om gesond te eet en ook sport te beoefen. Emma kom egter gou agter dat die blou koelsakke wat die onderhoof in die middel van die nag kombuis toe dra, nie die rugbyspan se koeldranke bevat soos hy beweer nie. En wat het die nuwe hoteleinenaar, die Plottenboers, Jori Appelgryn en die Snopkes, wat steeds in die tronk sit, met mekaar te doen? Emma besluit natuurlik om ondersoek in te stel, maar niks kan haar en Zoltan egter voorberei vir die gruwelike fonds wat hulle een aand in die koelsakke ontdek nie . . .

ISBN: 9780798167758
Kategorie:  rillers

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Middernag en ander spokerige stories
Fynbosskrywers groep -

`n Bundel kort-kort spookstories met die spreekwoordelike vuishou-in-die maag gevoel aan die einde. Hoekom wil Carla se ma haar nie glo oor die meisie agter haar kamerdeur nie? En wat maak juffrou Elizabeth, van sy nuwe skool, in Arnold-hulle se spens in die middel van die nag? Hoe kan ’n skoolbussie vol kinders in die nag wegjaag sonder dat daar ’n bestuurder in is? Waar kom die vreemde outjie in Bennie se koshuiskamer se kas vandaan? Hierdie is maar ’n paar van die vrae wat jy beantwoord sal kry in hierdie lekker-lees versameling grillerige stories vir alle ouderdomme.

ISBN: 9780798163842
Kategorie:  rillers

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Koue rillings
Francois Bloemhof, Fanie Viljoen & Jaco Jacobs -

Ontmoet die Rotman met sy verslete jas en sy oog wat lyk soos ’n ou wond wat lankal gesond geword het ...

Kom ry saam op ’n baie spesiale mallemeule, waar die kinders se gille van plesier snags omsit in angsgille ...

En vind uit wat gebeur as jy laatnag in Slangrivier gaan swem ...

In hierdie boek kan jy kennis maak met drie van die bekendste Afrikaanse grilskrywers se wildste nagmerries. Hierdie versameling grilstories sal jou koue rillings gee!

ISBN: 9870799362107
Kategorie:  rillers

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die vampiere van Londen
Francois Bloemhof -

Dit is veronderstel om vir Ken en sy gesin ’n opwindende vakansie in Londen te wees, maar dit ontaard in ’n verskrikking toe hy en die tweeling agterkom ou Mr Ratcliff se hoofbediende, Parker, nie is wat hy voorgee nie.

Dan is daar nog die vreemde meisie en die vriendelike seun – waar pas hulle in al die raaisels in? En Miss Sharp en Mrs Burton van die hotel? Wat Ken uiteindelik uitvind, sou hy nooit in sy wildste drome kon glo nie.

Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer trae lesers sal dit ook geniet. Die agste boek van agt in François Bloemhof se Rillers-reeks.

ISBN: 9780798157582
Kategorie:  rillers

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000