Oondvars reekse
Hou van een, hou van almal

Kondensmelk
Christien Neser -

Christien Neser se reeks oor Elle.

ISBN: xxx
Kategorie:  reekse

LAPA

Glam divas
Solet Sceeres -

Lienka, Didi en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  reekse

LAPA

Nova
Fanie Viljoen -

Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand sien? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van ’n wilde avontuurrit vol tergende en gevaarlike raaisels.
Hierdie is ’n wetenskapfiksie-reeks wat aanhangers sal laat smeek vir meer.

ISBN: xxxxxs
Kategorie:  reekse

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Zackie Mostert
Jaco Jacobs -

Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  reekse

LAPA

Thomas @ -boeke
Carina Diedericks-Hugo -

Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas!

ISBN: xxxxx
Kategorie:  reekse

LAPA

Stalmaats-boeke
Lize Roux -

Anri mis haar beste maat en haar ou ryskool. Sy is sommer vies omdat haar pa na `n ander dorp verplaas is. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool... Sal Anri en haar nuwe maats gekies word vir die Stalmaats-span? Watter planne voer die katterige Vinette in die mou? Wat het gebeur met Thunder, die omgekrapte merrie waarvoor almal so bang is? En waaroor is Jacques met die mooi blou oë so geheimsinnig?

ISBN: xxxx
Kategorie:  reekse

LAPA

Saartjie-boeke
Bettie Naude -

Ons ontmoet Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as Die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en `n klein niksnuts genaamd Muggie.

ISBN: xxxx
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Trompie-boeke
Topsy Smith -

Ons ontmoet Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg.

ISBN: xxxx
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Maasdorp-boeke
Stella Blakemore -

In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolle jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en vanjaar keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – 72 jaar na die eerste verskyning!

ISBN: xxxx
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Reënboogrant-tieners
Maritha Snyman, Louise van Niekerk -

Die Reënboogrant-reeks is die verhaal van Shani en Sunette Brink, hulle gesin en vriende vanaf laerskool (Maats), hoërskool (Tieners) en studente. Die reeks is aanvanklik tussen 1995 en 2000 deur Perskor uitgegee. LAPA-Uitgewers publiseer dit in `n nuwe gedaante.

ISBN: xxxx
Kategorie:  reekse

LAPA

Reënboogrant-maats
Maritha Snyman, Louise van Niekerk -

Die Reënboogrant-reeks is die verhaal van Shani en Sunette Brink, hulle gesin en vriende vanaf laerskool (Maats), hoërskool (Tieners) en studente. Die reeks is aanvanklik tussen 1995 en 2000 deur Perskor uitgegee. LAPA-Uitgewers publiseer dit in `n nuwe gedaante.

ISBN: xxxx
Kategorie:  reekse

LAPA

Fritz Deelman-boeke
Leon Rousseau -

Leon Rousseau, medestigter van Human & Rousseau Uitgewers in 1959, was maar 20 jaar oud toe hy in 1956 die eerste Fritz Deelman-boek van die reeks geskryf het. Die reeks was onmiddellik ’n groot sukses by jonk en oud en is in 1974 met ewe groot sukses heruitgegee. Nou, 50 jaar later sedert die eerste uitgawe van die reeks, word dit weer uitgegee met die eerste twee titels Fritz Deelman en die Skepe van Mars en Fritz Deelman en die Swart Eiland wat in Maart 2004 verskyn het.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Kuifie-boeke
Georges Remi -

Kuifie is in 1929 geskep deur Georges Remi of Hergé, soos hy bekend staan wêreldwyd. Hierdie Belgiese skrywer en illustreerder het 24 volues geproduseer – die laaste, Tintin and the Alpha-Art is onvoltooid in 1986 gepubliseer. Hy staan bekend as die vader van die moderne Europese strokiesprent en sy styl en gebruik van kleur is internasionaal deur kenners geprys. Die boeke is oorspronklik in Frans gepubliseer, maar is sedertdien in meer as 40 tale vertaal.

ISBN: xxxx
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Reënboogdrome-reeks
Daisy Meadows -

Karien en Irma het `n geheim. Hulle moet al sewe die Reënboogfeetjies kry voordat hulle vakansie in Skulpiesbaai verby is. Die feetjies is deur die bose Warrel Winter uit Feetjieland verban en nou is daar geen kleur in Feetjieland nie. Feetjieland sal eers weer helder en pragtig wees wanneer al sewe feetjies tuis is.

Die reeks bestaan uit sewe boeke.

ISBN: xxxx
Kategorie:  reekse

LAPA

Bestel by 
boek uit druk

Harry Potter-reeks
J.K. Rowling -

Harry Potter, die grootste boekfenomeen van ons tyd, is in Afrikaans beskikbaar. Harry Potter dink hy is net `n gewone seun wat woon by sy aaklige oom en tante, die Dursleys, en hulle gruwelike seun Dudley. Tót die dag dat `n posuil `n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer; `n brief wat Harry nooi na `n ongelooflike plek wat hy (en almal wat oor hom lees!) nooit sal vergeet nie.

ISBN: xxxxx
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000