Oondvars fantasie
Van vreemde dinge en verre plekke

Maanlig-meermin
Troula Goosen -

Kate se pa kanselleer hulle Durban-vakansie en sleep haar saam na Kaimanskuil, n plaas in die Klein-Karoo waar hy grootgeword het. Sommer met die intrapslag gee die spokerige plaas en sy weird mense Kate koue rillings, maar stormweer laat die drif afkom en hulle is vasgekeer. In die donker kloof agter die opstal word Kate se tergende vrae beantwoord: Skuil daar regtig n meermin in die riviere van die Klein-Karoo? En wat het sy met haar, Kate, te doen?

ISBN: 9780624082873
Kategorie:  fantasie

Tafelberg

Die Poort 4: Krygers
Nelia Engelbrecht -

Kan die jong Bewakers van Bospoort staande bly teen die donker magte van planeet Mitigon? Is hulle kragte en magte sterk genoeg om weerstand te bied teen die bose Chanda-Mundia? In boek vier van die Poort-reeks moet Kali nie net haar vriende lei in die aanslag teen Chanda-Mundia en sy volgelinge nie, maar moet sy ook moeilike keuses maak. Te midde van hierdie moeilike keuses, liefdesdriehoeke en donker geheime ontdek Kali dat oorwinning teen prys kom . . . `n prys wat haar kan vernietig.

ISBN: 9780624077572
Kategorie:  fantasie

Tafelberg

Die Poort 3: Helers
Nelia Engelbrecht -

Die boek skop opwindend af wanneer Kali-hulle terugreis in tyd en haar Hugenote-voorouers ontmoet. Terug op Bospoort kom die skoolvakansie nader, en Kali moet saam met Leonardo, Tara en Nomsa Italië? toe reis terwyl Zak alleen agterbly. Sal sy ooit haar Bewaker-geheim met hom kan deel?

ISBN: 9780624077534
Kategorie:  fantasie

Tafelberg

Bestel by 
www.nb.co.za

Die Poort 2: Reisigers
Nelia Engelbrecht -

Die viermanskap Leonardo, Kali, Nomsa en Tara pak die reis deur die onderwater-poort aan. Die groep nuwe Bewakers se Kragte en Magte is nog nie ten volle ontwikkel nie, maar tog oorreed Tara hulle om saam na haar ma te gaan soek. Maar in hulle haas reis daar per ongeluk twee van die Ander saam deur die Poort terug . . .

ISBN: 9780624077503
Kategorie:  fantasie

Tafelberg

Bestel by 
www.nb.co.za

Die Poort 1: Bewakers
Nelia Engelbrecht -

In Boskloof is vreemde dinge aan die gebeur. Vrouens verdwyn spoorlos en onverklaarbaar. Terselfdertyd word Kali bewus van stemme in haar kop. Probeer iemand vir haar iets sê? En dan is daar die merk agter haar nek... dit was nog altyd daar, maar nou brand en gloei dit. In Boek 1 vind Kali en haar vriende uit hulle is Bewakers, `n groep waarvan hulle reeds van geboorte deel is. Die Ander bedreig weer die Poort en die Bewakers word byeengeroep.

ISBN: 9780624077473
Kategorie:  fantasie

Tafelberg

Bestel by 
www.nb.co.za

Wouter en die eienaardige eilandavontuur
Philip Reeve en Sara McIntyre -

Wouter se ma en pa is dapper verkenners wat die w�reld met hulle woon-waar-jy-wil-wa verken. Danksy hulle is die Verlore Stad van Novasynouw nie meer verlore nie; en die Raaisel van die Skorriemorrie-moerasse is opgelos. Maar dan verdwyn sy ouers soos groot spelde. Saam met sy nuwe vriende - `n knorpot-albatros, `n bysiende meermin en `n vriendelike eiland genaamd Frans - vertrek Wouter om na sy verlore ouers te soek.

ISBN: 9780799367096
Kategorie:  fantasie

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Franse vlegsel
Christien Neser -

Losloper die woord gee Elle koue rillings. Maar dit is presies wat sy vanjaar gaan wees. Alex gaan saam met een of ander stapelgek avonturier om die wereld vaar, terwyl sy stoksielalleen by Gravitas moet agterbly. `n Kloosterkoek wat nie in `n ander ou se rigting kyk nie en die Valentynsbal en die Graadelfdans gaan misloop.

ISBN: 9780799370546
Kategorie:  fantasie

Lapa

Moemin en die towenaar se hoed
ve Jansson -

Dit is lente in die Moevallei en almal is lus vir avontuur! Moemin en sy vriende Boeboe en Snifsnaf, ontdek iets vreemds... `n Towenaar se pluiskeil! Gou kom hulle agter dat dit geen gewone hoed is nie. Dit kan enige iets - of enige iemand - in iets anders verander! Twee vreemdelinge met `n geheimsinnige tas daag ook in die vallei op en tot almal se skok, is die ysige Grokmonster op hulle spoor... Hierdie klassieke verhaal, saam met Tove Jansson se eenvoudige, vrolike illustrasies, bekoor lesers van regoor die wereld al vir meer as 60 jaar. Dit is `n fantastiese storie om hardop voor te lees en saam te geniet, en ouer kinders sal dit opwindend vind om self te lees. Avontuurlik, humoristies en universeel . . . oud en jonk sal hierdie verhaal kan waardeer.


ISBN: 9780798156998
Kategorie:  fantasie

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Moemin en die komeet
Tove Jansson -

`n Komeet is op pad na die Aarde en niemand weet wat om te doen nie! Twee vriende, Moemin en Snifsnaf, onderneem `n reis na die Eensame Berge om die professors met die groot teleskoop te raadpleeg. Op pad ontmoet hulle allerhande interessante karakters – soos Boeboe, die wereldreisiger, en die Hemulen wat hulle met `n skoenlappernet uit `n ondergrondse tonnel red. Hulle avontuur sorg vir noue ontkomings van gevare soos krokodille en reuse-akkedisse. En op pad terug red Moemin die mooie Snorkmeisie, Moemy, van `n giftige bos ... en hy is nooit weer dieselfde nie. Maar gaan die komeet hulle pragtige vallei tref en alles verwoes? Avontuurlik, humoristies, universeel, vol diepgang en emosie . . . oud en jonk sal hierdie verhaal bekoorlik vind.


ISBN: Tove Jansson
Kategorie:  fantasie

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Soek-soek op soek
Elsabe Steenberg - Cora Coetzee

Die mensman sit sulke vreemde bruin pille vir die kabouters se aartsvyande, die muise, neer, en die kabouters sien hoedat hulle dié pille begin bymekaarmaak as winterkos. Toe die kabouters ontdek waar die muise dit bêre word Soek-soek na die Groot Kabouter in die Bruin Bos gestuur om te gaan hoor of hulle dit mag eet, want kos is skaars en die winter kom nader.

Die Groot Kabouter sê wel hulle mag dit nie eet nie, maar ook dat Soek-soek self moet besluit wat om met die pille te maak. Dis ‘n baie moeilike besluit, want al is daar gawe muise soos Mya, is daar van altyd af die vyandskap tussen die muise en die kabouters . . . Moet Soek-soek die muise waarsku dat die pille eintlik giftig is, of moet hy hulle laat begaan?


ISBN: 9780624048169
Kategorie:  fantasie

Tafelberg

Bestel by 
www.kalahari.com

Die Avonture van Alice in Wonderland
Lewis Caroll - Marjorie van Heerden

Dié klassieke verhaal van Alice in Wonderland neem jou op ’n holderstebolder, humoristiese reis saam met ons onverskrokke klein heldin, Alice. Sy ontmoet die Cheshirekat, Die Hertogin, Die koning en koningin van Harte, die Wit Konyn, die Hoedemaker en die Paashaas, die Kammaskilpad, die Griffioen, en vele meer. Wat ’n heerlikheid, vir oud en jonk, om Alice weer (of vir die eerste keer) te ontmoet, en die vreemde, wonderlike karakters en insidente saam met haar te beleef. Tydlose, klassieke illustrasies deur Marjorie van Heerden komplimenteer die teks.


ISBN: 9780798151511
Kategorie:  fantasie

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Mnr. Humperdinck se Wonderlike Watsenaam
Wynand Louw -

Pete glo nie aan fantasie en towery nie, maar hy moet sy siening heroorweeg toe iemand vermoor word en hy op pratende muise en vlieënde vullisblikke moet staat maak om hom van hordes seuns-vretende rotte te red. ‘n Lekker avontuurverhaal met skerp dialoog, fyn humor en interessante menslike sowel as fantasiekarakters. Dit is een van daardie boeke wat jou met die eerste paragraaf intrek en nie los voordat jy klaar gelees het nie.
Daar is swart-wit vignette in die teks.


ISBN: 9780798151023
Kategorie:  fantasie

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Pikkewouters van amper-stamperland
Marie Heese - Cora Coetzee

Wat is `n Pikkewouter? Iets tussen `n pkkewyn en `n kabouter - soos Pikketoos en Pokkelwyn, wat lank, lank gelede in Amper-Stamperland gewoon het. Die verhaal van die tweetjies se soektog na `n land waar daar nie slakkelange is om hulle groente en vrugte te verniet wt hulle vir die mark kweek nie, is vol snaakse diere, gevre en uitdagings, wat die twee nogal vernuftig oorkom en sorg vir `n lekker spanningslyn.

ISBN: 9780798150125
Kategorie:  fantasie

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Brolloks en Bittergal
C.J. Langenhoven - Nelda Vermaak

Die verwerking konsentreer op die twee ou skelms, Brolloks en Bittergal, lekker bangmaak-karakters, wat vir baie geslagte heen kinders se tone laat omkrul het van vrees en bewing. Maar eintlik is hulle twee dommies, en word elke keer uitoorle deur hulle "slagoffers" wat vernuftig deur verskeie diere gehelp word om uit die twee se kloue te ontsnap. Dit stories speel af in die Karoo en het die tipiese afmosfeer van die tyd en plek – en tussen die lyne is dit eintlik `n humoristiese verhaal van twee mensvreters wat net nie die mas opkom nie.

ISBN: 9780798149983
Kategorie:  fantasie

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Jamie en Sebastiaan en die storiemol
Martie Kruger en Martie Preller -

In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ‘n baie belangrike opdrag – hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn, en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog.’n Wêreld sonder stories sal ‘n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur – met die hulp van ‘n slim sprinkaan en ‘n pratende hysbak!

ISBN: 978 0 7993 4134 8
Kategorie:  fantasie

LAPA Uitgewers

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000