Oondvars haasbekkies
Boeke vir haasbekkies

Buksie en Bella
Amy Hest - Polly Dunbar

Buksie en Bella is heeldag besig, besig, besig! Hulle jaag mekaar, speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont!

Hierdie pragtig geillustreerde prenteboek is `n ritmiese viering van die prettige, liefdevolle band tussen `n baba en `n hondjie.

In die klein rooi huis duik Buksie die hondjie onder die tafel in. Hy wag en kyk en wag nog n bietjie terwyl sy hart boems, boems, boems klop. En dan ... WHAAA! Uit die bloute verskyn die baba. Sy jil en gil en druk haar neus teen syne! Tyd om n nuwe wegkruipplek te kry ... Gou, Buksie! Gou, Buksie! Gou, Buksie .. GOU!

Met `n snoesige, slaperige einde is hierdie die perfekte voorleesboek vir slaaptyd, en dit is `n fantastiese geskenk vir jong lesers.

ISBN: 9780799384437
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Kattekwaad
Susan Ongansie -

Saggies klap, saggies trap.
Een, twee, drie.
Rol die bal.
Vang die bal.
Een, twee, drie.

Mietsie en haar boetie, Maans, is twee katjies. Hulle hou daarvan om met hulle bal op die sagte gras te speel. Maar toe Mietsie aan die slaap raak, besluit Maans om oor die muur te spring en iemand te gaan soek wat met hom wil speel.

Mietsie word wakker en ontdek haar boetie is skoonveld! Toe sy hom gaan soek, kry sy vir Mors en Jors, die twee grys straatkatte wat hou van stry en baklei! Sal die twee straatkatte haar kan help om haar boetie te kry en uit die pad van die gevaarlike straatbrakke te bly?

Hierdie pragtige, klankryke prenteboek met sy eenvoudige, maklik verstaanbare teks en oulike refrein is perfek vir hardop voorlees.

ISBN: 9780799383904
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die Babalela-storieboek
Martie Preller -

Kom kuier saam met die Babalela en sy maats Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die lawaaierige Fripperwakkies in die bos ? en beleef hope avonture! Vir die eerste keer verskyn al vier die immergewilde Babalela-boeke nou saam in een storie-omnibus: Babalela, Diep, diep in n donker bos, Los ons uit! en Ons kan!

ISBN: 9780799384239
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Die lappop
Betty Misheiker & Karen Ahlsohlager -

Die arme lappop beland op n ashoop saam met n vrot pampoen en `n stukkende skoen maar dan word sy as die ashoopkoningin gekroon! Hierdie prettige prenteboek is gebaseer op een van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse kinderliedjies, Die lappop.

ISBN: 9780799383799
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Sarel Seemonster se avontuur
Louise Smit -

Sarel Seemonser is lus vir avontuur. Maar voordat hy vertrek, waarsku sy ouma Seemonster: Onthou, as jy in die moeilikheid is, het jy n wapen. Seemonsters blaas stoom uit en dit laat diere dink daar is vuur binne ons.. Sarel se stoom borrel en gorrel die lug in. Maar wat gaan gebeur as hy n skelm wolf, n slang en n aasvoel teekom?
n Heerlike prenteboek oor een van Louise Smit se gewildste karakters uit die destydse TV-reeks ?Wielie Walie?.

ISBN: 9780798175517
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Die eensame krokodil
Betty Misheiker en Johann Strauss -

Die arme krokodil se hart is seer ? hy is so alleen! Maar is jy dapper genoeg om saam met hom in die water te klim? Hierdie prettige prenteboek is gebaseer op een van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse kinderliedjies, Die eensame krokodil.

ISBN: 9780799383782
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Karel Kraai se kitaar
Louise Smit -

Mamma Kraai weet haar kuiken het `n spesiale musiektalent. Hy kan fyn luister en allerhande geluide naboots. Hy sing dag en nag Ha-ha-a-a-aa! soos Hadeda, soos Jangroentjie Tji-tji-tjoe! en soos Duif Koekeroekoe!. Dit laat al die voels se koppe draai. Hulle ken nie meer hulle eie geluide nie! Die hele bos is deurmekaar.
Mamma Kraai besluit hulle moet trek en `n plek gaan soek waar niemand ooit weer oor haar Kareltjie se musiek sal kla nie.
`n Heerlike prenteboek oor een van Louise Smit se gewildste karakters uit die destydse TV-reeks, Wielie Walie.

ISBN: 9780798175494
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Die dapper muis
Betty Misheiker en Chris Venter -

Die dapper muis spog dat hy bang is vir niks! Maar wat van n kat ... en n uil ... en n valletjie? Hierdie prettige prenteboek is gebaseer op een van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse kinderliedjies, Die dapper muis.

ISBN: 9780799383775
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Bennie Boekwurm se tonnelhuisie
Louise Smit -

Elke dag trek Bennie Boekwurm sy swaar waentjie vol boeke na die parkie om vir die kinders te gaan stories lees. Mokkie Mol met sy sterk pote kom hom help. Maar Mokkie kan nie mooi sien nie en boems-kadoems loop hy in n boom vas. Karra-kaparra! kantel die waentjie om en al die boeke val uit. En boonop is Bennie se bril nou skoonveld!

ISBN: 9780798175470
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Daars nie n krokodil in hierdie boek nie
Jaco Jacobs -

Maak nie saak hoe hard jy soek nie daars nie `n krokodil in hierdie boek nie. Daar is wel n mooi prinses, `n dapper prins, `n boontjierank, n reus, `n ouma, `n wolf, drie bere en `n Goeie Fee. Maar `n krokodil? Nooit!


ISBN: 9780799383836
Kategorie:  haasbekkies

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Krappie en die kroon
Fanie Viljoen -

Krappie is vir niks bang nie. Maar wanneer hy skarrel om `n blink ding doer op die rotse te gaan ondersoek, word hy weggespoel in `n wilde onderwater avontuur! Die koning van die krewe se kroon is weg en Krappie is in groot moeilikheid. Gelukkig ontdek hy dat met `n bietjie vertroue in ander, vriendskap soms op onwaarskynlike plekke te vind is.
`n Heerlike voorlees- en selfleesstorie deur die gewilde Fanie Viljoen.

ISBN: 9780798175432
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Moenie die boek oopmaak nie
Andy Lee - Heath McKenzie

Hierdie outjie sal enigiets doen om te keer dat jy die boek oopmaak! Dreigemente, beloftes, leuens . . . enigiets!
Hierdie skreeusnaakse boek is onweerstaanbaar - veral omdat kinders sal geniet om alles te doen wat hulle gevra word om NIE te doen nie. Met kleurvolle en vermaaklike illustrasies, sal hierdie wêreldwye topverkoper beslis `n gesinsgunsteling word.


ISBN: 9780798175746
Kategorie:  haasbekkies

Human & Rousseau

Die apies se dieretrein
Rosamund Haden - Tony Pinchuck

Olifant ontvang n uitnodiging na die apies se partytjie by Kokosneutbaai en klim dadelik in sy stoomenjin vir n avontuurlike reis oor die hele Afrika-kontinent! By elke stasie klim nog meer diere op die trein. Hulle speel, stry en vertel stories op die langpad . . . Die rymende teks en asemrowende, kleurvolle illustrasies wat die wilde diere van Afrika in fantasmagoriese glorie uitbeeld, gaan kinders vasgenael hou. Perfek vir voorlees.

ISBN: 9780624081289
Kategorie:  haasbekkies

Tafelberg

My pappa is vol aapstreke
Dianne Hofmeyr - Carol Thompson

My pappa is . . . `n BERG van `n beer, `n stoute krokodil, `n draaierige, swaaierige seekat en `n lawwe aapstert! Maar eintlik is hy net my LIEFSTE PAPPA. Hierdie pragtige prenteboek oor pa`s soos gesien deur die oe van hulle kinders bring hulde aan pa`s van alle soorte, waar hulle ook mag wees!

ISBN: 9780624082866
Kategorie:  haasbekkies

Tafelberg

Bestel by 
www.nb.co.za

Liewe Heksie en die sterretjieskombuis
Verna Vels - Vian Oelofsen

Liewe Heksie veroorsaak per ongeluk dat een van haar dak se sinkplate afwaai, en is baie bekommerd oor die groot gat in die dak bokant haar kombuis. Maar wanneer sy die aand `n geheimsinnige besoeker kry, kry sy sommer ook `n groot verrassing.
Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2 tot 4 jariges.


ISBN: 9780798175197
Kategorie:  haasbekkies

Human en Rousseau

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000