Oondvars baba
Boeke vir die heel kleintjies

Bennie Boekwurm vertel lekker stories 2
Louise Smit - Johann Strauss

Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geïllustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak `n verjaardagkoek, Ouma kry `n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies!
`n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper Bennie Boekwurm vertel lekker stories met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.


ISBN: 9780798175210
Kategorie:  baba

Human en Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Wielie Walie Woelwaters: Bennie Boekwurm leer ons van vorms
Louise Smit -

In hierdie reeks kartonboeke met skoonvee-pen en uitvoubladsye leer kinders speel-speel basiese konsepte ken saam met Louise Smit se bekendste karakters uit die destydse TV-programme, Wielie Walie en Haas Das.
Kom leer alles van vorms saam Bennie Boekwurm, die Wielie Walie-parkie se slimste storieverteller. Draai die prentewiel, vou die bladsye oop en gebruik die skoonvee-pen op die bladsye. Met lekker oefeninge, maklike speletjies wat jy by die huis kan speel, is dit pret om te leer!

Ander boeke in die reeks:
Wielie Walie Woelwaters: Sarel Seemonster leer ons van kleure
Wielie Walie Woelwaters: Karel Kraai leer ons van syfers
Wielie Walie Woelwaters: Haas Das leer ons van teenoorgesteldes


ISBN: 9780798170581
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Sing saam: Tikketie, takketie, tok
Saamgestel -

Kleuters sal dol wees daaroor om die klankknoppie te druk, saam te sing en al die bekende aksies van die bekende kinderliedjies uit te voer!
Daar is twee ander boeke in die reeks:
Kop, skouers, knie en toon.
Skitter, skitter, kleine ster.

WEDSTRYD: Wen twee sing saam boekies


ISBN: 9780799376234
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Vrolike Vriende: Soek en pas prettige plaas
Saamgestel -

Lammie die skapie is op pad skool toe en hy het jou hulp nodig!

Met kleurvolle illustrasies, eenvoudige teks en prettige kartonkarakters wat in die gleufies op die bladsye pas, is hierdie boek perfek vir kleuters om saam te lees en saam te speel, deur telkens die verskillende dierekarakters te soek en pas op elke bladsy.

Ander boek in die reeks:
Vrolike Vriende: Soek en pas oerwoud-partytjie

ISBN: 9780798170123
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.takealot.com

My boekhuisie: Op die plaas
Saamgestel deur Cheeky Monkey Ltd -

Kinders is nooit te jonk om `n boek saam met jou te geniet nie. Dis pret om saam na die prentjies te kyk en die name
van bekende voorwerpe te leer. Die klein, hanteerbare boekies help peuters om woordeskat uit te brei, terwyl dit vroeë leesvaardighede ontwikkel.

Hierdie pragtige boksie bevat vier kartonboekies met lieflike illustrasies en eenvoudige teks.

Ander boek in die reeks:
My boekhuisie: Baba se dag

ISBN: 9780798170192
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.takealot.com

Lawwe Geluide: Die Wiele van die Bus
Vertaler: Jaco Jacobs -

Kom kuier by oom Klasie op die plaas of kom ry op die bus en sing saam met die gewilde en bekende kinderliedjies. Of kom swaai saam met Arno Apie tussen die takke rond terwyl hy die raserige diere leer ken of ry saam met Tommie Taxi deur die stad en vind meer uit oor sy raserige voertuigmaats.

ISBN: 9780799372748
Kategorie:  baba

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Lawwe Geluide: Raserige Voertuie
Vertaler: Jaco Jacobs -

Kom kuier by oom Klasie op die plaas of kom ry op die bus en sing saam met die gewilde en bekende kinderliedjies. Of kom swaai saam met Arno Apie tussen die takke rond terwyl hy die raserige diere leer ken of ry saam met Tommie Taxi deur die stad en vind meer uit oor sy raserige voertuigmaats.

ISBN: 9780799372724
Kategorie:  baba

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Slaaptydstories
Jaco Jacobs -

Daar is allerlei dinge om te verken in hierdie prettige boek vol slaaptydstories! Klein vingertjies kan die vingerspore volg, die teksture voel en die flappies oplig. Die vyf rymende stories maak hierdie boek die perfekte wegspringplek na `n wêreld van leesplesier. Hierdie pragtig geïllustreerde, interaktiewe boek is geskik vir kinders van 6-18 maande.

ISBN: 9780799374117
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Speeltydstories
Vertaal deur Jaco Jacobs -

Daar is allerlei dinge om te verken in hierdie prettige boek vol speeltydstories! Klein vingertjies kan die vingerspore volg, die teksture voel en die flappies oplig. Die vyf rymende stories maak hierdie boek die perfekte wegspringplek na `n wêreld van leesplesier. Hierdie pragtig geïllustreerde, interaktiewe boek is geskik vir kinders van 6-18 maande.

ISBN: 9780799374124
Kategorie:  baba

Lapa

Bestel by 
www.lapa.co.za

Mag ek in jou doek loer?
Guido Genechten -

Muisie is `n nuuskierige agie. Hy wil altyd oral inloer en alles ondersoek, selfs sy maatjies se doeke. Hasie, Bokkie, Hondjie, Koeitjie, Perdjie en Otjie kry elkeen ‘n beurt. Maar dan wil sy maatjies natuurlik ook weet wat in Muisie se doek is...


ISBN: 9780798150460
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Soek en sien: Pret met plaasdiere
Brenda Apsley - Sarah Pitt

Speel lekker soekspeletjies saam met Mossie en haar maats. Soek en sien allerhande plaasdiere! `n Prettige kartonboek met rondrol-ogies en draaiwiel, sowel as tel- en soekspeletjies vir kinders van 3 jaar en ouer.

ISBN: 9780798166034
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Soek en sien: Pret met wilde diere
Brenda Apsley - Sarah Pitt

Speel lekker soekspeletjies saam met Mossie en haar maats. Soek en sien allerhande plaasdiere! ’n Prettige kartonboek met rondrol-ogies en draaiwiel, sowel as tel- en soekspeletjies vir kinders van 3 jaar en ouer.

ISBN: 9780798166041
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Baba se ratelboekie: Muis
Konsep: Jeremy Child -

Kom vind uit waarvoor Muis haar stert alles kan gebruik in hierdie raserige ratelboekie! Skud vir Hondjie om te hoor hoe die klokkie rammel en ratel. Net die regte grootte vir klein handjies.
Daar is vier boeke in die reeks.

ISBN: 9780798162982
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

My eerste telboek
Stephen Barker -

Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om jong kinders te stimuleer en te help ontwikkel. Die kleurvolle illustrasies en eenvoudige woorde sal sorg dat peuters en kleuters hierdie eerste kennismaking met syfers geniet!

ISBN: 9780798159890
Kategorie:  baba

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Koekeloer: Wilde diere
Vertaler: Jaco Jacobs -

Lig die flappies en kyk hoe die diere verander! Met ’n glinsterende einde!

Ook in reeks: Koekeloer: Onder die see

ISBN: 9780799358179
Kategorie:  baba

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000