Oondvars WEDSTRYD
Wen prettige diereboeke.

Haas Das se Nuuskas: Episode 2
Louise Smit - Vian Oelofsen

Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending ontsnap Frekie Ystervark nouliks van Hoohoeff Hiena en die diere bewonder Hasie Kwassie se nuwe hardloopskoene! Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

ISBN: 9780798175258
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 1

Vraag: Wie het nuwe hardloop skoene gekry?

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Skoonvee Pretboek Plaasdiere
Brenda Apsley - Craig Cameron

Ontmoet die voels en diere wat op die plaas bly in hierdie wonderlike pretboek. Gebruik die pen en leer speel-speel hoe om die diere in eenvoudige stappe te teken, en skep dan jou eie plaasprentjies. Hierdie bladsye kan skoongevee word, sodat jy dit weer en weer kan gebruik. Vir nog groter pret kan die magnete gebruik word vir die raaisels en pretbladsye in die middel van die boek.

ISBN: 9780798149709
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 2

Vraag: Watter plaasdier wil jy graag leer teken en hoekom?

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Wilde diere - Feite en geite: Kan `n krokodil basketbal speel?
Camilla de la Boyere - Aleksei Bitskoff

`Se nou `n krokodil kom kuier . . . Kom speel saam met Krokodil sneeubal en seerowergholf, en gaan slaap saam met hom by `n maat. Jy sal verbaas wees oor hoe rats, taai en vraatsig hy regtig is! In die Feite en geite: wilde diere-reeks verbeel ons onsself hoe wilde diere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bou, dieet en ander gewoontes en word dit relevant gemaak tot hul alledaagse ondervindings.

ISBN: 9780798172240
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 3

Vraag: Watse spel word in die boek deur die krokodil gespeel?

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Kan `n walvis maan toe swem?
Aleksei Bitskoff -

Se nou n blouwalvis kom kuier?
In die Feite en geite: seediere-reeks verbeel ons onsself hoe seediere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bou, dieet en ander gewoontes en word dit relevant gemaak tot hul alledaagse ondervindings.
Die boeke is humoristies en prettig om jong lesers te vermaak, maar sal hulle ook help om allerhande interessante feite oor seediere te verstaan en te onthou.

ISBN: 9780798168410
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 4

Vraag: Wat dink jy sal `n walvis doen as hy vir jou kom kuier?

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.nb.co.za

Jakkals en Wolf
Wendy Maartens - Chris Venter

Jakkals en Wolf beleef hope avonture saam. Hulle vang vis, maak `n draai in Boer se skaapkraal om `n paar vet skape te probeer vang, en bou selfs saam-saam `n huis. Maar die skelm Jakkals is gedurig besig om vir arme ou Wolf `n streep te trek of nare poetse op hom te bak.

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak.

Ander boeke in die reeks:
* Jakkals en Wolf en die klip
* Jakkals en Wolf in boer se kraal
* Jakkals en Wolf wil trou
* Jakkals en Wolf bou huis
* Jakkals en Wolf wil boer

WEDSTRYD: Jakkals en Wolf en die klip is te wen.



ISBN: 9780799379075
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 5

Vraag: Waar probeer Jakkals en Wolf skape vang?

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Lana en Rakker 2: Die hondeskool
Holly Webb -

Rakker is verskriklik stout. Toe Oupa dus voorstel dat Lana hom na die hondeskool neem, dink Lana dit is `n briljante idee. Nou kan Rakker maniere leer, en dalk nog `n paar toertjies ook! Maar dinge verloop nie volgens plan nie ...

ISBN: 9780799366235
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 6

Vraag: Wat leer honde in `n hondeskool?

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

`n Katjie vir Sophia
Sarah Hawkins -

Wanneer Sophia se ouers `n stoute katjie huis toe bring, vergeet sy heeltemal dat sy nie die hoofrol in die skoolkonsert gekry het nie. Sophia besluit om Perel vir `n katskou in te skryf. Kan Sophia en Perel die skou wen?



ISBN: 9780799380118
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 7

Vraag: Waarvoor wil Sophia vir Perel inskryf?

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Olivia se olifant
Sylvia Bishop -

Toe Olivia Olivier op die oggend van haar tiende verjaardag wakker word, verwag sy glad nie om `n baie verwarde olifant op haar voorstoep te kry nie. Olivia se olifant is `n betowerende storie oor `n ongewone vriendskap tussen `n dogtertjie en haar olifant.

ISBN: 9780799380088
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 8

Vraag: Wanneer het Olivia haar olifant ontdek?

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

Hoezit 8: Die wonderwrreld van roofdiere
Jaco Jacobs en Fanie Viljoen -

Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wereld van roofdiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto`s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwereld van roofdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontmoet `n paar vreeslose jagters in die insekwereld, kyk hoe `n verkleurmannetjie sy prooi bekruip, en vind uit hoe dinge in `n leeutrop werk.

ISBN: 9780799378986
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 9

Vraag: Wat is die nuutste boek in die reeks?

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

My eerste diereatlas
Wendy Maartens -

Ontdek diere regoor die wereld met hierdie fantastiese diere-atlas! Hierdie atlas is propvol asemrowende feite oor die diere wat op die verskillende vastelande voor-kom, en Suid-Afrika se ryk verskeidenheid dierelewe.

ISBN: 9780799374049
Kategorie:  WEDSTRYD

Kompetisie nr: 10

Vraag: Watter land is bekend vir hul kangaroo`s

Sluitingsdatum: 2017-09-30

Beantwoord vraag: Klik Hier

LAPA

Bestel by 
www.lapa.co.za

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000