2010-08
jongklomp
storienuus
oondvars
kuier by...
lusmakers
storiegedorie!
storiemakers
gril!grot
kollig
versfabriek
skryfgeheime
vonkelfiksie
lapastories
verinniewêreld
haasbekkies
letterpret
wedstryd

posbus

 
na grootmense
 
soek


Skrywers om by te kuier
Theresa van Baalen is die skrywer van Aspris-krokkedis en Karla Krullebol. Jaco Jacobs het by haar gaan uitvind waarom skryf is soos om 'n olifant te eet en waar haar storie-idees vandaan kom.
Christien Neser is die skrywer van Kondensmelk. Marlize van der Walt het die boek baie geniet en het met Christien gesels oor boeke, skryf, stories en interessante karakters.
Jaco Jacobs het onlangs by die Laerskool Mikro in Kuilsrivier gaan kuier. Ná die tyd het Stephanie van Wyk, die skool se mediasentrum-juffrou, saam met Lézel Roets, Bianca Ehlers en die 2009-redaksie van die skoolkoerant, Mikroskoop, vir Jaco 'n paar lekker vrae gevra.
Riana Scheepers en Suzette Kotze is die samestellers van die Nuwe Kinderverseboek. Marisa Beeton het hulle 'n klompie vrae gevra.
Nerine Ahlers en Alet Steenkamp skryf saam die SSS-boeke. Anika Pienaar het 'n paar vrae vir haar gunsteling skrywers gevra.
Nelia Engelbrecht is die skrywer van 'n rits boeke, waarvan die nuutstes kinderboeke soos Die seun met die blou hare en Alicia en die Zitzappers is. Elana van der Vyver het by haar gekuier.

Verbeel jou jy is by 'n boekbekendstelling. Terwyl jy die boek in jou hand het, stel iemand die skrywer voor en hy begin te praat oor lewe in die onderwêreld . . .
Vian Oelofsen en Franci Greyling se prenteboek, Formule Drie, Twee, Een! het in September 2007 verskyn. Franci het by Vian gekuier en met hom oor die boek en sy werk gesels.
Leon de Villiers se nuwe jeugboek, Toko, het in April 2007 op die rakke verskyn. Ihette Jacobs het met Leon gesels oor die boek en die die unieke ruimte, karakters en plot.
Die debuutroman van Anzil Kulsen, vertel die storie van Zita. Anneretha Combrink het saam met Anzil gekuier en gesels oor die uithou en aanhou van skryf.

Deon Meyer se spanningsverhale is al in verskeie tale vertaal en het etlike pryse wêreldwyd ingepalm. Orion is ook as 'n televisiereeks op kykNET en MNET in 2006 uitgesaai. Elzebet Venter het met Deon gesels tydens die ATKV-Herfskool in Potchefstroom.

Chrisna van Rensburg is die redaktrise van die Kakkerlak. Stefan Fanoy het met Chrisna gesels oor haar tydskrif en wat 'n redaktrise alles doen.

Piet Grobler, die skepper van Storiewerf se lettervrate, is 'n veel bekroonde illustreerder van kinderboeke. Braam Bredenkamp het met hom gesels oor sy werk, wat hom inspireer en waar hy aan al sy idees kom.
 
Die avonture van Magrietjie Swaaiboude, Marianna Brandt se nuutste kinderboek, het so pas verskyn. Anneretha Combrink het saam met haar in Durbanville koffie gedrink en oor lees en skryf gesels.

Riana Scheepers se eerste kinderboek het so pas verskyn. Anneretha Combrink het op De Compagnie gekuier en met Riana gesels oor Die avonture van Wilde Willemientjie en haar groot verskeidenheid ander skryfwerk.

Kobus Geldenhuys is die vertaler van Harry Potter en die Halfbloed Prins in Afrikaans. Leana Moolman het met hom gesels oor hoe hy 'n vertaler geword het en watter interessante werk hy al gedoen het.

Fanie Viljoen het vanjaar (2005) saam met Francois Bloemhof die Sanlamprys vir jeuglektuur (goud) gewen. Sy boek Breinbliksem is reeds besig om opslae te maak. Tydens Aardklop het Herman Eloff bietjie met Fanie gechat oor sy werk, sy passie vir skryf en wat hy vir die toekoms beplan.

Raasbek Mieliepit het 'n onderhoud met Meneer Balkie Balkie gevoer op sy tiende verjaarsdag.

Jaco Jacobs het by Elkarien Fourie gekuier. Hy wou meer weet oor haar debuutboek, Dans op die rand van die krans, waarom sy vir jongmense skryf en watter raad sy vir jong skrywers het.

Verna Vels is die skrywer en stem agter Liewe Heksie. Wat moet mens doen om 'n stemkunstenaar te word? wou Steven Dowse by haar weet. Leila van Coller het ook 'n paar vrae...

Carina Diedericks-Hugo se Thomas@-reeks word beskryf as Trompie vir die nuwe millennium. Sy en Jaco Jacobs het gesels oor Thomas, Trompie en funky jongmense.

Barrie Hough se nuutste tienerroman, Breek, is 'n spanpoging van hom en die aktrise en dramaturg Lizz Meiring. Jaco Jacobs het by hom uitgevind wat hy dink van hedendaagse jongmense en boeke vir jongmense.

Die aktrise Lizz Meiring het pas haar eerste jeugroman, Breek, wat sy saam met Barrie Hough geskryf het, gepubliseer. Jaco Jacobs het met haar gesels en uitgevind dat sy baie meer as net aktrise is en gevra wat sy van vandag se jongmense en "jeugromans"

Marita van der Vyver is die wenner van die Sanlamprys 2002. Jaco Jacobs het met haar gesels oor die "soms absurde" lewe in Frankryk, die moderne Afrikaanse jongmens, laslapgesinne en dinge waaroor nie in tienerboeke gepraat word nie.

Jaco Jacobs het met Janie Oosthuysen gepraat oor wipneuse, Harry Potter, Kersvader, goed wat verdwyn as 'n seuntjie onderdeur die reënboog stap … en uitgevind wat vertaling en kwantumfisika met mekaar uit te waai het.

Kristie Crouse het by die nuwe jong skrywer Jackie Nagtegaal gekuier en met haar gesels oor Daar's vis in die punch. "Is jy en Charlie Koekemoer baie dieselfde?" wou sy by Jackie weet.
 
Willemien en Magde-Mari Greeff het met Jaco Jacobs gesels oor sy boek Troetelgedrog en gehoor dat hy ook dat hy ook ander interessante gedrogte in sy lewe het.

Louise van Niekerk is die skepper van die Reënboograntboeke. Louise Ferreira, wat elkeen van dié 28 boeke gelees het, het met haar gesels en boonop 'n Monstermaangeheim ontdek. . .

"Ek het altyd gedink 'n spook is 'n spook, maar moenie glo nie!" Schabort Froneman het by Louise Prinsloo gekuier en sommer 'n hele klomp dinge van dié skrywer (en spoke) uitgevind.

Francois Retief het by Leon de Villiers gaan kuier. Hulle het gesels oor Groete van die Hiëna, waar Leon sy idees vandaan kry, waarom hy skryf en wat hy nog wil bereik.

"Mens moet maar versigtig wees dat die manne met die wit jaste jou nie kom haal nie!!!" Karien Kriek het by Martie Preller gekuier en ontdek dat sy soms met haar karakters praat om hulle aan die lewe te kry.

Leana van der Walt het by PG du Plessis op sy plaas gaan kuier. Hy sê dat hy reeds as kind begin het om kortverhale te skryf.

Martin Moolman het met die skrywer van die Arendskruinboeke gesels. Lees bietjie wat hy by Hesma Nel uitgevind het.

Ivor Price het by Francois Bloemhof gekuier. "Waar op aarde kry jy genoeg tyd en idees om soveel boeke in so min tyd die lig te laat sien?" wou Ivor by Francois weet.

As jy verder wil swerf kan jy by Martie Preller en Francois Bloemhof se eie webtuistes gaan inloer.

Ken jy 'n skrywer met wie jy vir Storiewerf 'n onderhoud wil voer?
Kontak Storiewerf met jou besonderhede.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2010