2013-01

jongklomp

storienuus
oondvars
kuier by...
lusmakers
storiegedorie!
storiemakers
gril!grot
kollig
versfabriek
skryfgeheime
vonkelfiksie
lapastories
verinniewêreld
haasbekkies
letterpret
wedstryd

boeksoek

soek

posbus

 
na grootmense
 

Lusmakerbrokkies uit nuwe boeke
b_leeus_met_letsels

Leeus met letsels

Fanie Viljoen

Human & Rousseau

Daar is bloed op Buyi se vuiste. En bloed op die ou voor hom se gesig.
Sy naam is Jonathan. 'n Klomp leerders drom saam om hulle in die skoolgang. Jonathan lê nog op die vloer. Hy kyk op na Buyi. Sy oë uitdagend. Hy glimlag toe hy die bloed van sy oogbank wegvee.
spasie“Lucky shot!” sê hy.
“You want some more then?” In 'n oogwink speel die vuishou wat Jonathan vloer toe gestuur het, oor in Buyi kop. Die spanning in sy spiere in sy spiere. Knersende tande. Die oomblik toe hulle oë ontmoet. Pyn skiet deur sy vuis en blits op met sy arm toe die hou val.
Die spul ouens en meisies om hulle is soos 'n trop hienas, steeds honger vir meer.
En toe kom die onderwyser.

Daar is moeilikheid aan die broei. Buyi weet dit net. Dae lank al voel hy dit aan. Dit stoot op deur die koue, nat strate. Oral waar hy gaan, asem hy dit in: die oorvol treine van die Londen Underground, klaskamers, die koerantstalletjie op die straathoek. Dit gaan nou al vir weke so aan. En dit maak hom bang.
Dit is laatmiddag. Vrydag. Hy vat die roltrap en uiteindelik ontsnap hy uit bedompige ondergrondse treintonnels. Agter hom hoor hy nog 'n straatmusikant se saksefoon. Die oggendreën lê steeds op die strate. Spikkels lig van die winkelvensters spieël op die nat sypaadjies, soos diamante onder die sole van die verbygaande.
Hy hoor mense se voetstappe en wonder skielik of hulle syne kan hoor, Hy wonder of hulle ooit luister, of hulle ooit omgee.
Natuurlik nie, dis Vrydag. Hulle wil so gou moontlik by die huis kom. Grys wolke hang swaar oor die stad. Dit gaan binnekort weer reën.
Moeilikheid, dink hy. Daar is beslis moeilikheid aan die broei.
Die benoude vrees maak dat hy sy pas versnel. Hy soek na troos in die warmte van sy baadjie, in die bekende omgewing, die mure oortrek met graffiti. Maar die onrustigheid bly op sy hakke. Dit jag hom soos 'n dier.
Terwyl hy loop, vang sy oog die weerkaatsing in 'n winkelvenster. Swart gesig, kake geklem van die koue. Die sny op sy lip.
En hy voel soos 'n vreemdeling.
Hoekom? Hy woon nog sy hele lewe lank in Londen. Hy bly hier saam met sy ma in 'n tweeslaapkamer-woonstel bo die bakkery. Hy gaan hier na 'n staatskool toe.
Maar op 'n manier ís hy 'n vreemdeling.
Buyisiwe. Sy naam eggo in sy kop. 'n Vreemdeling se naam. Hoekom nie James, Chris of Peter nie? Of dan selfs Jonathan? Hoekom nie enige ander naam soos die meeste ouens in die skool nie.


b_tot siens, koning Arthur

Tot siens, koning Arthur

Annelie Ferreira

Tafelberg

Ek het begin sweet nog voor ek naby suster Pretorius se kantoor is, en nie net van die Kaap se Desemberhitte nie.
“Guine . . .” Sy kyk weer na die vorm in haar hand en 'n fronsie keep tussen haar oë. “Guinevere van der Merwe?”
Obviously maak die naam niks beter nie.
“Sylvia,” sê ek vinnig. “Dis my tweede naam. Niemand noem my Guinevere nie.”
Suster Pretorius haak haar leesbril met sy goue kettinkie af van haar neus en sit dit op haar bors neer.
Daar is 'n vreemde reuk in Huis Andante.
“Nou ja.” Haar oë is onverwags diepblou. Hulle flits X-strale deur my, asof hulle onmiddellik sal sien as my pankreas tatty is, of my blindederm of byniere of so. “Ons vat nie gewoonlik mense in jou posisie nie, maar die maatskaplike werker het gereken daar behoort nie probleme te wees nie. Oumense is maar weerloos, jy weet. Ons laat in elk geval nie toe dat hulle waardevolle goed in hulle kamers hou nie.”
Hitte kruip op teen my nek. Dis nie vir diefstal dat ek in die moeilikheid is nie, oukei!

[Sanlam Boekprys (Goud) 2011]

hoopvol

Hoopvol

Derick van der Walt

Tafelberg

Nathalie kyk verveeld na die skilderye van die proteas in 'n bruin vaas teen die hotel sitkamermuur. Dit gaan weer 'n lang middag wees. Sy weet sommer.
“Braniwalia. Twee opmekaar.”
Tannie Lettie hou die leë glas na Nathalie uit sonder om haar oe van die dokument voor haar op die tafel te haal.
“En sê vir Lukas meer ys.” Sy vat 'n handvol grondboontjies en rosyne uit die bakkie voor haar op die tafel en druk dit in haar mond. Kou ingedagte terwyl sy lees.
“Wat van jou, sista?” Tannie Lettie lig haar kop en kyk kouend na die skraal donkerkopvroutjie wat met haar hande agter haar rug gevou staan. Sy  staar stip deur die Rose and Crown se venster na Hoopvol se hoofstraat.
“Laetitia, ek vra: nog 'n wyntjie?” vra tannie Lettie.
Die vroutjie voor die venster reageer nie. Haar smal skouers hang. Die gesiggies is stroef agter die swartraambril.
“Bring vir sista nog 'n wyntjie met ys on the side,” sê tannie Lettie vir Nathalie.
“Ek moes eintlik al gegaan het. Dis al ná ses,” sê Nathalie stug.
“Nathalie, Nathalie . . .” Tannie Lettie leun met haat groot lyf agteroor en sit die dokument voor haar op die tafel neer. Stop nog ʼn handvol grondboontjies en rosyne in haar mond.
Sy bekyk Nathalie kou-kou op en af. “ Toe ek jou by die Rose aangestel het, het ek nie gedink jy’s die nine-to-five-meisie nie.”
Sy draai na Laetitia, wat steeds fronsend na die dorp se hoofstraat staan en staar. “Sista, ek sê ... ”

[Sanlam Boekprys (Goud) 2011]

b_my_hart_klop_muffins

My hart klop muffins

Helen Brain

Human & Rousseau

“Kyk waar jy loop, moroon!”
Ek swaai om. Niemand noem my 'n moroon en stap weg met al sy tande nie.
Beslis nie 'n grootbek in 'n groen bakkie vol duike nie.
“Wie’s jou moroon?” skel ek en skop na sy wiel. “Kyk jy liewer waar jy ry, dofkop!”
Hy swaai sy vuis deur die oop ruit. “Jy storm net oor die pad sonder om eens te kyk! Wat’s jou probleem, airhead?”
Airhead? Nóú gaan hy te ver gegaan. Ek plak die stapel bokse voor die bakkie se neus neer en marsjeer na die venster. “As jy jou oë oopmaak en die kennisgewings lees, rotsgesig, sal jy sien geen voertuie word hier toegelaat nie! Nie dat ʼn mens hierdie ding ʼn voertuig  kan noem nie.”
Hy leun op sy regterarm by die venster uit en lig sy sonbril. Dadelik begin my voete sweef. Ek oordryf nie, dis die ongelooflikste paar oë wat ek al in 'n menslike gesig gesien het. Gode, ja, engele selfs, was dalk al geseën met sulke stukkies hemel, maar geen gewone aardling nie.

glam divas

Glam Divas: Didi

Solet Scheeres

LAPA

“Ek kan nie glo die tweede kwartaal begin Dinsdag nie! Ek haat die tweede kwartaal!”
“Ag nee wat, Didi, nou oordryf jy,” sê Lienka.
“Die tweede kwartaal in so boring.” Ek maak asof ek nie vir Lienka gehoor het nie. “Al die nuutgeit is weg. Jy ken klaar al jou nuwe onnies en hulle probeer jou nie meer impress nie. Die nuwe kinders in nie meer so oulik soos wat jy gedink het nie en dis duidelikdat die hunk-potensiaal vir die jaar way below zero is. Waar gaan ek iemand kry vie die Meidans? Ek het nog twee weke tyd en dan is dit die groot aand. En nou is my selfoon ook nog stukkend!” Ek lê op Lienka se bed en probeer my selfoon met haar haardroër droogblaas. Die verskillende dele van my selfoon was, is netjies op haar kussing uitgestal.
“Didi, as jy simpatie wil hê, moet jy dit op 'n ander plek gaan soek." Lienka sit met haar ken op haar knie op die ander punt van die bed terwyl sy haar toonnaels 'n diep seegroen verf.
"Tjommie, daai Cutex is horrible. Dit lyk asof jy 'n natural born lid van die Addams Family is." Ek skud my kop. Hoe gaan ek ooit die geheime van die ultimate Franse look in Lienka se kop kry as sy bereid is om met seegroen toonnaels deur die lewe te gaan?
"Jy weet net nie wat in is nie," sê Lienka. "Ek gaan vanaand totally cool lyk met my groen tone."

onkant

Onkant

Nerine Ahlers

LAPA

Ek pak my penneblikkie en poetry-papiere stadig terug in my tas terwyl die res van die kinders uit die klas loop. Miss Brown se woorde van so pas bly in my kop maal: “Kayla, can you stay behind for a  few minutes? I want to talk to you.”
Wat op aarde wil sy vir my sê.
My  gedagtes gryp terug na my Engelse werkopdrag van die afgelope tyd, My Othello-langvraag was miskien ʼn bietjie kort, maar my opstel was goed. Daarvan in ek seker. Nou nie noodwendig uitstekend nie, maar beslis nie kom-ons-gesels-daaroor-sleg nie.
Sy staan by die deur met 'n laaste vriendelike woord vi elkeen, ʼn grys tjalie oor haar beblomde pers bloes gedrapeer en haar lang pers gypsy-romp wat sag tot op haar enkels val. Sy het altyd iets interessants aan.
“So, Kayla, ek is bly ons kan bietjie gesels...”
Ek verstar. Hoekom praat sy Afrikaans? Ongemaklik sak ek terug in my stoel. Daar het nog nooit in hierdie klas 'n Afrikaanse woord oor haar lippe gekom waarvan ek weet nie.

sam

Sam 'n Ware verhaal van 'n dogtertjie en haar olifant

Ingrid Vander Veken
(Vertaal deur Antjie Krog)

LAPA

Daar was eendag – vér weg en lánk gelede ... Só begin alle sprokies, en in hierdie storie is daar ookk iets van ʼn sprokie. Behalwe dat di regtig gebeur het.
Daar was eendag – vér weg en lánk gelede –'n dogtertjie. Daardie dogtertjie, was ek.
As ek nou nog gelewe het, sou ek meer as honderd jaar oud gewees het.
Maar meer as honderd jaar gelede, toe al dié dinge gebeur het, was ek maar net agt jaar oud ...

Dit gaan nie 'n gewone dag wees nie.
Dit weet ek, ...

betower

Betower

Fanie Viljoen

LAPA

Die oggendson bak op Nadia se rug. Sy staan met ʼn bewende hart op die sypaadjie voor die nuwe skool. Voor haar hand die maan nog glinsterblink, amper deurskynend. “Dis 'n teken,” prewel sy. “Iets gaan gebeur.”
Dis wat haar ma sou gesê het as sy nou hier was. Daarna sou sy 'n sigaret aangesteek het en diep ingedag daaraan geteug het. Die dink sou in haar oë gespeel het. Dalk sou sy haar vingers stadig deur haar hare gedraai het of aan 'n droë velletjie op haar lippe getrek-trek het.
“Lekker boskasie,” grinnik 'n meisie toe sy verby Nadia loop.
"Seker nuut by die skool," sê haar vriendin. "Wag maar totdat die onnies haar beetkry."
Nadia vat selfbewus aan haar bos hare en tree vinnig weg. Haar maag maak 'n nare draai. Sy voel nog net so bang soos toe sy vanoggend opgestaan het. Sy raak bewus van iets grofs wat teen haar elmboog skuur. Haar asem ruk, maar dan sien sy dit is net 'n boom se ruwe bas. Versigtig skuif sy agter die boom in en druk haar lyf plat teen die dik stam. Sy haar diep asem. "Jy kan dit doen, Nadia," sê sy vir haarself.
Steeds angstig loer sy om die boom. Die twee meisies het deur Magoebaskloof Hoërskool se ysterhekke verdwyn. Ander kinders loop ook nou in groepies of een-een by die hek in. Ma's en pa's waai uit hulle motors. Helder stemme groet mekaar. Seuns lag. Meisies gesels.
Nog net daardie twee meisies het haar raakgesien. Dalk het sy onsigbaar geword, kom die gedagte by Nadia op. Kan dit wees?
Sy kyk vinnig deur die boomtakke op na die lug. As die son en die maan saam in die lug hang, kan enigiets gebeur. Dalk kan 'n mens selfs onsigbaar word.

nova

Nova 3: Bloedbroers

Fanie Viljoen

LAPA

 “Sal jý 'n meisie met 'n koorsblaar oopmond soen, Lucas?” vra Duart en trek sy gesig.
“Natuurlik nie, jou nar!” roep Lucas en gooi ʼn hand vol springmielies na Duart.
“Wat dit nou nodig hè?” vra Duart gemaak ernstig.
“Ja! Vir so 'n stupid vraag was dit nou nodig!” terg Lucas terug.
O, jy vra daarvoor!” Duart druk sy hand in die bak springmielies. Dit kraak onder sy vuis. Toe gooi hy.
“Mis!” skree Lucas en duik agter die sitkamerbank in. Toe lanseer hy sy tweede springmieliebom. “Incoming!” skree hy.
“My ouma kan beter mik!” Duart koes, maar arme Brandon wat agter hom sit, is te laat. Die springmielies tref hom reg in die gesig.
“Hei, time out!” sê Brendon en vee die klewerige sout uit sy ooghoeke weg. “Jy weet, julle twee darem. Hier nooi ek julle na ʼn lekker boy’s night om te vergeet van al die tjol waardeur ons is, en julle baklei.”

ouens is nes ekstra bagasie

Ouens is nes ekstra bagasie

Janie Oosthuysen

Lapa

Lusteloos stap ek met die loopgang langs. In die deur steek ek vas. Misnoeg staar ek na die fossiele op Vlug 593 van Johannesburg na Nairobi. Waar het hulle al die oumense gavang? Dink net hoe cool gaan dit wees om die hele ent pad langs een te moet sit.
Eintlik moet daar 'n wet wees teen oumense, 'n soort afsnypunt, die wêreld is klaar oorbevolk en mense word net al hoe ouer. Iewers het ek gelees in 1870 het mense gemiddeld skaars veertig geword.
Ek meen véértig! Wie wil in elk geval veertig wees?
“Kan hulle beweeg daar voor?” roep 'n stem agter my.
Ek kry 'n stootjie in die rug en die lugwaardin beduie na die gangetjie. Met my oë op die sitpleknommers teen die dak, volg ek die skuifelende passasiers. Wat wil die spul kadawers tog in Nairobi gaan maak?
Nou weet ek!
Iewers het Pa iets geskryf oor twee groot konferensies van paleontropoloë vanoor die hele wêreld. Die eerste was glo in Johannesburg, waarna almal na Nairobi sal verskuif. Pa se e-posse is net so interessant. Teen dié tyd weet ek allerhande useless goed, soos dat 'n paleoantropoloog iemand is wat versteende geraamtes opgrawe, iemand met 'n onnatuurlike belangstelling in ou, dooie goed.

  nog lusmakers
volgende

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2013