Oondvars reekse

Keurboslaan

Keurboslaan-reeks
Theunis Krogh -

Die immergewilde Keurboslaanboeke word nou in `n nuwe baadjie uitgegee. 

ISBN: xxxx
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Ongenooide gaste op Keurboslaan
Theunis Krogh -

Die laaste Keurboslaan-titel in die reeks.

Die ongenooide gaste op Keurboslaan is n groep hippies bedelaars en dwelmverslaafdes wat onverwags in die berge buite die dorp kamp opslaan. Hulle is vuil, morsig en glad nie n goeie invloed op die skoolseuns nie. Almal verwag dat doktor Serfontein teen hulle sal optree, maar hy doen dit nie. Dit is omdat hy weet dat die jongste lid van die bende, Carolus, Loggenberg se jonger broer is en hy wil die seun graag help.

Op skool verloop alles ook nie rustig nie, want klein Felix Krynauw en sy groep maats is gedurig in die moeilikheid. Hulle word betrap waar hulle n geweer uit die magasyn wil gaps. Die hoof en prefekte probeer tevergeefs uitvind wat die spulletjie in die mou voer. 

ISBN: 9780798150248
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Krisis op Keurboslaan
Theunis Krogh -

Brian Spaulding, die skool se stoutse senior en die nuwe hoofseun, en Morrie Alberts, word as gevolg van `n misverstand tydens `n oorsese musiektoer by `n lughawe in Wes-Afrika aangehou. Die owerheid beskuldig hulle van moord en die seuns beland in die tronk waar hulle in aaklige omstandigehede moet veg om te oorleef. Gelukkig is een van Keurboslaan se onderwysers, meneer Hortmanshof, as sendeling in die land betrokke en kan hy doktor Serfontein dadelik laat weet wat het gebeur het. Om `n internasionale insident te voorkom, besluit die hoof om self die seuns te gaan haal. Josef is sy bekwame vliegtuigloods
 

ISBN: 9780798150231
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Raaisels op Keurboslaan
Theunis Krogh -

Fanie Niewenhuys en sy vriende vorm n onnutsige en berugte bende seuns in die Keurboslaan kosskool. Hulle is ook maats met die hoof se negejarige niggie Tessa, en wanneer hulle vir n tingerige en irriterende seun, Gawie Jonker, n streep trek, het Gawie se ma, die aaklige mevrou Jonker, uiteindelik verskoning om met Keurboslaan en doktor Serfontein slaags te raak.
 

ISBN: 9780798150187
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Hoofseun Richard
Theunis Krogh -

Richard Serfontein, oudste seun van doktor Serfontein, word hoofseun van die gewilde Keurboslaan Seunskool. Dit is nie `n maklike taak nie, omdat hy onder geen omstandighede die indruk wil skep dat sy pa hom voortrek nie.
 

ISBN: 9780798150200
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Geheime op Keurboslaan
Theunis Krogh -

Berrie Serfontein is in die moeilikheid. In n fluistergesprek wat hy toevallig hoor, dreig n vreemde besoeker met n Amerikaanse aksent om onbekende geheime uit sy pa se verlede bekend te maak. Berrie besluit om sy pa ten alle koste te beskerm en om op een of ander manier die vreemdeling uit die pad te kry h weet hy nie. Die seuns op Keurboslaan word gedurig gewaarsku om nie naby die grotte in die berg te gaan nie, omdat daar in sommige van die grotte dryfsand is. Berrie hoor egter nie die waarskuwing nie, en besluit om die vreemdeling na die grotte te lok en hom daar gevange te hou totdat hy n manier kry om die man te verhoed om met alles op die lappe te kom. Dinge loop egter onverwags lelik verkeerd . . .

DRIE KEURBOSLAANBOEKE KAN GEWEN WORD.
 

ISBN: 9780798150217
Kategorie:  reekse

Kompetisie nr:

Vraag:

Sluitingsdatum: 2010-04-28

Beantwoord vraag: Klik Hier

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die Serfontein-kinders
Theunis Krogh -

Doktor Roelof Serfontein, miljoener, wereldbekende skrywer en hoof van Keurboslaan se beroemde seunskool, vind dit moeilik om die roman te voltooi waaraan hy reeds twee jaar lank skryf. Hierdie keer is dit sy eie vyf kinders wat hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik is. Die 14-jarige Josef is die oudste, die maklike seun, maar Richard is duideik sy pa se kind: effens teruggetrokke en sensitief. Die 8-jarige Berrie se spontaniteit maak hom almal se maat, Diaan is waarskynlik die normaalste kind, maar Laetitia is geestelik en akademies heelwat ouer as vier jaar. Ook Karl, die aangenome seun van dominee Goosen, sowel as Tessa, wat haar man, dokter Eugene Krynauw, om kinderagtige redes verlaat het, se teenwoordigheid op Keurboslaan stel doktor Serfontein se geduld deeglik op die proef.
 

ISBN: 9780798150194
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Nuwelinge op Keurboslaan
Theunis Krogh -

Die veranderinge wat Dr. Serfontein na die Keurboslaan bring, maak dit nie net n populre seunsskool, maar ook n plek waar seuns met probleme hulp kan vind.

Wentzel Elzenach is n psigies en emosionele weeskind en Krynauw, die skool se populre hoofseun, moet hierdie nuweling laat tuis voel. Tessa, die skoolhoof se niggie, kom bly in Keurboslaan en sy slimkop se teenwoordigheid bring nuwe lewe en avonture na Keurboslaan
 

ISBN: 9780798150163
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die hoof van Keurboslaan
Theunis Krogh -

Die nuwe skooljaar op Keurboslaan bring gerugte van n gemaskerde rower, bekend as Jan Fiskaal, wat die omgewing terroriseer. Dr Serfontein doen sy bes om te help om die rower vas te trek. 

ISBN: 9780798150156
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Die kroon van Keurboslaan
Theunis Krogh -

`n Gevaarlike epidemie versprei op Keurboslaan en trek die meeste van die leerders en baie van die personeel plat. Ook doktor Serfontein word baie siek. Die dokters word bygestaan deur die skool se nuwe sekretaresse, Helen Bieleveld, `n pragtige weduwee wat op Keurboslaan n nuwe begin wil maak. 

ISBN: 9780798150170
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

Jong Dokter Serfontein
Theunis Krogh -

In hierdie eerste titel van die Keurboslaanreeks ontmoet ons die jong dokter Roelof Serfontein wat as verdwaalde en dodelik siek vreemdeling op Keurboslaan naby die Swazilandse grens beland. 

ISBN: 9780798150149
Kategorie:  reekse

Human & Rousseau

Bestel by 
www.kalahari.com

      
  • 1

  •   

 

 

 

 


Voordeur en inhoud  |  Jong woordvrate  |  Ouer woordvrate  |  epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.
Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

© Franci Greyling 2000